Little Red Barn Daycare & Aftercare

Little Red Barn Daycare & Aftercare Little red barn is a daycare & aftercare. Little red barn is based on interaction with animals

LITTLE RED BARN se  7de Verjaarsdag!
01/09/2026

LITTLE RED BARN se 7de Verjaarsdag!

7 Jaar vandag!!Baie laggies en baie memories!!!
01/09/2026

7 Jaar vandag!!
Baie laggies en baie memories!!!

Ons skool  is 7 Jaar oud vandag en dis lentedag!!
01/09/2026

Ons skool is 7 Jaar oud vandag en dis lentedag!!

LITTLE RED BARN7JAAR VANDAG!!Vandag staan ek met ’n hart wat oorloop van dankbaarheid en trots!! 7 jaar!! Ek kan amper n...
01/09/2026

LITTLE RED BARN
7JAAR VANDAG!!

Vandag staan ek met ’n hart wat oorloop van dankbaarheid en trots!!

7 jaar!! Ek kan amper nie glo ons het hierdie ongelooflike mylpaal bereik nie. Sewe jaar van droom, bou, leer, huil, lag, bid, hard werk en elke dag weer probeer om vir ons kinders die beste te gee en te doen!!

Wanneer ek terugkyk, besef ek net weer hoe getrou die Here was.
Little Red Barn is nie net my skool nie dit is iets wat ek glo die Here vir my in my hart geplant het.
Sy hand was deur elke moeilike dag, elke besluit, elke uitdaging en elke oorwinning.

Ek kon dit nooit alleen doen nie.

Aan my wonderlike personeel!
Baie dankie dat julle saam met my droom. Dankie vir julle harde werk, julle liefde vir die kinders, julle geduld en vir elke keer wat julle net nóg ’n bietjie meer gee. Julle is kosbaar vir my.

Aan my wonderlike ouers, dankie vir julle vertroue. Dankie dat julle julle kosbaarste besittings, julle kinders, aan ons toevertrou. Dankie vir julle ondersteuning, julle liefde en omdat julle deel is van die Little Red Barn-familie. 🌸

En aan my pragtige kinders, julle is die rede waarom ons elke oggend ons deure oopmaak. 🥰
Julle klein handjies, vuil voetjies, groot glimlagte, laggies, drukkies en unieke persoonlikhede vul hierdie plek met lewe. Julle maak Little Red Barn wat dit is.

My gebed is dat ons nog baie, baie jare sal hê. Dat nog honderde klein mensies deur ons hekke sal stap, hier sal speel, leer, groei en geliefdes sal voel.

Mag die Here altyd Sy hand oor Little Red Barn hou.
Mag Hy ons beskerm, ons lei, ons wysheid gee en ons skool gebruik om ’n verskil in elke kind se lewe te maak.

30/08/2026

Die skapie klas maats het hierdie aktiwiteit vreeslik geniet. Hulle het aan bou van spierkrag, agteruitloop, liggaamsbewustheid en probleem oplossing gewerk. 😃

Baie geluk met jou 5 de verjaardag Theané. 🎉😃
30/08/2026

Baie geluk met jou 5 de verjaardag Theané. 🎉😃

Die maats het Hard gekonsentreer! Skapie maats het fynmotoriese vaardighede en hand-oog koördinasie gebou. ✏️
30/08/2026

Die maats het Hard gekonsentreer!

Skapie maats het fynmotoriese vaardighede en hand-oog koördinasie gebou. ✏️

Tema Planete!!Die skapie maats het hul eie ruimteringe en planete gemaak. Hulle het ook elke planeet se naam geleer en d...
30/08/2026

Tema Planete!!

Die skapie maats het hul eie ruimteringe en planete gemaak. Hulle het ook elke planeet se naam geleer en dat ons net 8 planete het. 🚀🎨

30/08/2026

Tema Planete!

Mercuruis, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saternus, Uranus en Neptinus 😃

Vandag was RJ ons Skapie klas se bakkerman👨‍🍳. Baie dankie RJ se Mamma  vir die lekker eetgoedjies. Die maats het vreesl...
30/08/2026

Vandag was RJ ons Skapie klas se bakkerman👨‍🍳. Baie dankie RJ se Mamma vir die lekker eetgoedjies. Die maats het vreeslik lekker geëet. 🧃🍬🧁

Address

Wolmaransstad

Opening Hours

Monday 07:00 - 18:00
Tuesday 07:00 - 18:00
Wednesday 07:00 - 18:00
Thursday 07:00 - 18:00
Friday 07:00 - 18:00

Telephone

+27835381868

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Little Red Barn Daycare & Aftercare posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Little Red Barn Daycare & Aftercare:

Shortcuts

Share

Category