Gouties Prestasies

Gouties Prestasies Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Gouties Prestasies, School, Welkom Ext.

BAIE GELUK AAN ONS KRIEKETSTERRE!Baie geluk aan Vian Boardman wat gekies is vir die o/18 Vrystaat Platteland-krieketspan...
27/08/2026

BAIE GELUK AAN ONS KRIEKETSTERRE!

Baie geluk aan Vian Boardman wat gekies is vir die o/18 Vrystaat Platteland-krieketspan, asook aan Kellan Kleynhans wat gekies is vir die o/16 Vrystaat Platteland-krieketspan!

Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle baie sterkte en sukses toe met hierdie besondere geleentheid.

Mag julle elke oomblik geniet, jul beste gee en Goudveld met trots verteenwoordig!

Goudveld is trots op julle!

MuurbalBAIE GELUK AAN ONS 1STE EN 2DE MUURBALSPANNE!Albei ons spanne het vandag uitstekende oorwinnings teen St. Andrews...
27/08/2026

Muurbal

BAIE GELUK AAN ONS 1STE EN 2DE MUURBALSPANNE!

Albei ons spanne het vandag uitstekende oorwinnings teen St. Andrews behaal!

1ste Span: Goudveld wen 12–1
2de Span: Goudveld wen 12–1

Wat ’n indrukwekkende vertoning! Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, spanwerk en toewyding.

Baie geluk, Gouties!

NW QuizBAIE GELUK AAN ONS GRAAD 9-LEERDERS!Ons Graad 9-leerders het ’n uitstekende 4de plek behaal in die Distriksronde ...
27/08/2026

NW Quiz

BAIE GELUK AAN ONS GRAAD 9-LEERDERS!

Ons Graad 9-leerders het ’n uitstekende 4de plek behaal in die Distriksronde van die NW Quiz!

Ons Gouties is ongelooflik trots op julle kennis, harde werk en toewyding. Julle prestasie is ’n bewys van wat met vasberadenheid en spanwerk bereik kan word.

Hou aan om uit te blink, Gouties!

Goudveld is trots op julle!

BAIE GELUK AAN ONS O/15-TENNISSPANNE!Ons O/15-seuns en -dogters het vandag uitstekend gevaar teen Henties!Seuns: Goudvel...
27/08/2026

BAIE GELUK AAN ONS O/15-TENNISSPANNE!

Ons O/15-seuns en -dogters het vandag uitstekend gevaar teen Henties!

Seuns: Goudveld wen 65–2
Dogters: Goudveld wen 64–3

Wat ’n ongelooflike vertoning! Ons is baie trots op julle spanwerk, deursettingsvermoë en uitstekende prestasie.

Goudveld is trots op julle!

Landbou FarmSkills
27/08/2026

Landbou FarmSkills

Goudveld-Hoërskool Taal-en Kunstefees 🎭
27/08/2026

Goudveld-Hoërskool Taal-en Kunstefees 🎭

27/08/2026

🎓 *OUD-GOUTIES, ONDERWYSERS, OUERS EN VRIENDE VAN GOUDVELD — ONS SOEK JOU STORIE!* 💙💛

Goudveld se geskiedenis bestaan nie net uit datums, uitslae en geboue nie. Dit leef voort in die mense wat hier skoolgegaan, klasgegee, afgerig, ondersteun, gelag, geleer en saam herinneringe gemaak het.

Daarom wil ons graag weer met ons Goudveld-familie kontak maak!

Vertel ons:

📚 In watter jare was jy by Goudveld?
👩‍🏫 Watter onderwyser of afrigter het ’n blywende indruk op jou gemaak?
🏆 Watter wedstryd, konsert, toer, tradisie of prestasie onthou jy steeds?
😄 Het jy ’n goeie staaltjie of kosbare herinnering om te deel?
🌍 Waar is jy vandag en waarmee hou jy jou besig?
🤝 Hoe sou jy graag weer by Goudveld betrokke wou raak?

Ons wil elke maand besondere herinneringe, foto’s, staaltjies en brokkies uit Goudveld se verlede in ons Alumni-nuusbrief deel. Ons wil ook ’n sterk netwerk bou waardeur oudleerders, onderwysers, ouers, ondernemings en die skool mekaar kan vind, ondersteun en nuwe geleenthede kan skep.

