Beleef HTS Drostdy

Beleef HTS Drostdy "Drostdy is 'n belewenis!" Ons wil graag al ons ouers, oudskoliere, vriende, ens. op hoogte hou.
(220)

GELUKKIGE WÊRELDONDERWYSERSDAG Wêreldonderwysersdag op die laaste dag van die vakansie... Toeval? Ons is nie heeltemal o...
05/10/2026

GELUKKIGE WÊRELDONDERWYSERSDAG

Wêreldonderwysersdag op die laaste dag van die vakansie... Toeval? Ons is nie heeltemal oortuig nie.

Wêreldonderwysersdag het vandag 60 jaar gelede ontstaan. Die ILO/UNESCO-aanbeveling veg reeds sedert 1966 vir onderwysers se regte, beter werksomstandighede en professionele status en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om óns onderwysers te vier.

Agter elke les, elke wedstryd, elke produksie, elke prestasie en elke leerder wat net daardie ekstra bietjie aanmoediging nodig het, is daar ’n onderwyser wat veel meer gee as wat op enige posbeskrywing staan.

Aan ons Drostdy-onderwysers: geniet die laaste paar uur van die vakansie! Dankie vir wat julle doen, vir wie julle is en vir die verskil wat julle elke dag maak. Júlle is ’n belewenis!

TONEELAANDDatum: Maandag, 5 Oktober 2026Tyd: 18:30Plek: Kultuursentrum (Ou biblioteek)Kom geniet 'n aand met twee toneel...
04/10/2026

TONEELAAND

Datum: Maandag, 5 Oktober 2026
Tyd: 18:30
Plek: Kultuursentrum (Ou biblioteek)

Kom geniet 'n aand met twee toneelstukke en items van leerders wat dié jaar aan die eisteddfod deelgeneem het. Kaartjies beskikbaar op Sticcit by die skakel in ons story.

Moenie hierdie een misloop nie.

INNI-VALLEI-KRIEKETFEES - UITSLAEBaie geluk aan ons dogterskrieketspan wat tydens die Inni-Vallei-krieketfees 'n 3de ple...
29/09/2026

INNI-VALLEI-KRIEKETFEES - UITSLAE

Baie geluk aan ons dogterskrieketspan wat tydens die Inni-Vallei-krieketfees 'n 3de plek behaal het. Ons is baie trots op hulle en sien uit na die seisoen wat voorlê.

SA RUGBY - O. 16-EPDOns is baie trots op mnr. Jeff Fransman, wat genooi is om deel te wees van SA Rugby se o.16-EPD (Ear...
29/09/2026

SA RUGBY - O. 16-EPD

Ons is baie trots op mnr. Jeff Fransman, wat genooi is om deel te wees van SA Rugby se o.16-EPD (Early Player Development)-kamp, wat van 26 September tot 2 Oktober in die Paarl plaasvind.

Mnr. Fransman sal gedurende die kamp sy kennis en kundigheid met die jong spelers deel.

Ons is bevoorreg om ’n afrigter van sy kaliber en ervaring in ons span te hê. Baie geluk, mnr. Fransman! Ons wens u alle sukses toe met hierdie besondere geleentheid.

JUNIORDINEEOp 22 September was een van die graad 8's en 9's se hoogtepunte op die kalender - die jaarlikse juniordinee b...
28/09/2026

JUNIORDINEE

Op 22 September was een van die graad 8's en 9's se hoogtepunte op die kalender - die jaarlikse juniordinee by Bergland Estate Venue. Baie dankie aan Almarie Ramsauer en Martie Linde wat gesorg het vir die lekker kos, Aan De Doorns vir die druiwesap en aan oudskolier Stiaan Mong, beter bekend as DJ Blue Ice, vir die lekker musiek.

Volgende jaar maak ons weer so!

📷 Juf. Olga Grunder

SASN-FAST 5 NASIONALE KAMPIOENSKAPOns o. 15-Fast 5-netbalspan het die naweek in Boksburg aan die SA Fast 5-toernooi deel...
28/09/2026

SASN-FAST 5 NASIONALE KAMPIOENSKAP

Ons o. 15-Fast 5-netbalspan het die naweek in Boksburg aan die SA Fast 5-toernooi deelgeneem .

Die meisies het ses van hul agt wedstryde gewen en ’n fantastiese 9de plek uit 24 spanne behaal!

Ons uitslae:
• Grootdrink – Wen 37 – 14
• Witteberg – Wen 25 – 20
• Bergsig – Verloor 24 – 25
• Menlo – Verloor 25 – 33
• Ben Vorster – Wen 34 – 31 ná ekstra tyd!
• Framesby – Wen 30 – 24
• Pearson – Wen 22 – 21
• Capricorn – Wen 21 - 18

Die wedstryd teen Ben Vorster, wat in ekstra tyd met 34 – 31 gewen is, was beslis een vir die boeke!

Ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie meisies. Hulle het deurgaans karakter, deursettingsvermoë, spanwerk en ongelooflike veggees gewys.

Baie geluk, meisies! Julle is ’n groep om dop te hou!

VAKATURES 2027Sien die aangehegde advertensie en deel gerus hierdie plasing.Sluitingsdatum: Vrydag, 16 Oktober 2026 om 1...
28/09/2026

VAKATURES 2027

Sien die aangehegde advertensie en deel gerus hierdie plasing.

Sluitingsdatum: Vrydag, 16 Oktober 2026 om 12:00.

HOLLYWOOD FOUNDATION IQHAWE-WEEKHTS Drostdy is trots om die gasheer van die Hollywood Foundation Iqhawe Week in samewerk...
27/09/2026

HOLLYWOOD FOUNDATION IQHAWE-WEEK

HTS Drostdy is trots om die gasheer van die Hollywood Foundation Iqhawe Week in samewerking met SA Rugby Legends te wees.

Dit is vir ons ’n besondere voorreg om deel te wees van ’n week wat soveel meer as net rugby bied. Iqhawe Week bring jong rugbyspelers, afrigters en rugbylegendes bymekaar met die doel om jongmense deur sport te ontwikkel, te inspireer en waardevolle lewenslesse te leer.

Ons sien uit daarna om ons skool en ons dorp se bekende gasvryheid met almal te deel.

Wedstryde vind van Maandag, 27 September tot Donderdag, 1 Okotber plaas. Toegang is gratis.

Hollywood Foundation

KRIEKETUITSLAE: 17 - 19 SEPTEMBER 2026
26/09/2026

KRIEKETUITSLAE: 17 - 19 SEPTEMBER 2026

25/09/2026

B E P A L I N G S: 25 September

Address

Somersetstraat 40
Worcester
6850

Opening Hours

Monday 07:25 - 14:00
Tuesday 07:25 - 14:00
Wednesday 07:25 - 14:00
Thursday 07:25 - 14:00
Friday 07:25 - 14:00

Telephone

+27233422320

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Beleef HTS Drostdy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Beleef HTS Drostdy:

Shortcuts

Share

Category