30/05/2026
Kyk wat doen ń blazer 😁
Ons het ons koorklavier ń nuwe baadjie aangetrek. Dankie aan juf. Lizelle de Beer en juf. Lezandi Naude wat die klavier so mooi geverf het.
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Primêre Skool Naudeville, Middle School, Mostertstraat 2 Naudeville, Welkom.
30/05/2026
Kyk wat doen ń blazer 😁
Ons het ons koorklavier ń nuwe baadjie aangetrek. Dankie aan juf. Lizelle de Beer en juf. Lezandi Naude wat die klavier so mooi geverf het.
30/05/2026
Die graad 1's het gepraat oor hul gunsteling troeteldier 🐶 🐱 🐰 🐕
30/05/2026
✈️ Maak gereed vir die grootste, lekkerste toer deur ons skool!✈️
Ons Opedag vir Gr. RRR – Gr. 1 vind plaas op 30 Mei 2026 — en jy wil dit beslis nie misloop nie!
By Preprimêre en Primêre Skool Naudeville glo ons dat elke kind uniek en kosbaar is. Daarom bied ons klein klassies waar individuele aandag, liefdevolle begeleiding en kwaliteit onderrig hand aan hand stap.
Ons skep ń veilige, gelukkige omgewing waar kinders met selfvertroue kan groei, ontdek, leer en droom. By ons is kinders nie net ń nommer nie — elke Naudie word raakgesien, aangemoedig en ondersteun om hul volle potensiaal te bereik. 💙💛
Kom beleef ons warm skoolfamilie, toegewyde personeel en trotse tradisies.
Hier bou ons nie net aan kennis nie, maar ook aan karakter, waardes en groot drome.
Skandeer die kode om u besoek te bevestig.
Skryf u leerder in by ons Naudie-familie deur die skakel in te vul:
https://naudeville.goldfieldswifi.co.za
✈️ Kom vlieg hoog saam met ons!
📍 Opedag: 30 Mei 2026
🎒 Gr. RRR – Gr. 1
💙 Preprimêre en Primêre Skool Naudeville
29/05/2026
Mental Maths ➕➖✖️➗
Baie geluk aan Anru Nel wat deur is na die volgende rondte van Mental Maths. Ons is baie trots op jou!
29/05/2026
In die klas 🧑🏫
Die graad 6'e maak waterfilters in NW/Teg 💦
29/05/2026
Mental Maths ➕➖✖️➗
Baie sterkte aan Anru Nel, Liam Klemp en Wernich Naude wat vandag aan die Mental Maths deelneem by Bedelia.
Ons weet julle kan!
29/05/2026
Nog☝️ dag voor ons Opedag✈️
Moet dit nie misloop nie 🙂
28/05/2026
Nog ✌️ daggies voor ons Opedag✈️
Dankie JD Softly en Elizora Hendriks vir die lekker prys en lofsang saam met die leerders vanoggend.
Dit is lekker om die Here te dien 🙂
Dit is lekker om die Here te dien 🙂