Hoërskool Montana - Worcester

Hoërskool Montana - Worcester Montiewees-is-'n-Fees
(1)

By Hoërskool Montana glo ons in voortdurende groei, nie net vir ons leerders nie, maar ook vir ons leiers! Ons bestuursp...
05/10/2026

By Hoërskool Montana glo ons in voortdurende groei, nie net vir ons leerders nie, maar ook vir ons leiers!

Ons bestuurspan het vandag ‘n waardevolle opleidingskursus by Universiteit van Kaapstad se Skoolontwikkelingseenheid bygewoon. Hierdie tipe voortgesette opleiding versterk ons span en help ons om voortdurend te verbeter.

💛💙
05/10/2026

💛💙

🏆 SUID-AFRIKAANSE KRAGOPTEL🏆Mnr. Tertius Nieuwoudt en Linka-Lee de Jager (gr. 11) het aan die Suid-Afrikaanse Kragoptel-...
04/10/2026

🏆 SUID-AFRIKAANSE KRAGOPTEL🏆

Mnr. Tertius Nieuwoudt en Linka-Lee de Jager (gr. 11) het aan die Suid-Afrikaanse Kragoptel-uitdunrondte deelgeneem. 💪

Albei het ’n 1ste plek in hul onderskeie afdelings behaal! 🥇🥇

’n Spesiale gelukwensing aan Linka-Lee, wat ook as die Junior van die Kompetisie aangewys is! 🌟

Welgedaan, mnr. Nieuwoudt en Linka-Lee! Ons is ongelooflik trots op julle en julle harde werk! 👏💪🏆

🏉 BOLAND IQHAWE-WEEK 🏉Jethro Willemse en Lyle Oppelt het van 27 September tot 1 Oktober 2026 aan die Boland Iqhawe-week ...
03/10/2026

🏉 BOLAND IQHAWE-WEEK 🏉

Jethro Willemse en Lyle Oppelt het van 27 September tot 1 Oktober 2026 aan die Boland Iqhawe-week deelgeneem, wat by HTS Drostdy aangebied is.

Die twee spelers het hul staal teen Grens, die Leeus en WP gewys en waardevolle ondervinding opgedoen. Hulle het ook die geleentheid gekry om nuwe vaardighede aan te leer en hul spel verder te ontwikkel.

Ons is ongelooflik trots op julle, Jethro en Lyle! 👏🏉💙
Hou aan groei, leer en jul beste gee!

🎉 Vandag is dit juf Amy Coetzee se beurt! 🎉Baie geluk met juffrou se verjaarsdag as 'n Montie! 🥳 Mag dit 'n heerlike dag...
02/10/2026

🎉 Vandag is dit juf Amy Coetzee se beurt! 🎉

Baie geluk met juffrou se verjaarsdag as 'n Montie! 🥳 Mag dit 'n heerlike dag propvol bederf wees.

Dankie vir alles wat juffrou in die kort tydjie by die skool al vir Montana en sy leerders beteken het. Dankie vir elke breë glimlag in die gang en die opregte belangstelling wat juffrou toon. ❤️

Juffrou is op soveel terreine betrokke – akademie, kultuur én sport – en het reeds ’n besonderse stempel op ons skool afgedruk. Ons hoop van harte dat juffrou nog baie lank deel van ons Montie-familie sal wees!

Mag die lewensjaar wat voorlê, gevul wees met baie geluk, mooi oomblikke, sukses en sommer net baie lekkerte. 🌸

Geniet juffrou se spesiale dag! 🎂💐
Ons waardeer juffrou! ❤️

👆 FYI 💙💛
29/09/2026

👆 FYI 💙💛

🎉 Vandag verjaar mnr Sacco! 🎉Baie geluk met meneer se verjaarsdag! 🥳 Ons hoop die dag is propvol bederf. Geniet hierdie ...
26/09/2026

🎉 Vandag verjaar mnr Sacco! 🎉

Baie geluk met meneer se verjaarsdag! 🥳 Ons hoop die dag is propvol bederf. Geniet hierdie spesiale dag saam met meneer se familie en vriende. ❤️

Baie dankie vir alles wat meneer vir die Monties beteken – op akademiese én sportgebied. Meneer se passie, toewyding en betrokkenheid maak ’n groot verskil. Die kinders is baie lief vir meneer! 🏆📚

Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met baie geluk, gesondheid en mooi oomblikke.

Geniet meneer se dag! 🎂🎈

🌟 Elite Fontie-bederfdag 🌟10 van Montana se graad 11-leerders het op Dinsdag, 22 September 2026, ’n heerlike dag by Akad...
26/09/2026

🌟 Elite Fontie-bederfdag 🌟

10 van Montana se graad 11-leerders het op Dinsdag, 22 September 2026, ’n heerlike dag by Akademia in die Paarl beleef. Hulle het die geleentheid gekry om eerstehands te ervaar hoe dit voel om ’n Fontie te wees! 🎓💙

Die dag was gevul met interessante en insiggewende praatjies, heerlike kos en natuurlik ’n spesiale bederfpakkie. 🎁

Baie dankie aan Akademia dat ons deel van hierdie besondere dag kon wees. Ons waardeer die geleentheid opreg! 🌟

🏃‍♀️🏃‍♂️ F**T School se eerste atletieksessie! 🏅Op Maandag, 21 September 2026, het F**T School die eerste atletieksessie...
24/09/2026

🏃‍♀️🏃‍♂️ F**T School se eerste atletieksessie! 🏅

Op Maandag, 21 September 2026, het F**T School die eerste atletieksessie van die seisoen aangebied. Die atlete het dit baie geniet en ook nuwe vaardighede aangeleer! 🌟

Ons sien baie uit na ’n wonderlike atletiekseisoen saam met julle! 💪🏆

Baie dankie aan Advanced Health Worcester vir die heerlike bederfpakkie wat vandag aan elke personeellid gegee is! 🎁💐Ons...
24/09/2026

Baie dankie aan Advanced Health Worcester vir die heerlike bederfpakkie wat vandag aan elke personeellid gegee is! 🎁💐

Ons waardeer hierdie besondere gebaar opreg. Dit het ons dag sommer ekstra spesiaal gemaak! ❤️

Baie dankie vir julle omgee en waardering. 🌷

Address

Kluestraat
Worcester
6850

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27233470476

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Montana - Worcester posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Montana - Worcester:

Share

Category