Primêre Meisieskool Oranje

Primêre Meisieskool Oranje Hartlik welkom by Oranje Primêr. Ons is 'n trotse skool met 'n trotse tradisie en soos een groot fami Dit is die begin van 'n wonderlike fase in jou lewe! M.T.

Ons is 'n trotse skool met 'n trotse tradisie en soos een groot familie waar elke dogter vir ons baie spesiaal is! Dit is ons strewe om hier by die primêre skool geleenthede vir ons dogters te skep en te belê in 'n leerruimte waarin hulle veilig voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal. Soos in Pres. Steyn, stigter van ons skool, se woorde, gee ons die dogters: godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos 'n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, 'n heldin word. Naam van die skool

Koningin Wilhelmina van Nederland het die meeste fondse bewillig vir die stigting van Oranje Meisieskool. Daarom is die skool na die jonge Vorstin van Oranje vernoem. Skoolwapen

‘n Geruime tyd na die stigting van die skool, het daar ‘n behoefte ontstaan vir ‘n skoolwapen. Die gedagte het weer ontstaan om die wapen van die vorstehuis van Oranje te gebruik, maar koningin Wilhelmina het dit beleefd en vriendelik geweier. Die president en sy vrou gee toe aan Oranje die familiewapen van die Steyns, afkomstig uit Haarlem, Holland. Die leuse is “Vooruit”, waarvan die drie eendjies die simboliese betekenis daarvan dra. Skoollied

Die skoollied is geskryf deur Oranje se eerste skoolhoof, Mej. E le Roux en getoonset deur C Combrink. Driewerf gegroet onze hulde Oranje! Hier wordt gekweekt zo’t verstand als de ziel. Hier zijn wij samen om kennis te garen,
Ach of op ons ook haar lichtstraal eens viel. O Alma Mater wij dienen u williglik,
U leven wij, u geven wij
Ons lief’d en kracht met heel ons hart. Geskiedenis van Oranje

Na die terugkeer van Pres. Steyn uit Europa in 1905, was hy meer as ooit tevore besiel met die ideaal van ‘n verenigde Suid-Afrika. Die president het geglo dat die doeltreffendste wyse waarop hy dit doen, die onderwys is. Opvoeding en onderwys was sy lewenstaak, want vandag se kinders is môre se toekoms. Vir die stigting van die skool, het Pres. Steyn finansiële steun ontvang van die NG Kerk, asook uit die buiteland. Bekende Boereleiers het in Europa geld ingesamel vir die skool. In ‘n brief aan koningin Wilhelmina, skryf Mev. Steyn dat Nederland die grootste finansiële bydrae gelewer het vir die totstandkoming van die skool. Op 11 April 1907 kon die eerste klasse ‘n aanvang neem. Die leerlinge moes geleer word om hul moedertaal te praat en lief te hê – volgens Pres. Steyn was dit Afrikaans. Sy versiende oog het besef watter waarde die Engelse taal het en daarom het hy hom beywer vir gelyke onderrig in beide tale. Dit was ook sy begeerte dat die Bybel ‘n ereplek in die skool moes hê. Die geskiedenis van die Afrikanervolk moes ook aan die dogters oorgedra word. Bowenal moes die onderrig Christelik-nasionaal wees. Die skool het vanaf die stigting voorsiening gemaak vir kosgangers. Visie

Die visie van Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en regte waardes en norme te ontwikkel as: selfstandige bekwame jong vroue wat in staat is om gelukkige vervulde lewens te lei, sodat hulle ‘n besondere bydrae kan maak – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld. Missie

Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende onderwysende opvoeding op akademiese-, sport- en kultuurgebied, sodat die leerlinge ‘n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van ‘n Christelike benadering tot die lewe kan maak. Ons is dus ‘n skool met ‘n baie besondere identiteit en geskiedenis. Algemene Inligting:

Adres: Aliwalstraat 99
Bloemfontein
9301

Tel: 051-4476845
Faks: 051-4470070
E-pos: [email protected]

Provinsie: Vrystaat
Distrik: Motheo
Skool: C en N Primêre Meisieskool Oranje
EMIS: 440304225

05/10/2026

🍎🧡 GELUKKIGE ONDERWYSERDAG! 🧡🍎

Vandag vier ons die wonderlike mense wat elke dag ’n verskil in ons Eendjies se lewens maak! 🐥✨

Ons het reeds vroeër die kwartaal ons fantastiese juffrouens gevier en behoorlik bederf! 🌸🎁

’n Groot dankie aan elke betrokke borg, ons adminspan en die Leerderraad-ouers wat saamgespan het om ons juffrouens so spesiaal en gewaardeerd te laat voel. 🧡

Ons is ongelooflik lief vir en dankbaar vir elkeen van ons Oranje-juffrouens! Mag julle ’n heerlike Onderwyserdag hê – julle verdien dit! 🌷

Ons kan nie wag om julle môre weer by die skool te sien nie! 🐥🧡

Baie geluk met juffrou Franceske Geeringh se verjaarsdag vandag. 🥳Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde ...
05/10/2026

Baie geluk met juffrou Franceske Geeringh se verjaarsdag vandag. 🥳

Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde en mag die pad van lig jou lei tot by jou drome!

