05/10/2026
Liewe Ouers/ Voogde en Leerders
Die laaste kwartaal van die jaar het aangebreek. Ons hoop dat almal opgewonde en vol ywer is vir die laaste pylvak!
Neem graag kennis van die volgende belangrike inligting.
• Die skool begin stiptelik om 07:30 vir leerders.
• Ouers word versoek om leerders by die skoolhek af te laai en nie verder op die skoolterrein na die klasse te beweeg nie.
• Geen ouers word toegelaat om leerders na hul klasse te vergesel nie, aangesien dit help om die skooldag rustig en betyds te laat begin.
• Alle leerders moet netjies en korrek in die voorgeskrewe skooluniform geklee wees. (Mussies, kappietops, onvoorgeskrewe klere en ander items wat nie deel van die skooluniform is nie, word STRENG nie toegelaat nie.)
Ons waardeer elke ouer se samewerking om hierdie reëls konsekwent toe te pas en sodoende ’n veilige, ordelike en professionele skoolomgewing by Victoriapark Primêr te bevorder.
Groete,
VPP LIEFDE💙💛🤍