06/10/2026
AANDAG ALLE 4 - 5 EN 5 - 6 JARIGE MAATS
Hiermee nooi ons u en alle vier- tot sesjarige maats uit om te registreer om aan ons netbal-, hokkie- en rugbyvaardigheidskliniek deel te neem.
Hierdie geleentheid vind op Saterdag, 17 Oktober 2026 by WNPS - Johan Heÿl Sportgronde om 09:00 - 11:00 plaas. Hierna is die hele gesin welkom om te bly vir 'n gesellige bring-en-braai by ons onthaalarea.
Wat kan u van hierdie dag verwag?
- 'n dag propvol pret en ouderdomsgepaste vaardigheidsontwikkeling vir elke sportkode
- snoepie beskikbaar
- bederf vir elke deelnemer
- bring-en-braai na afloop van die oggend vir die hele gesin (bring jou eie verversings en braaivleis, die skool sal seker maak dat die vure al van vroeg af brand)
Vul asseblief die Google vorm in deur die onderstaande skakel te volg of die QR-kode te skandeer sodat ons u kind suksesvol kan registreer en verdere inligting via e-pos aan u kan kommunikeer. Registrasies sal op 9 Oktober 2026 sluit.
https://forms.gle/QsbDhhBo1XgP3Nad9
Hierdie dag is gratis vir alle deelnemers en toeskouers.
Ons sien baie daarna uit om weer al die kleuters en peuters by ons te verwelkom!