18/08/2023
REG IN DIE MIDDEL VAN NรRENS ๐บ
deur Nellie Alberts
Terug op eie bodem, al die pad van Engeland, sit Vandre dikmond langs sy pa in die bakkie - onderweg na sy ouma en oupa in Nieuwoudtville.
'n Vakansie by diรฉ twee klink vir hom na 'n nagmerrie, veral nadat Ouma haar onthou begin vergeet het.
Skielik is daar 'n draai en toe Vandre weer tot sy sinne kom, ruik en proe alles na stof. Sy pa is ernstig beseer en nou moet hy, stadsjapie, die onbekende, dorre Boesmanland stoksielalleen trotseer - sy pa se lewe is immers in sy hande.
In Engeland was Kyle, die bullebak, en sy beledigings Vandre se grootste uitdaging. Sy boodskappe word woorde wat langs die reis oor en oor in Vandre se kop afspeel.
Maar nรณรบ moet hy uitdagings van 'n totaal ander aard trotseer. Uitdagings wat Kyle na kinderspeletjies laat lyk.
In sy geestesoog hou Fiona hom van ver oor die waters aan die gang en hy tel langs die pad vir Simples, sy wandelstok, op. Diรฉ raak sy gespreksgenoot terwyl hy van peule aan die lewe moet bly nadat hy die pad gruwelik byster raak en vir weke uit die veld moet oorleef in die ongenaakbare Boesmandlandson.
Keer na keer land hy voor dooiemansdeur tot Piet, die Boesmanland se gentleman, hom vind en dokter na 'n noue ontkoming met 'n skerpioen.
Piet is die toonbeeld van plattelandse barmhartigeid en goedheid. Vandre kry 'n paar dae se rus, kos en slaap in Piet se karig gemeubileerde woonplek. Die lewe begin amper beter lyk, tot hy die bruin voertuig met vreemde pakkies in die kattebak op die werf gewaar... toe dans die poppe weer opnuut.
En Vandre se pa? Wat was in die pakkies? Wie is Fiona? ๐คซ My lippe is ge-"zip".
๐บ Hierdie teks is ideaal vir 'n graad 9 HT klaskamer.
๐บ๏ธ Leerders in die Boesmanland/ Karoo/ dor streke, sal baie aanklank by die teks vind.
๐บ๏ธ Dit is 'n verhaal wat die mens se innerlike krag en wil om oorlewing beklemtoon.