Welkom Volkskool

Welkom Volkskool Volkies het GUTS, GUTS, GUTS!!!!
(1)

Veels geluk Juffrou Judy. Geseënde jaar wat voorlê.
08/10/2026

Veels geluk Juffrou Judy. Geseënde jaar wat voorlê.

Baie geluk aan ons Vrystaat krieketspelers. Ons is trots op julle.
07/10/2026

Baie geluk aan ons Vrystaat krieketspelers. Ons is trots op julle.

Baie dankie aan SAOU Vrystaat en Johan Smith van VitaAmp vir die insiggewende praatjie oor padkos vir jou siel. Dankie o...
07/10/2026

Baie dankie aan SAOU Vrystaat en Johan Smith van VitaAmp vir die insiggewende praatjie oor padkos vir jou siel. Dankie ook aan die Beheerliggaam wat dit vir die personeel moontlik gemaak het vir Onderwysersdag.

Johan los ons Volkies onderwysers met die volgende:
Galasiërs 6:9
“Laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons ’n oes insamel as ons nie moed opgee nie.”

Kwartaal 4 is die laaste en dikwels die mees uitputtende deel van die skooljaar. Hierdie vers bied spesifieke bemoediging om aan te hou wanneer jou energie min raak.

Die vers herinner jou daaraan dat jou harde werk vrugte sal dra, selfs wanneer jy aan die einde van die jaar moeg voel.

Jy mag party dae voel asof jy misluk, maar as jou strukture in plek is, sal jou denkwyse en vaardighede aanhou verbeter.

Volkies is baie trots op Dustin Myburgh wat die afgelope vakansie aan die WOW Spelfees deelgeneem het in Stellenbosch. H...
07/10/2026

Volkies is baie trots op Dustin Myburgh wat die afgelope vakansie aan die WOW Spelfees deelgeneem het in Stellenbosch.
Hy het 'n allemintige 7de plek behaal tussen sy graad 1 eweknieë.
Hy kan beslis spel!

Tinieke en Lineike Lewis het die afgelope vakansie aan die Synergy Cup tennistoernooi te Cradock deelgeneem . Hulle het ...
05/10/2026

Tinieke en Lineike Lewis het die afgelope vakansie aan die Synergy Cup tennistoernooi te Cradock deelgeneem . Hulle het albei die Vrystaatspan verteenwoordig. Baie geluk, ons Volkies is trots op julle.

Carli Snyman en Storm het die afgelope naweek deelgeneem aan die ZAWE/SANESA National Championship. Sy het die volgende ...
05/10/2026

Carli Snyman en Storm het die afgelope naweek deelgeneem aan die ZAWE/SANESA National Championship.

Sy het die volgende plekke behaal:

Working Equatation 3de Sanesa afdeling.

Algehele 2de plek Zawe en Sanesa.

Baie geluk.

Mckenzi Leppan het die afgelope naweek deelgeneem in Bloemfontein aan Vrystaat ASA Liga 1 atletiekbyeenkoms. Sy was 2de ...
05/10/2026

Mckenzi Leppan het die afgelope naweek deelgeneem in Bloemfontein aan Vrystaat ASA Liga 1 atletiekbyeenkoms. Sy was 2de in die 0/13 diskus. Baie geluk

Die Senior dogters eerstespan het vandag aan die Rising Star Tennis toernooi deelgeneem te Bloemfontein. Hulle het hulse...
05/10/2026

Die Senior dogters eerstespan het vandag aan die Rising Star Tennis toernooi deelgeneem te Bloemfontein. Hulle het hulself goed van hul taak gekwyt.
Volkies is ongelooflik trots op julle🎾

Die Senior seuns eerstespan het vandag aan die Rising Star Tennis toernooi deelgeneem te Bloemfontein. Hulle is gekroon ...
05/10/2026

Die Senior seuns eerstespan het vandag aan die Rising Star Tennis toernooi deelgeneem te Bloemfontein. Hulle is gekroon as die Provinsiale wenners van 2026. Nou lê die Nasionale toernooi voor vanaf 30 Oktober tot 1 November te Gauteng.
Volkies is ongelooflik trots op julle🎾

05/10/2026

Address

40 Tana Street, Doorn
Welkom
9459

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Welkom Volkskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Welkom Volkskool:

Shortcuts

Share

Category