Groenberg Primary

Groenberg Primary Die Beste Plek om te wees.

Baie dankie aan al ons Graad 2 ouers vir julle wonderlike ondersteuning tydens Markdag! Julle betrokkenheid en moeite he...
14/04/2026

Baie dankie aan al ons Graad 2 ouers vir julle wonderlike ondersteuning tydens Markdag! Julle betrokkenheid en moeite het die dag besonders gemaak. Ons maatjies was oorstelp van opgewondenheid en het dit terdeë geniet om winkeltjie-winkeltjie te speel. Dit was ’n groot hoogtepunt vir hulle.
Ons waardeer julle volgehoue ondersteuning opreg. Dit maak ’n groot verskil in ons leerders se skoolervaring! 🌟

LEERDERERKENNING, WEEK 1: NETHEIDBaie geluk aan ons leerders wat erkenning ontvang het vir hul netheid in en buite die k...
13/04/2026

LEERDERERKENNING, WEEK 1: NETHEID

Baie geluk aan ons leerders wat erkenning ontvang het vir hul netheid in en buite die klas! Julle wys trots in julle skool en respek vir julle omgewing deur altyd netjies en verantwoordelik op te tree. Onthou, klein dade soos om rommel op te tel en julle werkplek skoon te hou, maak ’n groot verskil. Hou so aan—julle stel ’n pragtige voorbeeld vir ander! 🌿✨

13 April 2026BESTE VORDERING VIR KWARTAAL 1.Baie geluk aan ons leerders wat die beste vordering in kwartaal 1 getoon het...
13/04/2026

13 April 2026
BESTE VORDERING VIR KWARTAAL 1.

Baie geluk aan ons leerders wat die beste vordering in kwartaal 1 getoon het! Julle harde werk, deursettingsvermoë en positiewe ingesteldheid het regtig vrugte afgewerp. Julle wys vir ons dat sukses nie net oor talent gaan nie, maar oor aanhou probeer en nooit moed opgee nie. Hou aan glo in julleself. Hierdie is net die begin van nog groter prestasies! 🌟

28/03/2026

Einde van kwartaal 1:

Aan die einde van hierdie kwartaal wil ons net ’n oomblik neem om dankie te sê vir elke leerder en onderwyser se harde werk, deursettingsvermoë en positiewe gesindheid. Dit was nie altyd maklik nie, maar julle het aangehou en julle beste gegee.

Ons is trots op elkeen van julle, nie net vir akademiese prestasies nie, maar ook vir die waardes wat julle elke dag uitleef: respek, samewerking en omgee vir mekaar.

Mag hierdie vakansie ’n tyd van rus, herstel en vreugde wees. Kom veilig terug, gereed vir nuwe geleenthede en uitdagings in die volgende kwartaal.

Geniet elke oomblik en bly veilig! 🌟

Baie geluk aan die leerders wat hierdie week die waarde behulpsaamheid so mooi uitgebeeld het. Julle was bereid om ander...
18/03/2026

Baie geluk aan die leerders wat hierdie week die waarde behulpsaamheid so mooi uitgebeeld het. Julle was bereid om ander te help, vriendelik op te tree en ondersteuning te gee waar dit nodig was. ’n Hulpvaardige leerder maak nie net die klas beter nie, maar ook die hele skool ’n gelukkiger plek. Ons is baie trots op julle positiewe gesindheid en goeie voorbeeld. Hou aan om altyd om te gee vir ander. ⭐👏

9 MAART 2026Baie geluk aan die leerders wat hierdie week erkenning ontvang het vir hul uitstekende vordering in Wiskunde...
09/03/2026

9 MAART 2026

Baie geluk aan die leerders wat hierdie week erkenning ontvang het vir hul uitstekende vordering in Wiskunde! Ons is trots op julle harde werk, deursettingsvermoë en die moeite wat julle doen om elke dag te verbeter. Julle wys vir ons dat oefening en ’n positiewe houding regtig ’n verskil maak. Hou aan om julle beste te gee – elke klein tree vorentoe is ’n groot oorwinning!

05/03/2026

5 Maart 2026: WATERVEILIGHEID

Baie dankie aan die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) vir hul waardevolle besoek aan ons skool en vir die insiggewende praatjie oor waterveiligheid.
Ons leerders het baie geleer oor wat om te doen wanneer hulle sien iemand is in die moeilikheid in die water, en hoe belangrik dit is om kalm en verantwoordelik op te tree. Die groter maaitjies het ook die geleentheid gehad om te leer hoe om CPR toe te pas – ’n baie belangrike lewensreddende vaardigheid.
Ons waardeer die tyd, moeite en kennis wat met ons leerders gedeel is. Julle werk help om ons kinders veiliger en meer bewus te maak rondom water. Baie dankie vir die verskil wat julle maak! 🌊🙏

3 MAART 2026NEEM KENNIS ASSEBLIEF!!!
03/03/2026

3 MAART 2026

NEEM KENNIS ASSEBLIEF!!!

Vandag vier ons julle! Julle het nie net die skoolreëls nagekom nie, maar julle het die ware betekenis van ons waardes u...
03/03/2026

Vandag vier ons julle! Julle het nie net die skoolreëls nagekom nie, maar julle het die ware betekenis van ons waardes uitgeleef. Julle optrede wys respek, verantwoordelikheid, samewerking en omgee – eienskappe wat ons skoolgemeenskap sterker maak.

Baie geluk elkeen van julle en hou aan om ons trots te maak

ADMISSIONS 2027Liewe ouers en voogde. Sien meegaande video van die WKOD om u as ouer/voog te help om aanlyn op die WCED ...
25/02/2026

ADMISSIONS 2027
Liewe ouers en voogde. Sien meegaande video van die WKOD om u as ouer/voog te help om aanlyn op die WCED Portal aansoek te doen vir toelating tot die 2027 skooljaar.

20 Februarie 2026Baie dankie aan Mnr Adriaan van der Spuy vir die heerlike, soet waatlemoene wat hy aan ons leerders ges...
20/02/2026

20 Februarie 2026

Baie dankie aan Mnr Adriaan van der Spuy vir die heerlike, soet waatlemoene wat hy aan ons leerders geskenk het. U vriendelike gebaar is opreg waardeer en het groot glimlagte op baie gesiggies gebring. Dankie vir u omgee en ondersteuning.

Address

Bo-Hermonweg
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 06:15 - 14:50
Tuesday 07:00 - 14:45
Wednesday 07:00 - 14:45
Thursday 07:00 - 14:45
Friday 07:00 - 14:45

Telephone

+27786180969

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Groenberg Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Groenberg Primary:

Shortcuts

Share