Willekind Skool Worcester

Willekind Skool Worcester Waar elke kleuter op 'n opvoedkundige ontdekkingsreis gaan. Ons fokus wel op skoolgereedheid, maar glo dat dit so interessant as moontlik aangebied moet word.

Ons verkies om so min as moontlik klasgebonde te wees en die leerproses in verskillende omgewings te fasiliteer.

🌿 Twee skole. Een organisasie. Twee unieke opvoedingsprogramme. 🌿Ons glo dat elke kind uniek is – en dat daar meer as ee...
22/09/2026

🌿 Twee skole. Een organisasie. Twee unieke opvoedingsprogramme. 🌿

Ons glo dat elke kind uniek is – en dat daar meer as een manier is om ’n kind se liefde vir leer te ontwikkel.

Daarom bied ons binne ons organisasie Willekind en Numeri Verba aan – twee onafhanklike skole, elk met sy eie identiteit en opvoedingsbenadering, maar albei gebou op ’n fondament van warmte, omgee en ’n liefdevolle omgewing waarin kinders veilig kan leer en groei. πŸ’š

🌴 WILLEKIND PRIVAATSKOOL
’n Warm en ondersteunende leeromgewing waar kleuters deur ontdekking, spel, interaksie en eerstehandse ervaring leer. Hier word nuuskierigheid aangemoedig en elke kind se natuurlike ontdekkingsdrang gekoester.

πŸ“š NUMERI VERBA
’n Warm, stimulerende leeromgewing met ’n sterk fokus op taal, syfervaardighede, ontdekking en doelgerigte leer – waar jong kinders met selfvertroue ’n stewige grondslag vir toekomstige leer ontwikkel.

✨ Twee unieke opvoedingsprogramme. Twee besondere leerervarings.

Maar dieselfde hart:
’n plek waar kinders geken, ondersteun en aangemoedig word om te leer, te ontdek en te groei.

Ouers kan nou kies uit twee opvoedingsprogramme – omdat elke kind anders leer, ontdek en ontwikkel.

🌿 Willekind – waar die opvoedkundige ontdekkingsreis begin.
πŸ“š Numeri Verba – waar taal en syfers nuwe moontlikhede ontsluit.

Vind die benadering wat by jΓ³ΓΊ kind pas.

#2027

Aan al ons Willekind Supermodelle - julle was fantasties! 😍Dankie ook aan al ons uitstallers en gaste vir julle teenwoor...
17/09/2026

Aan al ons Willekind Supermodelle - julle was fantasties! 😍

Dankie ook aan al ons uitstallers en gaste vir julle teenwoordigheid. Ons waardeer dit. 🩷

Juffrou Belle du Beer is reg vir die groot aand! Juffrou Belle du Beer woon met groot opgewondenheid Willekind se 5-jaar...
16/09/2026

Juffrou Belle du Beer is reg vir die groot aand!

Juffrou Belle du Beer woon met groot opgewondenheid Willekind se 5-jaar Modeparade & Modemark by!

Sy wens al ons supermodelle ’n fantastiese en suksesvolle mode-aand toe. Mag julle die loopplank laat blink, met selfvertroue straal en elke oomblik geniet!

Sterkte aan al ons klein supersterre – julle is gebore om te skitter!

✨ ’n Aand van Mode en G***s wag! ✨Kom geniet 'n aand van 'n pragtige modeparade deur ons 5-jariges, waar hulle in formel...
10/09/2026

✨ ’n Aand van Mode en G***s wag! ✨

Kom geniet 'n aand van 'n pragtige modeparade deur ons 5-jariges, waar hulle in formele drag Γ©n hul eie kreatiewe skeppings die loopplank betree! πŸ‘—πŸŽ©βœ¨

Kom kuier rustig deur ons Modemark en ontdek unieke produkte by ons uitstallers. πŸ›οΈπŸ’