Dankie vir al juffrou se harde werk, OMS waardeer jou. 🐥

🐥💦 Sterkte aan ons swem-Eendjies! 💦🐥11 Dogters neem vanaf vandag, 2 Oktober tot 4 Oktober, deel aan die Curro Aqua Elite...
02/10/2026

🐥💦 Sterkte aan ons swem-Eendjies! 💦🐥

11 Dogters neem vanaf vandag, 2 Oktober tot 4 Oktober, deel aan die Curro Aqua Elite Gala! 🏊‍♀️🏆

Baie dankie aan ons anonieme borge wat die pragtige swemitems vir ons dogters moontlik gemaak het. Julle ondersteuning word opreg waardeer! 🧡

Gaan skitter daar, swem met trots en geniet elke oomblik!
Lekker swem, Eendjies! Oranje staan agter julle! 🐥🏊‍♀️🧡

🏑🏆 o.13A HOKKIE – CHAMP OF CHAMPS-KAMPIOENE! 🏆🏑Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons o.13A-hokkiespan het die Champ of Cham...
28/09/2026

🏑🏆 o.13A HOKKIE – CHAMP OF CHAMPS-KAMPIOENE! 🏆🏑

Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons o.13A-hokkiespan het die Champ of Champs in Potchefstroom gewen! 🥇🐥

Uitslae:
🏑 OMS gelykop teen Schweizer 1–1
🏑 OMS wen teen Rivonia 1–0
🏑 OMS wen teen Rynfield 3–1
🏑 OMS wen teen Outeniqua 2–0
🏑 OMS wen teen Lynnwood 1–0 (halfeindstryd)
🏑 OMS wen teen Schweizer 3–0 (finaal) 🏆

Oranje is ongelooflik trots op ons Eendjies! 🧡🐥

Baie geluk met juffrou Carlyn Coertzen se verjaarsdag vandag. 🥳Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde en ...
27/09/2026

Baie geluk met juffrou Carlyn Coertzen se verjaarsdag vandag. 🥳

Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde en mag die pad van lig jou lei tot by jou drome!

Dankie vir al juffrou se harde werk, OMS waardeer jou. 🐥

Baie geluk met tannie Marlet Jackson se verjaarsdag vandag. 🥳Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde en ma...
26/09/2026

Baie geluk met tannie Marlet Jackson se verjaarsdag vandag. 🥳

Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde en mag die pad van lig jou lei tot by jou drome!

Dankie vir al tannie se harde werk, OMS waardeer jou. 🐥

🌸🐥 Vakansietyd! 🐥🌸Die vakansie is hier! 🎉 Ons Eendjies het beslis ’n bietjie rus, speel en lekker kuier verdien. Ons sie...
23/09/2026

🌸🐥 Vakansietyd! 🐥🌸

Die vakansie is hier! 🎉 Ons Eendjies het beslis ’n bietjie rus, speel en lekker kuier verdien.

Ons sien reeds uit na ’n lekker Kwartaal 4 saam met julle! 🐥
Lekker vakansie hou, Eendjies! ✨

🎾🏆 Eendjiebeker 🏆🎾Oranje se tweede Eendjiebekertoernooi vir Graad 3-minitennisspelers het op Dinsdag, 22 September, plaa...
23/09/2026

🎾🏆 Eendjiebeker 🏆🎾

Oranje se tweede Eendjiebekertoernooi vir Graad 3-minitennisspelers het op Dinsdag, 22 September, plaasgevind! 💛

Vier Oranje-spanne, twee Grey-spanne, een Willem Postma-span en twee Tjokkies-spanne het aan die toernooi deelgeneem. 🎾

Na ’n spannende dag se tennis het Oranje A die finaal gehaal teen Willem Postma A (seuns). In ’n ware naelbytwedstryd wen Willem Postma A met 38 punte teenoor Oranje A se 35.

Baie geluk aan elke Oranje-speler! Julle het met trots en sportmanskap gespeel en Oranje ongelooflik trots gemaak! 🐥🎾

🎤🏆 Redenaars 🏆 🎤 Baie geluk aan Lika Odendaal wat deurgedring het na die nasionale finale rondtes van twee redenaarskomp...
22/09/2026

🎤🏆 Redenaars 🏆 🎤

Baie geluk aan Lika Odendaal wat deurgedring het na die nasionale finale rondtes van twee redenaarskompetisies! 🥳👏

🎤 Podiumpret – 24 September 2026
🎤 Oppi Tong Af – 8 tot 12 Oktober 2026

Ons is ongelooflik trots op jou, Lika! 🐥 Baie sterkte met die finale rondtes! 🌟

🏃‍♀️💛 Tweekamp‍💛🏃‍♀️Vier-en-twintig Oranje Eendjies het op 15 September by Kovsies aan die Suid-Vrystaat Tweekampproewe ...
22/09/2026

🏃‍♀️💛 Tweekamp‍💛🏃‍♀️

Vier-en-twintig Oranje Eendjies het op 15 September by Kovsies aan die Suid-Vrystaat Tweekampproewe deelgeneem en soos volg presteer. 🏃‍♀️🏊‍♀️

Baie geluk aan die volgende dogters wat ook gekwalifiseer het vir die verskeie Suid-Vrystaatspanne wat op 3 Oktober aan die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms gaan deelneem! 🏆🇿🇦

Baie sterkte, Eendjies! Ons is trots op julle! 💛🐥

Address

99 Aliwal Street
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27514476845

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Primêre Meisieskool Oranje posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Primêre Meisieskool Oranje:

Shortcuts

Share