07/12/2017
Vir voledige Inligting, laai gerus die Inligting stuk af.
Klein Wennertjies Babasorg, Peuter / Kleuter Akademie en Naskool Kampus
07/12/2017
Vir voledige Inligting, laai gerus die Inligting stuk af.
Uit die Hoof se pen :
Klein Wennertjies is ‘n spog Akademie en vandat ons deure in 2009 geopen het, het God se seën op ons skool gerus en beleef ons daagliks Sy genade vir elkeen wie deel vorm van ons skool. Klein Wennertjies is uniek en geliefd omdat elke kind vir ons belangrik en spesiaal is. Ons personeel gaan uit hul pad om te verseker dat elke kindjie geborge en geliefd voel. Ons personeel werk saam as ‘n span om die sukses van ons skool te verseker en beskik oor ‘n hoë werksetiek en werkstrots.
Ouerbetrokkenheid is vir ons ‘n groot prioriteit. Sonder ons ouers wie ons hande vat en hoog hou, kan ons nie suksesvol wees nie.
Ons Missie is om voortreflike en relevante onderwys aan elke kindjie te verskaf. Ten einde ‘n gelukkige, selfstandige kleuter na ‘n Laerskool te stuur volg ons die Graad R kurrikulum wat Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede insluit. Dit word ook in ons dagprogram as sulks geinkorporeer. Ons kinderkinetici bied ook ‘n verpligte visieterapieklas weekliks aan vir ons Graad R leerders ten einde hulle ontwikkeling op die gebied te bevorder en vas te lê. Hiermee het ons al groot sukses behaal.
Klein Wennertjies bestaan uit 3 Afdelings :
• Babasorg : (3mnd tot 1 jaar)
• Peuters (1 tot 2 )
• Kleuters (3 – 6 jaar) + Graad R
• Naskool : Junior Groep : Graad 1 – 3
Senior Groep : Graad 4 – 7
Ons streef daarna dat elke leerling emosioneel
skoolryp en skoolgereed na Graad 1 gestuur word.
Ons Naskool word bestuur volgens ons naskoolleerlinge se eie behoeftes.
Huiswerk word onder toesig gedoen.
Skoolvakansies oop – Geen ekstra kostes.
Klein Wennertjies is ‘n Christelike Kleuterskool en Naskool.
Christelike waardes is ons trots.
Ons glo aan individuele aandag vir elke leerling.
Dienslewering begin in ons hart.
Ons skep ‘n kindervriendelike skoolklimaat waar kinders
veilig en geborge voel.
| Monday | 06:00 - 17:30 |
| Tuesday | 06:00 - 17:30 |
| Wednesday | 06:00 - 17:30 |
| Thursday | 06:00 - 17:30 |
| Friday | 06:00 - 17:30 |