28/08/2026
ZASSIES VERWELKOM ONS NUWE ADJUNKHOOF
Dit is vir Zastron Gekombineerde Skool βn groot voorreg om mnr. Koot Joubert as ons nuwe adjunkhoof te verwelkom. Mnr. Joubert sluit op 1 September amptelik by die Zassie-familie aan.
Ons sien met groot opgewondenheid uit na die nuwe hoofstuk wat voorlΓͺ en vertrou dat sy kennis, ervaring en passie vir onderwys βn waardevolle bydrae tot ons skoolgemeenskap sal lewer.
Mnr. Joubert, mag u sommer vinnig tuis voel tussen ons leerders, personeel en ouers. Ons wens u alle voorspoed en seΓ«n toe met hierdie nuwe uitdaging en sien daarna uit om saam met u voort te bou aan die trotse tradisie van Zastron Gekombineerde Skool.
Baie welkom by die Zassie-familie, mnr. Joubert!