02/09/2026
“Somtyds lag djy net om nie heeltemal stukkend te val van die pynie.”
Gelag en gehuil met een voet inni kabr (graf) is daai soort storie wat jou laat smile, maa diep binne jou iets losmaak wat lank stil was. Van die begin af trek die production jou in—dit voel soes om op ’n stoep te sit en luiste na mense wat djy lankal ken.
Die gehoor het deffies saamgegaan—hulle het gelag, gesnuk en beaam elke keer as Mereldia en Ghoemeira hulle fietna drop. Wan wie hou dan nou nie van ’n bietjie skinner nie? Maa dis nie net lag nie—die show laat jou voel djy behoort daa. Eers soos ’n biesage neighbour, maa voo jy jou oë ka uitvee, voel jy soes familie—deel van hulle huis, hulle storie, hulle pyn.
Ghoemeira se kinderdae was vol lewe—’n spelerige kind onne die streng, maa liefdevolle oeg van haar ouma, Mereldia. Ha ouma het hard gepraat, maa sy het haar mooi maniere geleë, trots gegie en skills soes naaldwerk—al het Ghoemeira dit meer geknoei as reggekry. Daai oomblikke bring lig, maa dra ook deeper meaning van waar djy vandaan kom en wie djy is.
Die storie vat jou oek terug na die ou Kaap—na ’n tyd van struggle en djou plek ken. Waar djy moes fight om by die voordee in te gaan, en nie soos ’n skelm by die agterdee nie. Dit wys oek dat Maleiers nie net moppies ken nie, maa ook die mooi, diep music wat almal raak. Mereldia, met haar “prim en proper” ways, staan vas tussen die ou traditions en die niewe wêreld wat begin verane.
Maa dissi pyn wat djou vang. Daai stil, swaa pyn van ’n ma wat haar kinders verloö het. Ek het myself gesien in Ghoemeira—die verlange, die disbelief, die seer wat nie wil gaan nie. Daai moment toe sy haar tweeling se doepmaalklere, wat sy self gestitch het, moes wegpak… dit sny diep. Haar geloof dat hulle by die hemelpoorte wag, dat hulle nie ingaan sone ha nie—dis mooi, maa dit breek djou ook.
Sy vra vir Allah net een kans—net om hulle wee vas te hou. Maa selfs haar rou word gekee. Sy wil huil op haa tyd, op haa manier, sone mense wat oordeel—maa die wêreld gee haar nie daai space nie. En tog, in Mereldia se woorde, is daar ’n bietjie lig: dat God jou nooit los nie, al voel dit so.
Hierdie production is nie net iets wat djy kyk nie—dis iets wat djy voel. Dit bly by djou, lank na die laaste toneel.
“Wan partykeer moet jy leer hoe om te lewe, al is jou hart nog vasgevang tussen lag en huil.”
— Gabriel De Vries
Gabriel De Vries Gaireyah Fredericks