Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool

Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool Ons is ñ privaat Afrikaanse Christelike Kleuterskool. Ons bestaan reeds 30 jaar. En die vreugde en liefde vir leer van ons kindertjies wat nog hier is.

Ons sukses en grootste advertensie lê in die kinders, jongmense wat hier skoolgegaan het.

Geniet die tyd saam met jou kinders. Hulle word so vinnig groot.
30/09/2026

Geniet die tyd saam met jou kinders. Hulle word so vinnig groot.

By Snoetjies en Sproetjies glo ons dat groot groei in klein oomblikke gebeur — ’n nuwe maatjie, ’n eerste poging, ’n gro...
26/09/2026

By Snoetjies en Sproetjies glo ons dat groot groei in klein oomblikke gebeur — ’n nuwe maatjie, ’n eerste poging, ’n groot glimlag en elke “Ek kan self!”
Hier word klein harte en nuuskierige gedagtes met liefde, speel en ontdekking gevorm.
Snoetjies en Sproetjies — waar kleintjies groot begin droom.

ERFENISDAG 2026 By Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool vier ons nie net ons verskille nie — ons geniet en waardeer die ...
24/09/2026

ERFENISDAG 2026

By Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool vier ons nie net ons verskille nie — ons geniet en waardeer die uniekheid van elke mens wat deel is van ons skoolgemeenskap.

Saam vorm ons, as personeel, ’n sterk en hegte ketting, gebind deur geloof, hoop en liefde. 🤍

Ons vat hande, ons staan saam en ons leef ons roeping en passie elke dag met oorgawe uit.

Met ’n aansteeklike, vrolike en opgewekte gees wat eie is aan Snoetjies en Sproetjies, leef ons elke dag voluit — met dankbaarheid vir elke klein lewe wat aan ons toevertrou word.

Dit is vir ons ’n voorreg om deel te word van elke huisgesin wat sy kinders aan ons toevertrou, en saam met julle ’n klein deeltjie van hul groot reis te stap.

Saam is ons sterker.
Saam bou ons.
Saam groei ons.
Saam maak ons ’n verskil.

Met baie liefde en waardering,
Snoetjies en Sproetjies-groete

Juf Lynn & Personeel

Vandag vier ons erfenisdag by die skool.Hoe anders dan nou as om die dag te begin met ñ stomende koppie boeretroos en Be...
23/09/2026

Vandag vier ons erfenisdag by die skool.
Hoe anders dan nou as om die dag te begin met ñ stomende koppie boeretroos en Beskuit.

By Snoetjies en Sproetjies KleuterskoolIn aanloop tot Erfenisdag maak ons saam ’n tuin. Ons plant saam, groei saam en le...
22/09/2026

By Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool
In aanloop tot Erfenisdag maak ons saam ’n tuin.
Ons plant saam, groei saam en leer saam.

Vir ons is hierdie tuin meer as net blomme en plantjies —
dit is ’n simbool van hoop, eenheid en geloof.

Elke plantjie wat ons in die grond sit, herinner ons daaraan dat
ons glo: saam kan ons iets mooi bou.
Iets wat vandag begin, maar môre nog sal groei. 🌱🤍

Saam plant ons hoop. Saam laat ons Suid-Afrika groei.

Vir ons is Onderwys baie meer as om bloot kennis oor te dra.
21/09/2026

Vir ons is Onderwys baie meer as om bloot kennis oor te dra.

Every child is a unique and beautiful flower in life’s garden.At Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool, we nurture their ...
18/09/2026

Every child is a unique and beautiful flower in life’s garden.

At Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool, we nurture their little hearts, celebrate their uniqueness, and help each one grow, flourish and bloom.

Because every child deserves the right environment to become the beautiful person God created them to be.

GROND… KYK WAT GROEI! Vandag het ons ons groen vingers ingespan! 👩‍🌾🪴In ons goed voorbereide grond het elke maatjie sy e...
17/09/2026

GROND… KYK WAT GROEI!

Vandag het ons ons groen vingers ingespan! 👩‍🌾🪴

In ons goed voorbereide grond het elke maatjie sy eie boontjie geplant. Nou begin die groot avontuur – ons gaan mooi kyk, versorg en wag om te sien hoe ons klein boontjie groei. 🌱🤎

Ons het geleer dat plante grond, water, sonlig en baie liefde en sorg nodig het om te groei. ☀️💧🌱❤️

Want by Snoetjies en Sproetjies leer ons nie net van groei nie… ons groei saam terwyl ons leer! 🌱✨

16/09/2026

🐛Kyk wie het by Snoetjies en Sproetjies kom inloer! 🐛

Ons klein sywurmpies!

Ons leer tans alles oor INSEKTE en wat is nou lekkerder as om nie net daaroor te praat nie, maar dit sommer self te beleef!

Ons kleuters is elke dag so opgewonde om te kyk hoe ons wurmpies groter word, lekker aan die moerbeiblare smul en stadig maar seker deur hul wonderlike lewensiklus beweeg.

Van ’n piepklein wurmpie… tot ’n kokon… en uiteindelik ’n pragtige mot!

Dis leer met groot oë, klein handjies en hope opgewondenheid!

Want by Snoetjies en Sproetjies glo ons:
🌈 As kinders self kan sien, doen en beleef, word leer ’n avontuur wat hulle nooit vergeet nie! ❤️

🐛🌿💕

Address

Antunstr 169 Sinoville
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 06:00 - 17:00
Tuesday 06:00 - 17:00
Wednesday 06:00 - 17:00
Thursday 06:00 - 17:00
Friday 06:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Snoetjies en Sproetjies Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category