Laerskool Worcester-Oos

Laerskool Worcester-Oos Facebook van Laerskool Worcester Oos
(1)

V A K A T U R E
01/10/2026

V A K A T U R E

01/10/2026
S P O R TInni-Vallei Krieketfees 🏏Laerskool Worcester-Oos het vanaf 23-26 September 2026, in samewerking met HTS Drostdy...
29/09/2026

S P O R T

Inni-Vallei Krieketfees 🏏

Laerskool Worcester-Oos het vanaf 23-26 September 2026, in samewerking met HTS Drostdy, die Inni-Vallei Krieketfees aangebied

Baie dankie aan elke betrokke personeellid, ouer en ondersteuner.

Ons bedank ook graag weer die Vallei Organies-groep (Vallei Organies) vir hulle volgehoue ondersteuning en betrokkenheid by hierdie toernooi.

Volg gerus die Inni-Vallei Krieketfees se blad vir volledige uitslae en inligting oor volgende jaar se toernooi. Inni-Vallei Krieketfees

Ons het vyf wedstryde gespeel waarvan ons twee gewen en drie verloor het. Ons eindig algeheel sesde in die toernooi.

Prestasies:
David-Joshua Vermeulen het ‘n totaal van 157 lopies aangeteken en hy neem ook ag paaltjies gedurende die Krieketfees.
Petrus Neethling en Joshua Olsen ontvang speler van die wedstryd-toekennings.

Ons is trots op ons krieketseuns en sien uit na die seisoen!

G R A A D  7 - T O E RDEEL 3
29/09/2026

G R A A D 7 - T O E R

DEEL 3

G R A A D  7 - T O E RDeel 2
29/09/2026

G R A A D 7 - T O E R

Deel 2

G R A A D  7 - T O E ROns graad 7-leerders het Kaapstad op ’n manier beleef wat beslis nie sommer vergeet sal word nie!V...
29/09/2026

G R A A D 7 - T O E R

Ons graad 7-leerders het Kaapstad op ’n manier beleef wat beslis nie sommer vergeet sal word nie!

Van verwondering en leer by die Cape Town Science Centre, die Iziko Museum en Kunsgallery en die Museum of Illusions, tot ongelooflike diere-ervarings by World of Birds en Giraffe House.

Ons het die wonders van die see ontdek by die Two Oceans Akwarium, die pragtige Kaapstad-hawe vanaf die water beleef tydens ons bootrit en natuurlik was daar hope pret en adrenalien by Rush en Wonderland Game Centre!

Tussen al die besienswaardighede, lag, opgewondenheid en avonture was daar iets nog mooier: ons graad 7’s wat saam herinneringe gemaak het wat hulle nog lank sal koester.

Ons harte is vol dankbaarheid vir ’n onvergeetlike toer en vir die voorreg om hierdie spesiale groep leerders se laaste laerskooljaar saam met hulle te kan vier.

Deel 1

S P O R TSkylor Ruiters het deelgeneem aan 'n interprovinsiale o. 12-rugbytoernooi waar hy die Boland verteenwoordig het...
29/09/2026

S P O R T

Skylor Ruiters het deelgeneem aan 'n interprovinsiale o. 12-rugbytoernooi waar hy die Boland verteenwoordig het.

Skylor en sy span het uiters goed gevaar tydens hierdie toernooi.

Ons is trots!

Address

Sutherland Street
Worcester
6850

Opening Hours

Monday 07:15 - 15:30
Tuesday 07:15 - 15:30
Wednesday 07:15 - 15:30
Thursday 07:15 - 15:30
Friday 07:15 - 13:45

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Worcester-Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Worcester-Oos:

Share