24/08/2026
UNO KAARTE en WISKUNDE 🃏🧮
Wie het gesê UNO is net vir speel? 👀
Met ’n eenvoudige pakkie UNO-kaarte kan ons Wiskunde visueel, prakties en lekker maak – en terselfdertyd belangrike vaardighede inoefen.
In hierdie reeks wys ek julle verskillende maniere waarop ons UNO-kaarte in Wiskunde kan gebruik:
🔵 Optel
🟢 Aftrek
🟡 Maal & deel
🟣 Getalkombinasies
🟠 Groter as, kleiner as & gelyk aan
🔴 Ewe & onewe getalle
Die doel is nie net om die antwoord te kry nie – dit is om kinders te help om getalle te sien, te verstaan en daarmee te redeneer.
Swipe deur die reeks en kyk hoeveel meer daar met ’n eenvoudige UNO-pakkie gedoen kan word! 🃏
By Fill the Gap glo ons dat leer nie vervelig hoef te wees nie. Wanneer ons die regte fondasie bou, begin Wiskunde sin maak.