Kinderland, Wellington

Kinderland, Wellington 'n 2de tuiste vir elke kind! Kinderland streef na die ontwikkeling van die kind in totaliteit.

Daarom word die ontwikkelingsbehoeftes van die kinders in die verskillende ouderdomsgroepe as uitgangspunt geneem in die beplanning van die opvoedkundige programme. Die programme fokus dus op die kind se : - liggaamlike ontwikkeling,
- emosionele ontwikkeling,
- sosiale ontwikkel

ing,
- intellektuele ontwikkeling en
- morele ontwikkeling.

Skryf NOU in!!
31/08/2026

Skryf NOU in!!

31/08/2026

🎉💃 Kinderland het verjaar! 🪩✨

Augustus-maand het ons lekker verjaarsdag gehou met musiek, dans, laggende gesiggies en sommer baie Kinderland-pret! 🎶🪩 En as ons terugkyk op ons 16de verjaarsdag, is daar een woord wat bo alles uitstaan: DANKBAARHEID. 💛

Dankbaar vir 16 besondere jare. Dankbaar vir elke maatjie wat deur Kinderland se deure gestap het, elke gesin wat hulle kosbaarste aan ons toevertrou, en elke personeellid wat met soveel liefde help om Kinderland die spesiale plek te maak wat dit is.
Ons is diep bewus van God se goedheid, liefde en genade oor Kinderland Kleuterskool. 🙏

Mag Hy Kinderland nog baie jare spaar en seën. Mag elke klein maatjie wat hier speel, leer, lag én dans altyd weet: Jy is kosbaar. Jy behoort. En jy is baie geliefd. ❤️

En wat is 'n verjaarsdag sonder 'n bietjie dans? 💃🕺EN lekker koek. Dankie ook aan All Your Cake vir die lekkerste bederf. all_your_cake_ 073 312 8083 ([email protected])

Ons het 16 behoorlik gevier — met klein voetjies, groot glimlagte en hope ritme! 🪩🎶
Dankie, Here, vir 16 jaar se genade.
Ons harte is vol. 💛

Ons tema hierdie week is:  Hulle help ons.Hier is van ons 2-3 jaar maatjies met hul keuse wat hulle eendag wil word. 😁Su...
25/08/2026

Ons tema hierdie week is: Hulle help ons.

Hier is van ons 2-3 jaar maatjies met hul keuse wat hulle eendag wil word. 😁

Super oulik!

12/08/2026
Ons leer van sitrusvrugte saam met die tema:  Winter Wat is dan beter om dit te sien, voel, ruik en proe?Konkreet   Konk...
27/07/2026

Ons leer van sitrusvrugte saam met die tema: Winter

Wat is dan beter om dit te sien, voel, ruik en proe?

Konkreet Konkreet Konkreet

24/07/2026

🌈 Kreatiewe kinders. Selfversekerde leerders.
🧠 Elke kreatiewe oomblik bou 'n slim brein.

🌈 Wat 'n kleurvolle dag by Kinderland Kleuterskool! 🎨🌈 Vandag was Kinderland behoorlik gevul met kleur toe ons maats in ...
24/07/2026

🌈 Wat 'n kleurvolle dag by Kinderland Kleuterskool! 🎨

🌈 Vandag was Kinderland behoorlik gevul met kleur toe ons maats in hulle gunsteling kleure skool toe gekom het! 💛💚💙❤️💜

Met ons Kleur-tema is daar vandag lekker ontdek, geëksperimenteer en geskep: 🎨 Klei is met helder kleure versier. 🌈 Kleure is gemeng om te sien hoe nuwe kleure ontstaan. 🫧 Kleurvolle borrels is geblaas vir nóg meer pret en ontdekking.

By Kinderland glo ons dat kinders die beste leer wanneer hulle kan speel, ontdek en self ervaar.

💙 'n Groot dankie aan Pikkewyne 1 se Tannie Mennissa en Tannie Marie vir die kreatiewe en prettige aktiwiteite wat vandag se leer so besonders gemaak het!

🌈🫧🎨

23/07/2026

Week 3

📚✨ Wêreldboekdag by Kinderland ✨📚Donderdag, 23 April, het Kinderland met groot opgewondenheid Wêreldboekdag gevier!Ons m...
27/04/2026

📚✨ Wêreldboekdag by Kinderland ✨📚

Donderdag, 23 April, het Kinderland met groot opgewondenheid Wêreldboekdag gevier!

Ons maatjies kon aantrek soos hul gunsteling storieboek-karakters – daar was prinsesse en superhelde tot dapper ontdekkers en oulike diertjies. Dit was ’n fees van kleur, verbeelding en pret! 🌈📖

By Kinderland glo ons dat lees die sleutel is tot groei en ontwikkeling. Boeke help kinders om hul taal te ontwikkel, hul verbeelding te prikkel en die wêreld rondom hulle beter te verstaan. Elke storie wat gelees word, bou selfvertroue en leer kinders om te droom, te ontdek en te glo in hul eie moontlikhede. ✨

’n Groot dankie aan ons Woelwaterklas-Tannies wat hierdie dag so besonders gemaak het – julle moeite, kreatiwiteit en beplanning het regtig ’n verskil gemaak en ’n glimlag op elke maatjie se gesig gesit 💛

Ons is trots om ’n liefde vir lees by ons kinders te kweek – want elke groot avontuur begin met ’n storie… 📚
💚📖

23/04/2026

Hierdie boek is n MOET-HÊ vir opvoeders/ouers met 1-3 jarige maatjies/kinders vir wie baie Bybelstories nog moeilik is om te verstaan.

Dit begin by hul eie leefwêreld (my lyfie, my gesin, my familie, my maatjies, my skool, die wonderlike wêreld rondom my) en dan die storie van Jesus se geboorte.

Bestel sommer vandag nog.

[email protected]

R250 (koeriërkoste uitgesluit)

Address

Murraystraat 16A
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kinderland, Wellington posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kinderland, Wellington:

Shortcuts

Share

Category