Ons bied 'n omgewing waar ons ‘n liefde vir leer, deur speel aanwakker, om lewenslange leerders te wees. Kinders benodig beide wortels en vlerke om hul volle potensiaal te bereik – die een sal hulle anker en die ander sal hul vrymaak. Die vorming en ontwikkeling van jou kind is van kardinale belang in die vroeëkinderontwikkelingsfase. By Linden Akademie weet ons dat elke ouer die beste vir hulle kind wil hê en sien hoe hul kinders floreer. Ons is ’n pre-primêre skool wat gerig is op skoolvoorbereiding en reeds vanaf ’n vroeë ouderdom, ’n ingesteldheid vir lewenslange leer kweek. Ons mantra is “Voluit glo en doen” en dit speel uit in ons handel en wandel deurdat ons op die regte manier jou kind stimuleer in ’n omgewing waar hy/sy geliefd voel en sy/haar potensiaal kan bereik met die ondersteuning van personeel wat óók wil hê dat jou kind moet floreer. Ons kernfokus is om te sorg dat ons kleuters emosioneel geborge voel en ons fokus ook op die volronde ontwikkeling van jou kind deur die volgende vaardighede te ontdek en te ontwikkel: Motoriese vaardighede, emosionele intelligensie, fisiese ontwikkeling, lewensvaardighede (besluitneming en eienaarskap), sensoriese spel, musiek, en vele meer. Ons is doelgerig om van elke oomblik ’n leergeleentheid te maak, sonder dat jou kind dit noodwendig besef. Besoek ons webtuiste vir meer inligting of maak kontak met ons, sodat jou kind ’n plek het waar hy/sy kan wortelskiet, groei en floreer – nou en eendag.