πŸ—“οΈ Woensdag 16 September
πŸ•• 18:00 vir 18:30
πŸ“ WPS Skoolsaal, Krigestraat
🎟️ Toegang: R30 per persoon
πŸ‘¨β€πŸ‘©β€πŸ‘§ Slegs vir volwassenes en skoolgaande kinders vanaf Graad R

Bring jou familie, kom ondersteun ons klein modelle en maak saam met ons ’n spesiale aand van dit! πŸ’™πŸ’—

πŸ“ž Vir navrae: Sonel Derman – 076 612 6751

***s

06/09/2026

🌿 Aansoeke vir 2027 is nou oop! πŸ¦πŸ“šπŸ¦

Met groot opgewondenheid kondig ons aan dat aansoeke vir Numeri Verba 2027 amptelik oop is!

By Numeri Verba skep ons 'n verrykte leeromgewing waar taal-, lees- en wiskundeontwikkeling doelbewus deur spel, beweging, ontdekking en betekenisvolle leerervarings ontwikkel word. Ons glo daaraan om sterk fondasies te lΓͺ waarop kinders met selfvertroue kan groei.

✨ Vir Graad RRR (geboortedatum 2023) en Graad RR (geboortedatum 2022).

Indien jy graag meer oor ons program wil weet of 'n aansoekvorm wil ontvang, kontak gerus:

πŸ“ž Mari du Toit
078 368 4664

Ons sien daarna uit om saam met julle die eerste tree op 'n besonderse leerreis te gee. πŸ’œ

01/09/2026
❀️ **KENNIS WAT LEWENS KAN RED!** ❀️Die personeel van Willekind, Engelkind en Doceo Leersentrum het Saterdag die geleent...
30/08/2026

❀️ **KENNIS WAT LEWENS KAN RED!** ❀️

Die personeel van Willekind, Engelkind en Doceo Leersentrum het Saterdag die geleentheid gehad om waardevolle noodhulpopleiding deur Safe Kids te doen, aangebied deur Charlene van Tonder.

Dit was ’n wonderlike, insiggewende ervaring en die opleiding is op ’n besonder professionele, praktiese en interaktiewe manier aangebied.

Wanneer ons met kinders werk, is dit nie net belangrik om hulle te onderrig en te versorg nie β€” ons wil ook seker maak dat ons personeel voorbereid is om kalm en doeltreffend op te tree wanneer ’n noodgeval sou ontstaan.

Van KPR en verstikking tot die hantering van algemene beserings en ander noodsituasies β€” Safe Kids rus mense toe met waardevolle vaardighede en die selfvertroue om te weet wat om te doen wanneer elke sekonde tel.

Baie dankie aan Charlene van Tonder en Safe Kids vir ’n uitstekende opleiding en vir die belangrike werk wat julle doen om ouers, versorgers en opvoeders toe te rus met lewensreddende kennis.

Geniet die naweek.πŸ˜‚
21/08/2026

Geniet die naweek.πŸ˜‚

20/08/2026

✨ Uitstallers Gesoek!

Willekind se 5-Jariges se Modeparade beloof om 'n aand van mode en g***s te wees, en ons nooi uitstallers uit om deel te wees van hierdie besondere geleentheid!

Ons is op soek na besighede met produkte wat verband hou met die modebedryf, soos:
πŸ‘— Klere β€’ πŸ‘  Skoene β€’ πŸ’„ Skoonheidsprodukte β€’ πŸ’‡ Haarprodukte β€’ πŸ‘œ Toebehore en meer.

πŸ“ Beperkte uitstalruimte beskikbaar – bespreek betyds!

πŸ“ž Vir navrae:
Sonel Derman
076 612 6751

***s

Address

2 Distillery Road
Worcester
6850

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 09:00 - 17:30

Telephone

+27743204382

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Willekind Skool Worcester posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Willekind Skool Worcester:

Shortcuts

Share

Category