CVO Wolmaransstad Privaat Skool

CVO Wolmaransstad Privaat Skool Volkseie, Christelike kwaliteit onderrig in Afrikaans. Waar ons kinders van onskatbare waarde is.

Baie dankie aan Pastoor Maartin en Tannie Carina Conradie wat altyd met soveel liefde en vreugde God se Woord aan ons ki...
27/08/2026

Baie dankie aan Pastoor Maartin en Tannie Carina Conradie wat altyd met soveel liefde en vreugde God se Woord aan ons kinders kom oordra.

Vandag was daar lekker gelag, gedans en saam gekuier! Spot die hond en Ursula die uil het natuurlik ook kom inloer en groot vreugde gebring. 🐶🦉

Dankie dat julle op so ’n besondere manier geestelike waarhede in ons kinders se harte saai.

“Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap; kom voor Hom met gejubel!” — Psalm 100:1–2

Mag ons kinders altyd weet dat dit ’n vreugde is om die Here te ken, lief te hê en te dien. ❤️

Lekker verjaar Juffrou Madelein
10/08/2026

Lekker verjaar Juffrou Madelein

Gelukkige Vrouedag🌷🫶🏻
09/08/2026

Gelukkige Vrouedag🌷🫶🏻

07/08/2026

21 Augustus 2026. Vrydagaand🎉
Jy bring die geselskap… ons bring die opwinding! 🐦✨

Baie dankie, Juffrou Ancia, dat jy vir ons kinders so ’n interessante klas oor morfologie kom aanbied het. Ons waardeer ...
07/08/2026

Baie dankie, Juffrou Ancia, dat jy vir ons kinders so ’n interessante klas oor morfologie kom aanbied het. Ons waardeer dit opreg en die kinders het dit baie geniet!

Hiermee word André Swanepoel vereer vir sy besondere groei, deursettingsvermoë en die wyse waarop hy as leier na vore ge...
06/08/2026

Hiermee word André Swanepoel vereer vir sy besondere groei, deursettingsvermoë en die wyse waarop hy as leier na vore getree het. Jou harde werk, positiewe ingesteldheid en bereidheid om te leer en te lei, maak jou werklik besonders.

Jy het nie net gegroei nie, maar ook ander geïnspireer deur wie jy is en hoe jy optree. Dit is duidelik dat jy jou plek as leier verdien het.

Ons is baie trots op jou.

Hiermee wil ons die volgende deelnemers geluk wens wat deur is na BCVO se Nasionale Redenaars 2026. • Imke le Roux• Rode...
06/08/2026

Hiermee wil ons die volgende deelnemers geluk wens wat deur is na BCVO se Nasionale Redenaars 2026.

• Imke le Roux
• Rode Scholtz
• Mine Scholtz
• André Swanepoel
• Matthew du Preez
• Jandré Maree

Ons is besonder trots op hierdie leerders.

Ons bors staan so breed soos ’n haan in die oggendson! 😄 Ons redenaarskinders het absoluut geskitter – welgedaan, julle ...
01/08/2026

Ons bors staan so breed soos ’n haan in die oggendson! 😄 Ons redenaarskinders het absoluut geskitter – welgedaan, julle 6!

En dan het ons Gr.7’s sommer nog onvoorbereide temas ook baasgeraak… dis next level!

Jandré Maree - Gr.7
André Swanepoel - Gr.7
Matthew du Preez - Gr.7
Rodé Scholtz - Gr.4
Miné Scholts - Gr. 3
Imke le Roux - Gr.3

Baie geluk aan ons leerders wat op 1 Augustus aan die streek redenaars deelneem en ons skool verteenwoordig! Ons is trot...
30/07/2026

Baie geluk aan ons leerders wat op 1 Augustus aan die streek redenaars deelneem en ons skool verteenwoordig! Ons is trots op elkeen van julle. Julle harde werk en moed om voor ander te praat, wys ware karakter. Ons wens julle alle sterkte toe, gaan wys wat in julle steek!

Jandré Maree
Matthew du Preez
André Swanepoel
Rodé Scholtz
Imke le Roux
Miné Scholtz

Address

49 Bornmanstraat
Wolmaransstad
2630

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:00

Telephone

+27185961135

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CVO Wolmaransstad Privaat Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to CVO Wolmaransstad Privaat Skool:

Share

Category