10/05/2026
Pienkvoet-Pret Randburg/Sandton
Pienkvoet-Pret is Ontwikkeling-en stimuleringsklasse vir mammas en babas vanaf 3mnde-3jaar.
Besoek ons website vir meer inligting: https://pienkvoetpret.co.za/randburg/
10/05/2026
04/05/2026
Ons is bevoorreg dat ons in ’n tyd leef waar ’n oorvloed hulpbronne tot ons beskikking is, van Google en sosiale media tot ChatGPT en meer. Maar tussen al die inligting (en soms die geraas) is dit belangrik om te onthou: aan die einde van die dag kan geen van hierdie bronne opweeg teen die rus, krag en ondersteuning wat ons daagliks van die Here ontvang nie.
27/04/2026
MESSY MONDAYS // Meel
Laat jou baba se handjies woel in sagte, wit koekmeel. Steek diertjies weg in die meel wat hulle kan soek. Voel, strooi, spat en skep!
Wie sou nou kon raai dat koekmeel soveel pret en plesier kan verskaf?
20/04/2026
MESSY MONDAYS // Jelly-pret
Laat jou baba diep in kleurvolle jelly delf om diertjies te soek.
Op hierdie manier leer hulle die volgende, terwyl hulle lekker speel:
- Diere uitken
- Kleure benoem
- Nuwe teksture te ontdek
Tip: gebruik suiker-vrye jelly vir jonger babas
13/04/2026
MESSY MONDAYS // Herfs sensoriese pret!
Help jou baba om nuwe teksture te ontdek deur met herfsblare te speel.
Klein handjies + krakerige blare = groot pret!
06/04/2026
Niks sê vakansie soos romerige sensoriese-spel nie!
Baba kan lekker met sjokolade-kitspoeding speel, smeer en dit proe. ‘n Heerlike ervaring vir klein handjies!
Wenk: gebruik suiker-vrye poeding vir ‘n gesonder, net-so-lekker opsie.
Sensoriese-spel + sjokolade = vakansiemagie
05/04/2026
Hy het opgestaan!
Geseënde Paasfees
30/03/2026
MESSY MONDAYS
'Messy Play', ook bekend as sensoriese-spel, speel ’n belangrike rol in ’n kind se ontwikkeling.
Dit ondersteun kognitiewe groei, versterk fynmotoriese-vaardighede en help met emosionele-regulering. Deur met verskillende materiale soos modder, verf of sand te speel, gebruik kinders hul sintuie, ontdek nuwe teksture en verbeter hul koördinasie. Dit moedig probleemoplossing aan, stimuleer kreatiwiteit en laat kinders toe om deur praktiese ervarings te leer.
Maak Maandae sommer lekker PRET met 'messy play'! Ons gaan elke Maandag 'n lekker nuwe Messy Play idee stuur - hou ons blad dop!
29/03/2026
MESSY MONDAYS - Ons maak SLYM!
'n Lekker, maklike messy play idee, is om slym by die huis te maak - die resep is:
- 1 koppie gerasperde Sunlight koekie seep
- 2 liter water
Meng gerasperde seep en water saam en los om te week. Roer elke nou en dan om water mooi in te meng. Kan ‘n dag of twee laat staan. As die slym te dik raak, meng nog water by.
Koekkleursel of blinkers kan bygevoeg word. Steek klein plastiese diertjies daarin weg en laat kinders dit soek. Hou genoeg water byderhand om handjies mee af te spoel na die tyd.
Elke week by Pienkvoet-Pret speel ons met 'n sensoriese aktiwitieit, soos slym - kom speel saam! Jou eerste les is GRATIS!
27/03/2026
Tatta kwartaal 1, jy was vol pret!
Hierdi kwartaal het ons saam geleer, gelag, gehuil, gebid en gegroei.
Mag elke mamma en baba lekker rus. Die nuwe kwartaal is om die draai!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Website
Address
146 Juniper Street, Northcliff
Randburg
2115
Opening Hours
| Tuesday | 09:00 - 13:00 |
| Wednesday | 09:00 - 13:00 |
| Thursday | 09:00 - 13:00 |