Hoërskool Randburg

Hoërskool Randburg Hoërskool Randburg is die skool waar ELKEEN
'n STER is en elke dag verlig hierdie genade ons lewenspad

Het julle al julle kaartjies?!‘n Spesiale aand vir ons Randjies! Ons nooi al ons Ma’s en Seuns, asook Pa’s en Dogters, n...
29/09/2026

Het julle al julle kaartjies?!

‘n Spesiale aand vir ons Randjies!

Ons nooi al ons Ma’s en Seuns, asook Pa’s en Dogters, na ’n onvergeetlike Ma en Seun Dans en Pa en Dogter Dans by Hoërskool Randburg.

Kom trek julle dansskoene aan, maak herinneringe en geniet ’n spesiale aand saam!

💃 Ma en Seun Dans: 13 Oktober 2026
🕺 Pa en Dogter Dans: 14 Oktober 2026

⏰ 18:00–20:30
📍 Atrium
🎟️ R50 per persoon
🎫 Kaartjies beskikbaar op D6

Ons Graad 10-leerders het onlangs ’n interessante praktiese ondersoek gedoen waarin hulle gekyk het na hoe verskillende ...
28/09/2026

Ons Graad 10-leerders het onlangs ’n interessante praktiese ondersoek gedoen waarin hulle gekyk het na hoe verskillende pH-vlakke die beweging van oplossings deur die xileem van ’n selderystingel beïnvloed.

Dit was ’n lekker praktiese manier om hul kennis toe te pas – en die leerders het dit sommer baie geniet! 🔬🌿

Welgedaan, Graad 10’s!💙❤️

Na twee harde dae van intense wedstryde het ons Randjies uitstekend gevaar by die SA's!Groepswedstryde:• Verloor teen Ru...
28/09/2026

Na twee harde dae van intense wedstryde het ons Randjies uitstekend gevaar by die SA's!

Groepswedstryde:
• Verloor teen Rustenburg: 11–18
• Verloor teen Monnas: 17–40
• Gelykop teen Framesby: 19–19
• Wen teen Milnerton: 27–14
• Wen teen Ben Vorster: 28–15
• Wen teen Trio: 25–14

Ons eindig 3de in ons groep en kwalifiseer vir die 9de–16de posisie-uitspeelrondes.

Kwartfinaal:
Verloor in die laaste paar sekondes 27–29 teen Jan van Riebeeck.

Semifinaal:
Wen Fatima 31–28.

Finaal om 13de/14de plek:
When Jim Fouché 21–13.

🏆 Ons o.18’s eindig 13de in Suid-Afrika! Baie geluk julle! Julle maak ons trots! 💙❤️

Tydens die CycleLab Fietsryreeks se 2026-prysuitdeling op 22 September het Evan Naude ’n welverdiende trofee ontvang vir...
28/09/2026

Tydens die CycleLab Fietsryreeks se 2026-prysuitdeling op 22 September het Evan Naude ’n welverdiende trofee ontvang vir 1ste plek in sy ouderdomsgroep oor die volledige 2026-reeks.

Daarby is die top 3-ryers in elke ouderdomskategorie genooi om hul provinsie tydens die Nasionale Finaal te verteenwoordig. Evan het tydens ’n spesiale spoggeleentheid op 14 September sy Gauteng-trui ontvang – ’n besonderse prestasie! 💙💛

Evan, baie geluk met jou fantastiese fietsryprestasies. Ons is ongelooflik trots op jou en alles wat jy deur harde werk, toewyding en deursettingsvermoë bereik het!

Op 21 September 2026 het ons tromspelers, Pieter Steyn, Liam Benade van Niekerk, Zander Ross en Gibian Cotty, aan die Na...
28/09/2026

Op 21 September 2026 het ons tromspelers, Pieter Steyn, Liam Benade van Niekerk, Zander Ross en Gibian Cotty, aan die National Bothners Fastest Hands Drumming Competition – High School Edition, aangebied deur Bothners West Rand, deelgeneem.

Die uitdaging? Om te kyk hoeveel enkelhoue ’n speler met dromstokkies binne 60 sekondes op ’n elektroniese dromblad kan slaan.
En ons Randjies het behoorlik gewys wat hulle kan doen!

🥁 Pieter Steyn: 901 enkelslae
🥁 Zander Ross: 878 enkelslae
🥁 Liam Benade van Niekerk: 783 enkelslae
🥁 Gibian Cotty: 761 enkelslae

Wat ’n ongelooflike kombinasie van spoed en konsentrasie!

Die wenner van die landswye skolekompetisie word in Oktober aangekondig.
Ons hou duimvas, manne! 🤞🥁

Ons koor het op 22 September aan die Jan Celliers Kooreisteddfod deelgeneem en ’n indrukwekkende 94% behaal. Hulle stap ...
28/09/2026

Ons koor het op 22 September aan die Jan Celliers Kooreisteddfod deelgeneem en ’n indrukwekkende 94% behaal. Hulle stap weg met ’n Diploma vir hul program van drie liedere.
Ons is ongelooflik trots op elke koorlid se harde werk en toewyding.❤️💙

28/09/2026

⭐Oud-Randjies blink uit⭐

Baie spesiale gelukwense aan Ciska Raubenheimer, Mia le Roux en Emma Aucamp - wat al drie in 2023 gematrikukeer het - wat elk verkies is tot primaria van hulle onderskeie koshuise by NWU en TUKS!

Skitter voort meisies, ons is só trots op julle!❤️💙

‘n Spesiale aand vir ons Randjies! Ons nooi al ons Ma’s en Seuns, asook Pa’s en Dogters, na ’n onvergeetlike Ma en Seun ...
27/09/2026

‘n Spesiale aand vir ons Randjies!

Ons nooi al ons Ma’s en Seuns, asook Pa’s en Dogters, na ’n onvergeetlike Ma en Seun Dans en Pa en Dogter Dans by Hoërskool Randburg.

Kom trek julle dansskoene aan, maak herinneringe en geniet ’n spesiale aand saam!

💃 Ma en Seun Dans: 13 Oktober 2026
🕺 Pa en Dogter Dans: 14 Oktober 2026

⏰ 18:00–20:30
📍 Atrium
🎟️ R50 per persoon
🎫 Kaartjies beskikbaar op D6

Baie sterkte aan al ons atlete wat vandag aan die Noord vs Suid Kampioenskappe by die Dal Josafat-stadion in die Paarl d...
25/09/2026

Baie sterkte aan al ons atlete wat vandag aan die Noord vs Suid Kampioenskappe by die Dal Josafat-stadion in die Paarl deelneem! ❤️💙

Address

H/v Malibongwe En Rabie
Randburg
2194

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Randburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Randburg:

Shortcuts

Featured

Share

Category