Blommeland Dagsorg

Blommeland Dagsorg Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Blommeland Dagsorg, Day Care, 24 Koedoe Singel, Bethlehem.

06/10/2026
πŸ‘©β€πŸ³πŸͺ Dag 4 van vakansiesorg: Klein sjefs aan die werk!Vandag was daar kleur, kreatiwiteit en sommer baie lekker happies ...
29/09/2026

πŸ‘©β€πŸ³πŸͺ Dag 4 van vakansiesorg: Klein sjefs aan die werk!
Vandag was daar kleur, kreatiwiteit en sommer baie lekker happies by Blommeland! Ons maaitjies het eers Fruit Loops aan rek ingeryg en hul eie vrolike armbande en halssnoere gemaak. 🌈 Baie dankie, Ouma, vir dié lekker bederf!
Daarna het die klein sjefs blomkoekies met royal icing versier. Elke koekie het sy eie unieke kleure en patrone gekry β€” en natuurlik was die proe-deel ’n groot gunsteling! 🌸πŸͺ Baie dankie, tannie Vicky, vir die heerlike koekies. Die maaitjies het dit sΓ³ geniet!
Blommeland – waar klein hartjies groei. πŸ’›

β˜€οΈπŸ¦ Dag 3 van vakansiesorg: Somerson en roomys!Vandag het ons maaitjies die somer met kleur en kreatiwiteit gevier. Elke...
28/09/2026

β˜€οΈπŸ¦ Dag 3 van vakansiesorg: Somerson en roomys!

Vandag het ons maaitjies die somer met kleur en kreatiwiteit gevier. Elkeen het ’n vrolike son van ’n papierbord gemaak en ’n heerlike roomysprent geverf. 🎨

NΓ‘ al die skeppende pret het ons die dag op die lekkerste manier afgesluit: met roomys in die sonskyn! Kyk net hoe trots is hulle op hul kunswerke. πŸ’›

Blommeland – waar klein hartjies groei. 🌸

🌻 Dag 2 van Vakansiesorg! 🌻Vandag was dit sonneblom-dag by Blommeland! β˜€οΈπŸŒ»Ons maaitjies het geleer van sonneblomme en so...
27/09/2026

🌻 Dag 2 van Vakansiesorg! 🌻
Vandag was dit sonneblom-dag by Blommeland! β˜€οΈπŸŒ»
Ons maaitjies het geleer van sonneblomme en sommer lekker kreatief geraak. πŸŽ¨πŸ’› Ons het ons eie sonneblomme geverf en regte sonneblomsaadjies in die middel van ons blom geplak. 🌻
Daarna het klein handjies aan die werk gespring en ons het ook sonneblomsaadjies geplant. 🌱 Nou begin die lekkerste deel β€” om elke dag te kyk en geduldig te wag vir die eerste klein groen spruitjies om hul koppies bo die grond uit te steek! πŸ₯°
’n Heerlike dag van leer, verf, plant en groei β€” want by Blommeland groei nie net blommetjies nie, maar ook klein hartjies. πŸŒ±πŸ’›
🌸 Blommeland – waar klein hartjies groei. 🌸

🌸 Eerste dag van Vakansiesorg! 🌸Welkom terug aan al ons vakansiesorg-maaitjies! πŸ₯°πŸ’›Ons het sommer lekker weggespring met ...
27/09/2026

🌸 Eerste dag van Vakansiesorg! 🌸
Welkom terug aan al ons vakansiesorg-maaitjies! πŸ₯°πŸ’›
Ons het sommer lekker weggespring met ’n vrolike dag vol pret! 🎨🐯🦁🐘
Die maaitjies het kleurvolle maskers van verskillende diere ingekleur en daarna heerlik buite gespeel en die lekker lentesonnetjie geniet. β˜€οΈπŸŒΏ
Daar is min dinge so lekker soos klein handjies wat besig is, vrolike laggies en maaitjies wat weer saam speel. πŸ’•πŸŒˆ
Ons sien uit na ’n vakansie vol pret, speel, leer en mooi herinneringe! 🌼
🌸 Blommeland – waar klein hartjies groei. 🌸

19/09/2026

Click the link now and participate in this event.

Address

24 Koedoe Singel
Bethlehem
9700

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:30
Tuesday 06:30 - 17:30
Wednesday 06:30 - 17:30
Thursday 06:30 - 17:30
Friday 06:30 - 17:30

Telephone

+27624405300

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Blommeland Dagsorg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category