Kleuterskool en Babasentrum Randburg Dankie vir u navrae omtrent ons skooltjie. Ons missie is om ‘n omgewing te skep waar u kleuter tuis sal voel. skole. Moet asb.
Ons strewe is om sterk Christelike fondasies te vestig. Ons bied onder andere die volgende:
• Klein klaskamer omgewing:
Ons baba het‘n 1: 4 ratio , Peuters en Kleuters is plus minus 1:8 ratio
Ons Beertjie klassies: +- 3maande tot – 12 maande. Ons Goggas : 12 tot 24mde (hier begin ons reeds met toilet roetine)
Ons Eekhorinkies: 3 jaar
Ons Katjie klas: 4 jaar
Ons Voeltjies klas: 5 j
aar (Gr RR)
• Ons Skool ure: Half dag (6:30 tot 13:45) en voldag (6:30 tot 17:45)
Ons oggend program begin 8:00 en dus sal ons dit waardeer as kleuters op die laatste teen 7.45 by die skool kan wees want ons wil graag ontbyt teen 8:00vm afgehandel hê. Ons kleintjies sal middag slapies neem tussen 12.00 en 13.45. Indien ouers later as 18.00 gaan wees om kleinding te kom haal moet ons asseblief verwittig word. Ons het altyd personeel beskikbaar wat teen ‘n tarief gereel kan word vir laat afhaal. Hierdie tarief word bereken teen die oortyd salaris per uur en sal direk aan die betrokke personeel lid betaal word.
• Vakansies:
Ons sal slegs oor Desember gesluit wees in lyn met die G.O.D. Ons sal per skrywe die datums bevestig. Let asseblief dat ons jaarlikse fooi in 12 gelyke paaiemente gedeel word en as sulks is ‘n volle maand se fooie vir Januarie en Desember betaalbaar.
• Speel gronde:
Ons het twee aparte speel areas wat die kleiner mensies van die rower groter peuters skei. Ons het genoegsame onderdak en skadu speel areas en dus geen beknopte reënerige daggies. Speelgronde word altyd netjies en skoon gehou. Sandputte word toegemaak wanneer nie in gebruik en word behandel om dit higienies te hou. Klim en klouter apparaat word jaarliks afgeskuur en behandel om dit so ver moontlik splinter vry te hou.
• Maaltye:
Ons voorsien gebalanseerde maaltye. Warm ontbyt, mid oggend broodjie, Middag ete, laat middag vrug en broodjie. Ons vra dat ouers asb daagliks ‘n vruggie sal saam stuur skool toe. Ons sal die spyskaarte na u toe kommunikeer. Enige spesiale dieet vereistes moet asb. self voorsien word.
• Temas:
Ons volg ‘n weeklikse program wat maandeliks/kwartaalliks aan u gekommunikeer sal word.
• Medikasie en Higiene:
Alle medikasie moet asseblief by die betrokke klas juffrou skriftelik ingeboek word met instruksies. Ons streef om die beste moontlike higiene te handhaaf en die uitbreek van siektes te verhoed. Ons vra egter dat ouers hulle kleintjies tuis sal laat in die volgende gevalle: Hoë koors, maag aandoenings, oog infeksies, luise, aansteeklike siektes, ringwurm en vel uitslae. Ons gebruik ‘n anti-bakterie handseep en handjies en word gewas na elke toilet besoek, voor etes, handjies en gesiggies word ook gewas voor slaaptyd en ook na speel tyd buite.
• Baba afdeling :
Voorsien asb u eie bottles (gesteriliseer en water afgemeet), formule reeds afgemeet in aparte houers, wet wipes, weggooi doeke en enige versnappering of spesiale voedings.
• Verjaarsdae:
Ons gaan groot op verjaarsdae. Onderwysers sal ouers kontak om die tema en ander detail te bespreek.
• Snoepwinkel:
Vrydae is Snoepie dag. Kleuters kry geleentheid om met geldies te werk. Stuur asb R5 saam (nie verpligtend). Die fondse sal aangewend word om lekker klas partytjie te hou aan die einde van die jaar.
