Riverview Primêr Skool

Riverview Primêr Skool Ons skoolleuse : Scientia est Lux "Kennis bring lig"
(Die strewe na kennis om die duisternis van onkunde te breek.)

E R K E N N I N GNóg ‘n bewys dat harde werk raak gesien en beloon word. Saterdag, 03 Oktober 2026, het Me. Roux ‘n toek...
05/10/2026

E R K E N N I N G

Nóg ‘n bewys dat harde werk raak gesien en beloon word.

Saterdag, 03 Oktober 2026, het Me. Roux ‘n toekening ontvang vanaf die Lwazi Enrichment Program Inisiatief vir haar positiewe bydrae tot die onderwys professie.

Me. Roux se storie is een van volharding, toewyding en gehoorsaamheid. Sy dien as inspirasie vir baie en leef haar passie vir onderwys volkome uit.

Ons is saam met Me. Roux trots op die toekenning wat sy ontvang het.

Riverview Liefde 🤍❤️💛

S K O O L  H E R O P E NDie eerste dag van Kwartaal 4 is op ons drumpel. Na ‘n kort vakansie maak ons gereed om skool te...
05/10/2026

S K O O L H E R O P E N

Die eerste dag van Kwartaal 4 is op ons drumpel. Na ‘n kort vakansie maak ons gereed om skool te hervat en die laaste deel van die jaar aan te pak.

Neem kennis van die volgende belangrike inligting:

🍎 Ons volg somer skooltye. Die skool begin dus om 07:30. Maak seker van die verdaag tye (op foto) en tref asseblief die nodige reëlings in verband met vervoer en toesig vir kind(ers).

🍎 ‘n Baie kort en besige kwartaal lê voor. Leerders moet gereeld in die skool wees. Alle skryfbehoeftes en -boeke moet vanaf dag een saamgebring word.

🍎 Alle leerders moet netjies in skooldrag geklee wees.

🍎 Onthou ook dat die skool vroeër verdaag op:
Woensdag, 07 Oktober - 13:15
Donderdag, 08 Oktober - 13:00

🍎Ouer afsprake sal per uitnodiging gedoen word (12 Oktober - 19 Oktober).

Ons sien uit daarna om ons leerders terug te verwelkom en om die kwartaal met nuwe energie en toewyding aan te pak.

Riverview Liefde 🤍❤️💛

📝📚✏️ONDERWYSERSDAG ✏️📚📝Geseënde onderwysersdag aan alle opvoeders! U harde werk en toewyding word waardeer. ❤💛🤍Riverview...
05/10/2026

📝📚✏️ONDERWYSERSDAG ✏️📚📝

Geseënde onderwysersdag aan alle opvoeders! U harde werk en toewyding word waardeer.

❤💛🤍Riverview liefde❤️💛🤍

02/10/2026

🌟 Waarde van die Maand: OKTOBER – EERLIKHEID 🌟

By Riverview Primêr glo ons dat eerlikheid die grondslag van vertroue, respek en goeie karakter vorm. Wanneer ons eerlik is, bou ons sterk verhoudings met mekaar en skep ons 'n veilige en positiewe skoolomgewing waar almal kan groei en floreer.

Wat beteken eerlikheid vir ons?

✅ Ek praat die waarheid, selfs wanneer dit moeilik is.
✅ Ek neem verantwoordelikheid vir my foute.
✅ Ek gee my eie werk in en vermy oneerlike optrede.
✅ Ek behandel ander met opregtheid en respek.
✅ Ek hou by my woord en doen wat ek belowe.
✅ Ek rapporteer onreg of verkeerde gedrag op 'n verantwoordelike manier.
✅ Ek erken wanneer iemand anders reg is.
✅ Ek is eerlik in sport, speletjies en kompetisies.
✅ Ek wys integriteit, selfs wanneer niemand kyk nie.
✅ Ek kies altyd om die regte ding te doen.

Hoe kan ons eerlikheid by Riverview toepas?

🍎 Vertel die waarheid aan onderwysers en maats wanneer iets gebeur het.
📚 Doen jou eie take en assesserings.
🤝 Wees opreg in jou vriendskappe.
⚽ Speel volgens die reëls tydens sport en speletjies.
📝 Erken jou foute en leer daaruit.
💬 Praat met respek en vermy skinder of vals gerugte.
🌱 Wees 'n voorbeeld vir ander deur altyd eerlik op te tree.

"Eerlikheid is die eerste hoofstuk in die boek van wysheid."

Kom ons werk saam om gedurende Oktober eerlikheid in elke klaskamer, op die sportveld en in ons daaglikse optrede te wys. Met eerlikheid bou ons vertroue, en met vertroue bou ons 'n sterker Riverview Primêr! 💛❤️

U L T I M A T E  R A T E L  B A S H🔥 TICKETS ARE SOLD OUT! 🔥We’ve officially reached the point where ALL PRE-SOLD TICKET...
01/10/2026

U L T I M A T E R A T E L B A S H

🔥 TICKETS ARE SOLD OUT! 🔥

We’ve officially reached the point where ALL PRE-SOLD TICKETS ARE SOLD OUT! 🙌🏽🔥

BUT… the party is NOT SOLD OUT! 🎉
If you didn’t manage to get a pre-sold ticket,

DON’T STAY HOME! You can still come through and PAY R150 CASH AT THE GATE. 💰🚪

📍 Riverview Primary
🕒 Gates open: 3PM
🎟️ Gate entry: R150
🧊 Coolerbox fee: R30
🚙 Parking : R20

So spread the word — PRE-SOLD TICKETS ARE SOLD OUT, BUT GATE PAYMENTS ARE STILL AVAILABLE!

🔥 Ultimate Ratel Bash — LET’S GOOOOO!🔥

Thank you for your loyal support Riverview Fam!

U L T I M A T E  R A T E L  B A S HNeem kennis van die volgende reëls en regulasies.Baie dankie vir u samewerking. 🎶💜🎶💜🎶...
30/09/2026

U L T I M A T E R A T E L B A S H

Neem kennis van die volgende reëls en regulasies.

Baie dankie vir u samewerking.

🎶💜🎶💜🎶💜

🔥🎉 ULTIMATE RATEL BASH 🎉🔥📅 03 Oktober 2026Ons vendors is reg om julle te bederf! 😋🛍️Kom geniet ’n heerlike verskeidenhei...
30/09/2026

🔥🎉 ULTIMATE RATEL BASH 🎉🔥

📅 03 Oktober 2026

Ons vendors is reg om julle te bederf! 😋🛍️

Kom geniet ’n heerlike verskeidenheid kos, lekkernye, drankies en ander items wat deur ons vendors aangebied word. 🌭🥤🍿🍫

Maak seker jou beursie is gereed en kom ondersteun ons vendors.

🎶 Musiek • Kos • Pret • Vermaak • Vibes 🎶

📍 Riverview Primêr

U L T I M A T E  R A T E L  B A S H3 days to gooooo!🎶💜🎶💜
30/09/2026

U L T I M A T E R A T E L B A S H

3 days to gooooo!

🎶💜🎶💜

Address

Swart Street
Worcester
6849

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Riverview Primêr Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Riverview Primêr Skool:

Shortcuts

Share

Category