Elnatan Palm-ankers

Elnatan Palm-ankers Alle Oud Elnatan matriekleerlinge, sowel as enige oudonderwysers, -skoolhoofde en enige ander belang

Baie geluk aan Elize Haasbroek (matriek 2019) wie haar B.Ed graad in die Junior Primêre Fase aan die Internasionale Univ...
22/05/2026

Baie geluk aan Elize Haasbroek (matriek 2019) wie haar B.Ed graad in die Junior Primêre Fase aan die Internasionale Universiteit van Besigheid (IUM) met lof geslaag het. Privaatskool Elnatan is baie trots op wat jy vermag het. Welgedaan.

Baie geluk aan Imke Smith (matriek 2021) met haar B.Ed Intermediêre graad wat sy met onderskeiding verwerf het by NWU Po...
18/04/2026

Baie geluk aan Imke Smith (matriek 2021) met haar B.Ed Intermediêre graad wat sy met onderskeiding verwerf het by NWU Potchefstroom in 2025. Tans is sy besig met haar honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde ook by NWU. Welgedaan Imke. Privaatskool Elnatan is baie trots op jou. Sterkte ook met jou huidige studies verder.

08/04/2026
Om as suksesvolle volwassenes bo uit te kom, moet mens so begin. Dit lyk mos nou sommer na vet pret.
08/04/2026

Om as suksesvolle volwassenes bo uit te kom, moet mens so begin. Dit lyk mos nou sommer na vet pret.

In 2022 het Namibië se IEB-skole vir die eerste keer die nuwe IEB-ISC matriek eindeksamen geskryf – goedgekeur deur Stel...
07/04/2026

In 2022 het Namibië se IEB-skole vir die eerste keer die nuwe IEB-ISC matriek eindeksamen geskryf – goedgekeur deur Stellenbosch Universiteit se Eenheid vir Internasionale Akkreditasie (SU-IUC). Dit was ’n mylpaal: die Afrika kontinent se eerste eie Internasionale Skoolverlatersertifikaat.
Privaatskool Elnatan het sy merk gemaak met 4 leerlinge in die Top 10 van die land (no. 1, 2, 6 en 10) in daardie jaar en verskeie hoogste vakprestasies.
Teen 2025 het 4 van dié alumni hul grade CUM LAUDE verwerf en hul loopbane begin bou:
• Marion Botma – B.Comm Forensiese Ouditeurswese & CA, tans besig met Honneurs.
• Anja Spangenberg – B.Comm Forensiese Rekeningkunde en tans besig met haar Honneurs in dieselfde rigting.
• Dina-Mari Binneman – B.Comm CA.
• Thamari van der Merwe – B.Comm Bestuurswetenskappe, nou Honneurs in Gasvryheid & Toerisme by Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (NUST)
• Helé Visser – huidig in haar 4de jaar Aptekerswese, reeds gekies vir Meestersgraad by NWU
• Lazé de Klerk – Huidiglik in haar finale jaar B.Comm Logistics & Supply Chain Management by Stellenbosch Universiteit.
Ons eer ons onderwysers wat die fondament gelê het, en ons vier AL ons leerlinge wat met trots en deursettingsvermoë hul plek in die samelewing waar ook al in die wêreld, volstaan van die begin van Privaatskool Elnatan in 1992 tot nou.
TROTS ELNATAN

Baie geluk aan Anja Spangenberg (matriek 2022). Sy het haar B.Comm graad in Forensiese Rekeningkunde met onderskeiding b...
07/04/2026

Baie geluk aan Anja Spangenberg (matriek 2022). Sy het haar B.Comm graad in Forensiese Rekeningkunde met onderskeiding behaal by NWU Potchefstroom en is tans besig met haar Honneurs in Forensiese Ouditeurswese. Privaatskool Elnatan is baie trots op jou Anja. Sterkte met jou pad vorentoe. Ons kyk uit vir die volgende voltooide hoofstuk in jou sukses verhaal.

Thamari van der Merwe (matriek 2022) verwerf haar BComm graad in Bestuurswetenskappe(Bemarking en Toerismebestuur) met o...
27/03/2026

Thamari van der Merwe (matriek 2022) verwerf haar BComm graad in Bestuurswetenskappe(Bemarking en Toerismebestuur) met onderskeiding by NWU Potchefstroom. Baie geluk Thamari.

Sterkte met jou Honneurs in Gasvryheid en Toerisme by NUST waarmee jy nou besig is. Ons weet jy sal daarvan net so n groot sukses maak. Privaatskool Elnatan is trots op jou.

Baie geluk Marion Botma (matriek 2022) met jou graadverwerwing in Forensiese Ouditeurswese én CA aan NWU wat jy met onde...
26/03/2026

Baie geluk Marion Botma (matriek 2022) met jou graadverwerwing in Forensiese Ouditeurswese én CA aan NWU wat jy met onderskeiding slaag. Privaatskool Elnatan is baie trots op jou en het geweet jy sal dit met vlieënde vaandels regkry. Sterkte met jou Honneurs in CA waarmee jy tans besig is. Ons glo dit sal net so suksesvol afgehandel word.

Address

Rivier Straat
Stampriet

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elnatan Palm-ankers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Elnatan Palm-ankers:

Shortcuts

Share

Category