30/10/2025
Brain Tribe het verlede week by ons skool kom kuier!
Brain Tribe is 'n program wat sielkunde, emosionele intelligensie en neurowetenskap gebruik om kinders te help om emosionele bevoegdheid te ontwikkel deur middel van prettige wetenskapgebaseerde stories en aktiwiteite. Baie van ons leerders sukkel met woede, depressie en onsekerheid. Dit is so belangrik dat ons kinders leer hoe om hul emosies te beheer.
Ons wil graag vir Brenn-O-Kem bedank wat dit moontlik gemaak het vir ons skool om deel te kon wees van so 'n wonderlike program. Ons wil ook die wonderlike aanbieders van Brain Tribe bedank, oom Manie en oom Cornelius. Ons leerders het regtig hierdie program baie geniet en het so baie geleer. Sterkte met u werksaamhede.
God seën! 🙏