21/08/2026
Ons CCW van De Doorns, Olivia, het die Arts and Crafts-jeuggroep lekker besig gehou met verskillende speletjies en aktiwiteite. Die jeug het dit baie geniet en lekker saam pret gehad!
l l ゚ l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l MoreThan-MeerAs l Kinderfonds MAMAS l DGMT l The Do More Foundation l Engen SA
21/08/2026
Ons Touwsrivier jeugmeisies is met groot entoesiasme besig om pragtige handsakke te brei van repies geknipte lap. Hierdie kreatiewe aktiwiteit leer hulle nie net nuwe vaardighede nie, maar wys ook hoe iets eenvoudigs in iets besonders omskep kan word.⭐
l l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l Kinderfonds MAMAS l Engen SA l SEESA (Pty) Ltd l DGMT l The Do More Foundation l MoreThan-MeerAs l National Council of and for Persons with Disabilities l Provincial Minister Jaco Londt
20/08/2026
Ons CDA van Touwsrivier, Davidene, het hierdie week ’n waardevolle P4L Mamma’s-sessie aangebied met die tema “Vroue van God”.
Die sessie het gefokus op wie ons as vroue deur God se oë is – nie net as moeders, vrouens, dogters of versorgers nie, maar as vroue met doel, waarde, krag en ’n roeping van God.🌸
l l ゚ l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l MoreThan-MeerAs l Kinderfonds MAMAS l DGMT l The Do More Foundation l Engen SA
20/08/2026
Ons jeug seuns van Angel Care in Touwsrivier, is hard aan die werk!
Hulle geniet 'n lekker verfaktiwiteit en laat hul kreatiwiteit vrylik vloei. Ons is trots op elkeen se mooi poging. ⭐
l l l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l Kinderfonds MAMAS l Engen SA l SEESA (Pty) Ltd l DGMT l MoreThan-MeerAs l The Do More Foundation l National Council of and for Persons with Disabilities l Provincial Minister Jaco Londt
19/08/2026
Ons CDA van De Doorns, Amy-Lee, het opleiding ontvang en ook bewusmaking oor gestremdhede in die gemeenskap gedoen. Sy het die gemeenskap ingelig oor gestremdhede asook die verskeie dienste wat ons aan ons kliënte lewer.
l l ゚ l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l MoreThan-MeerAs l Kinderfonds MAMAS l DGMT l The Do More Foundation l Engen SA
19/08/2026
Roxanne het vir die eerste keer 'n toiletrolhouer gemaak as een van ons nuwe produkte, en sy het haarself werklik oortref! Ons kan skaars ons opgewondenheid bedwing oor alles wat voorlê vir die Saam-Staan Touwsrivier-span. Ons sien uit na al die nuwe produkte, idees en geleenthede wat nog op ons wag. 👏
l l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l Kinderfonds MAMAS l Engen SA l SEESA (Pty) Ltd l DGMT l The Do More Foundation l MoreThan-MeerAs l National Council of and for Persons with Disabilities l Provincial Minister Jaco Londt
18/08/2026
Ons CDA van Worcester, Maria Oudtshoorn, het bewusmaking gedoen aangesien Loslitdag om die draai is. Bewusmaking is by die Pep Stores-winkelsentrums in die dorp gedoen, en Loslitdag-plakkers is ook verkoop.
Baie dankie aan die bestuur, personeel en elke kliënt wat hierdie inisiatief ondersteun het. Saam bou ons aan ’n meer inklusiewe toekoms waar elke persoon tel.
l l ゚ l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l MoreThan-MeerAs l Kinderfonds MAMAS l DGMT l The Do More Foundation l Engen SA
18/08/2026
By ons dagsorg in Touwsrivier, Caring and Sharing, het die kinders tydens ’n prettige tafelaktiwiteit oor hul sintuie geleer. Hulle het verskillende items in die klaskamer ondersoek en dit volgens wat ons met ons oë kan sien of met ons ore kan hoor, in die regte emmer geplaas.
Die kinders het dit baie geniet en met groot entoesiasme aan die aktiwiteit deelgeneem! 🌸
l l ゚ l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l Kinderfonds MAMAS l MoreThan-MeerAs l The Do More Foundation l DGMT l SEESA (Pty) Ltd l Engen SA l National Council of and for Persons with Disabilities l Provincial Minister Jaco Londt
17/08/2026
Ons CDA van Rawsonville, Jessica, was hierdie week besig met nuwe opnames en gestremdheidsbewusmaking in die gemeenskap. Deur hierdie bewusmakingsinisiatief streef ons daarna om groter begrip, aanvaarding en ondersteuning vir persone met gestremdhede te bevorder en ’n positiewe verskil in ons gemeenskap te maak.
l l ゚ l l l l l l l l l
MAMAS Alliance l RCL FOODS l Masana wa Afrika l MoreThan-MeerAs l Kinderfonds MAMAS l DGMT l The Do More Foundation l Engen SA
17/08/2026
Take a deep breath, trust the process, and remember that small efforts repeated everyday lead to big results.