13/08/2026
💙 𝐖𝐄 𝐒𝐓𝐀𝐍𝐃 𝐓𝐎𝐆𝐄𝐓𝐇𝐄𝐑 𝐅𝐎𝐑 𝐌𝐑 𝐖𝐈𝐋𝐋𝐄𝐌! 💙
Mr Willem Coetzee, one of our beloved WPS teachers, is currently seriously ill in hospital with a life-threatening infection. Our thoughts and prayers are with him and his loved ones, and we wish him strength as he faces the difficult road to recovery. 🙏💙
As the WPS family, we would like to stand together and make a practical difference. That is why we are hosting a Civvies Day on Friday, 14 August, in support of Mr Willem.
👕 Learners may come to school in civvies.
💙 Donation: 𝐑𝟓 𝐩𝐞𝐫 𝐥𝐞𝐚𝐫𝐧𝐞𝐫
Every contribution, big or small, can help make a difference in the life of one of our own.
If you would also like to make a contribution, you can support Mr Willem’s BackaBuddy campaign here:
Help Willem Fight a Life-Threatening Infection – BackaBuddy
https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-willem-fight-a-life-threatening-infection
Let’s stand together. Let’s carry one another. Let’s make a difference. 💙
🙏 Stay strong, Mr Willem – the entire WPS family is behind you!
13/08/2026
💙 𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐓𝐀𝐀𝐍 𝐒𝐀𝐀𝐌 𝐕𝐈𝐑 𝐌𝐍𝐑. 𝐖𝐈𝐋𝐋𝐄𝐌! 💙
Mnr. Willem Coetzee, een van ons geliefde WPS-onderwysers, is tans baie ernstig siek in die hospitaal met ’n lewensbedreigende infeksie. Ons d**k aan hom en sy geliefdes en wens hom baie sterkte toe op die moeilike pad na herstel. 🙏💙
As die WPS-familie wil ons graag saamstaan en ’n praktiese verskil maak. Daarom hou ons Vrydag 14 Augustus, ’n Civviedag ten bate van Mnr. Willem.
👕 Leerders kan in gewone klere skool toe kom.
💙 Donasie: 𝐑𝟓 𝐩𝐞𝐫 𝐥𝐞𝐞𝐫𝐝𝐞𝐫
Elke bydrae, groot of klein, kan help om ’n verskil te maak in die lewe van een van ons eie.
Indien u ook graag ’n bydrae wil maak, kan u Mnr. Willem se BackaBuddy-fonds hier ondersteun:
Help Willem Fight a Life-Threatening Infection – BackaBuddy
https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-willem-fight-a-life-threatening-infection
Kom ons staan saam. Kom ons dra saam. Kom ons maak ’n verskil. 💙
🙏 Sterkte, Mnr. Willem – die hele WPS-familie staan agter jou!
12/08/2026
🏐 '𝐧 𝐆𝐨𝐞𝐢𝐞 𝐦𝐢𝐝𝐝𝐚𝐠 𝐯𝐚𝐧 𝐧𝐞𝐭𝐛𝐚𝐥! 🏐
Ons o. 10- tot o. 13-netbalmeisies het die geleentheid gehad om met hul C-, D- en E-spanne ‘n C-F netbalmiddag by Worcester Noord Primêre Skool by te woon. Robertson Laerskool en Bonnievale Laerskool is skole wat ook deel was van die middag. 🌟
It was a wonderful afternoon filled with netball, fun, teamwork and valuable experience. Each match gave our players the opportunity to learn, improve their skills and, most importantly, enjoy the game! 🏐❤️
Baie dankie aan Worcester Noord Primêre Skool vir ’n lekker middag van netbal. Ons sien uit na nog baie sulke geleenthede! 👏🏐
12/08/2026
♟️ 𝐒𝐤𝐚𝐚𝐤𝐩𝐫𝐞
'n Heerlike dag van skaak, strategie en nuwe vriendskappe! Ons was baie bly om ons gaste van FD Conradie hier in Worcester te verwelkom vir 'n skaakoefening. Met soveel jong talent sien ons beslis uit na nog vele skaakgevegte agter die bord! 🏆♟️
12/08/2026
💙 Lenny kuier graag by ons leerders, selfs wanneer hulle in die hospitaal is. Vandag het hy vir Christiaan kom besoek en ’n bietjie ekstra moed en ondersteuning gebring. 🐆💙
Sterkte Christiaan – ons wens jou ’n spoedige herstel toe! 🌟
11/08/2026
Juffrou Chrisna het vandag haar verjaarsdag gevier! Ons hoop juffrou het ‘n baie spesiale dag gehad. ⭐️🥳⭐️
11/08/2026
🌟 𝐕𝐚́𝐧 𝐖𝐏𝐒 𝐧𝐚 𝐝𝐢𝐞 𝐠𝐫𝐨𝐨𝐭 𝐯𝐞𝐫𝐡𝐨𝐨𝐠 - 𝐨𝐧𝐬 𝐢𝐬 𝐨𝐧𝐠𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟𝐥𝐢𝐤 𝐭𝐫𝐨𝐭𝐬! 🌟
Primêre Skool Worcester is besonder trots op twee van ons talentvolle leerders, Alese le Roux (gr. 6) en Jana Meyer (gr. 5), wat deel was van Worcester Gimnasium se musiekblyspel, Frozen . Alese vertolk die rol van jong Elsa, terwyl Jana die rol van jong Anna vertolk.
Ten spyte van 'n besige skoolprogram, het hierdie twee jong dames met toewyding, deursettingsvermoë en passie hul talente verder ontwikkel en die geleentheid aangegryp om deel te wees van 'n hoërskoolproduksie. Worcester Gimnasium het 'n lang tradisie van grootskaalse musiekblyspele wat jong kunstenaars die geleentheid gee om hul talent op die verhoog te ontwikkel.
Baie geluk, Alese en Jana! Julle verteenwoordig WPS met trots en is 'n inspirasie vir ons almal. ❄️💙
11/08/2026
𝐑𝐔𝐆𝐁𝐘
Caleb-John de Bruyn, D'Angelo Olivier en SP Stofberg is opgeneem in die o. 12-Worcester Rugbyspan wat vandag aan die Noord-Bolandproewe deelneem. Ons wens julle alle sukses en sterkte toe.
Glo in jouself!