• Buitemuurse aktiwiteite:
Verskeie aktiwiteite sal beskikbaar wees bv. Rekenaars, Musiek, Ballet, Brainyblox, Rugga Kids, Gym Kids ens. Verdere detail beskikbaar op navrae.
• Sport en Pret dae:
Ons hou jaarliks ‘n sport dag/kermis, vier lente dag, verskeie in- en uitstappies, Kersvader kom kuier ens.
• Nuusbriewe:
Elke kleuter kry ‘n briefie boek waarin weeklikse skrywe gestuur sal word. Teken asb. en stuur boekie volgende dag terug. Sal dit ook op die kennisgewing bord by die ingang op hê.
• Skool Fooie en Rekening betalings:
Skool fonds is vooruitbetaalbaar en kan in 12 paaiemente maandeliks, 4 paaiemente kwartaaliks of eenmalig per jaar betaal word. Slegs kontant en eft betalings. Kwitansies sal gegee word vir kontant. Alle betalings moet asb teen die 5de van elke maand betaal wees. SKOOLFOOIE VIR 2021
o Tweede+ kinders kwalifiseer vir afslag
Registrasie fooi: R700.00
Babasentrum en peuters op doeke: Voldag - R3650.00 (6:30 – 17:45)
Halfdag - R2950.00 (6:30 – 13:45)
Kleuterskool: Voldag - R3350.00 (6:30 – 17:45)
Halfdag – R2650.00 (6:30 – 13:45)
Die volgende is nie ingesluit nie: Buitemuurse aktiwiteite, Snoepie Vrydae, in- en uitstappies, skryfbehoeftes en toiletware.
• Sekuriteit:
Ons poog om die beste moontlike sekuriteit te verseker. Ons sal met op- en aflaai tye ‘n wag hê wat u motor sal dop hou. nie waardevolle items ooglopend in u motor agterlaat nie. U samewerking i.v.m. sekuriteit word hoog op prys gestel. Ouers moet kinder in en uit teken. Geen vriende of kennisse sal toegelaat word om kinders te kry sonder vooraf reëlings nie.
• Probleme en Navrae:
Ons moedig ouers aan om aktief betrokke te wees en enige navrae met die betrokke onderwyseres, die hoof of die eienaar te bespreek.
• Reëls en Regulasies:
o In- en uit teken van bywonings register is verpligtend:
Geen kleuters sal oorhandig word aan enige person wat nie op die inskruiwings vorm aangedui is sonder vooraf kennis gewing nie. o Geen medikasie sal toegedien word sonder die nodige instruksies in die medikasie boekie nie. o Maak asb. seker die hekke word agter u toegemaak op knip indien u inkom met u magneer skyfie.
• Dissiplinere kode:
o Ons is streng teen enige kleuters wat ander kleuters afknou / ”boelie”. Die skuldige kleuter word aangespreek en na die muur toe gestuur waar hulle na die muur toe moet kyk vir hulle “afkoel tyd”. Ouers sal ook ‘n skrywe ontvang. Indien die kleuter se gedrag nie verbeter nie sal ouers ongelukkig moet vra om die kleuter uit die skool te neem. o Ons stuur kleuters om teen die muur te gaan staan vir “afkoel tyd” in die gevalle van ongehoorsaamheid ens. o Vergure taal word nie toegelaat nie. Dieselfde straf word toegedien as in die geval van afknouery.
• Inskrywings prosedure
Vul asb die Aansoek om registrasie vorm in en epos terug aan [email protected] Vorm is ook beskikbaar op ons webwerf www.dieakkerboompie.co.za. Ons sal u so spoedig moontlik terugvoering gee. ‘n Betalings ooreenkoms kontrak sal dan aan u gestuur word. U kind is slegs aanvaar en ingeskryf na die nodige getekende vorms en inskrywings fooie ontvang is. Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Annie of Chantelle op 0829247669 of 0118861222 of (011 793 1179 na ure). Vriendelike Groete
Die Akkerboompie Kleuterskool