Of jy nou ’n oudleerder, voormalige onderwyser, afrigter, ouer, personeellid of Vriend van Goudveld is — *jou verhaal vorm deel van ons verhaal.*

Voltooi asseblief die vorm en help ons om die mense, herinneringe en nalatenskap van Goudveld vir toekomstige geslagte te bewaar:

🔗 **Vormskakel:** https://www.cognitoforms.com/MarkLouwies/GoudveldAlumniOnsMenseOnsStories

Ken jy ander oud-Gouties of voormalige personeellede? Stuur gerus hierdie boodskap en die vorm aan hulle. Kom ons vind mekaar weer, deel ons stories en bou saam aan ’n lewendige Goudveld-Alumni-netwerk!

💙 *Jou verhaal. Jou skool. Ons nalatenskap.* 💛

Goudveld-Alumni
STREEF. WERK. OORWIN.

Goudveld neem op 27-29 Augustus deel aan die Vrystaat Farmskills Kompetisie by Trio se landbouterrein in Kroonstad. Ons ...
27/08/2026

Goudveld neem op 27-29 Augustus deel aan die Vrystaat Farmskills Kompetisie by Trio se landbouterrein in Kroonstad.
Ons leerders neem aan die volgende afdelings deel:

Ruan Terblanche, A***n Botes en Justin Swaine neem deel aan die kaskarbou-kompetisie. Hulle moet oor twee dae ń volledige en werkende kaskar bou. Hulle gaan beoordeel word op hulle sweistegnieke, netheid en stewigheid van die kaskar, asook hoe funksioneel die kaskar is.

Dietloff Basson, Zandro Engelbrecht en Dohandré Janse van Rensburg neem deel aan die draadspan-kompetisie. Hulle gaan ń 30m draad moet span met presisie en effektiwiteit.

Hannes Taljaard neem deel aan die trekkerry-kompetisie. Hy gaan ń hindernisbaan moet voltooi asook ń waentjie hak, sleep en voorwerpe op en af laai.

Chenike van der Merwe, Owen Bekker, Christiaan Swanepoel en Ruben van Heerden neem deel aan die bul en koei seleksie. Hulle gaan bulle en koeie moet klas volgens ń scenario asook ń lewendige beoordeling doen.

Zené du Plessis en Collin Esterhuizen neem deel aan die veemanskap konynhantering en -skou. Hulle gaan beoordeel word volgens hul hantering, kennis en voorbereiding van ń konyn vir skou. Die versorging van ń konyn gaan ook getoets word.

Elri Coetzee gaan deelneem aan die veemanskap perde-hantering. Sy gaan haar perd moet voorberei, kennis van perde versorging en haar ruitervernuf moet wys.

Daiden Janse van Rensburg en Nada Pikela neem deel aan die skaaphanterings-kompetisie. Hulle gaan skape korrek moet vang, hanteer, ouderdom bepaal en 'n gewig evaluasie doen.

Jaydon van Zyl en Ethan Vigliotti neem deel aan die Farming Simulator kompetisie. Hulle gaan boer op virtuele vlak en moet 'n volledige boerdery bestuur op die rekenaar speletjie.

Klara Rheeder neem deel aan die gras-, onkruid- en veld-identifikasie kompetisie. Sy gaan verskeie grasse en onkruide moet uitken asook ń veld evaluasie moet doen.

Ons is almal baie opgewonde oor ons leerders se deelname. Baie sterkte aan elkeen van ons leerders!

Landbou’n Paar van ons Goutie-landbouleerders het die voorreg gehad om die 17de Produksieveiling van Angis Alliance by K...
27/08/2026

Landbou

’n Paar van ons Goutie-landbouleerders het die voorreg gehad om die 17de Produksieveiling van Angis Alliance by Kroonboma in Kroonstad by te woon.

Dit was ’n besonderse geleentheid vir ons leerders om eerstehands kennis te maak met die landboubedryf en die veilingproses.

’n Groot dankie aan JM Steyn en Hes-Mari Steyn dat julle ons leerders genooi het en aan hulle hierdie waardevolle ervaring gebied het. Ons waardeer dit opreg!

Address

Welkom Ext

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gouties Prestasies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Gouties Prestasies:

Shortcuts

Share

Category