Positiewe gesindhede word hoog aangeskryf. Stiptelikheid, getrouheid, deursettingsvermoë en hoflikheid sal gehandhaaf word. Doelstellings
Die skool stel hom ten doel om:
•Sy leerders akademies, kultureel en fisies voor te berei vir die lewe
•Gehalte onderrig te lewer
•Christelike beginsels met Jesus Christus as ons enigste Verlosser na te streef
•Klasgetalle laag te hou
•Moderne tegnologiese blo
otstelling te verseker
•Geen diskriminasie op grond van ras toe te laat nie
•Die leerders aan soveel sportsoorte as moontlik bloot te stel. Missie
Hierdie skool verbind hom tot :
•Bekostigbare gehalte onderrig waardeur hy sy leerders deur middel van individuele onderrig lei tot volwaardige burgers met ‘n goeie selfbeeld
•Om vir hierdie kind ‘n gelukkige, geborge en veilige omgewing te skep. Toelatingsvereistes
•Alle leerders wat voldoen aan die vereiste ouderdom vir sy graad en Afrikaans magtig is, sal toegelaat word. Daar kan van die leerling verwag word om ‘n standaardtoets af te lê om sy of haar taalvaardigheid te toets.
•Leerders se ouers moet hulle finansiële verpligtinge soos hieronder uiteengesit nakom. Leerders sal toegang tot die skool geweier word, sou ouers in gebreke daarvan bly.
•Leerders en hulle ouers moet hulle onderwerp aan die skoolreëls soos deur die beheerliggaam bepaal.
•Nodige vorms en vrywaringsvorms onderteken en inskrywingsgeld betaal.
•Respek vir die Skepper, die self en die medemens is die basis van die gedragskode van die skool. Gedragskode
Leerders se gedrag, voorkoms en optrede moet te alle tye van so aard wees dat die beeld en die naam van ons skool nie geskaad word nie.
•Geen vloekwoorde of kru taal mag deur ’n leerder of lid van die personeel teenoor ‘n ander leerder of lid van die personeel gebruik word nie.
•geen wapens van enige aard word op die skool- of sportterrein toegelaat nie.
•Geen leerder mag in besit van si*****te of tabak op die skoolterrein wees nie.
•Geen leerder mag in besit van alkohol of dwelms op die skoolterrein wees nie.
•Geen skooleiendom of die eiendom van die personeel mag beskadig word nie.
•Geen ruwe spel wat beserings of skade aan klere kan veroorsaak, word toegelaat nie.
•Leerders moet volwassenes groet en hoflik en hulpvaardig teenoor hulle optree.
•Tuiswerk moet volledig neergeskryf word.
•Geen werk mag op ‘n oneerlike wyse by ‘n ander leerder afgeskryf word nie en leerders moet altyd eerlik en opreg teenoor mekaar en personeel optree.
•Werk moet volledig, netjies gedoen word.
•Seuns mag nie met hul hande in hul broeksak staan wanneer hulle met volwassenes praat nie.
•Leerders moet elke skooldag in die skool teenwoordig wees.
•Leerders moet stiptelik by die aanvang van elke skooldag teenwoordig wees.
•Ouers moet die skool telefonies of per brief in kennis stel indien die kind afwesig sal wees.
•Geen kind mag gedurende skoolure die skoolterrein sonder toestemming verlaat nie
•Behalwe reëndae, mag alleenlik leerlinge wat pligte moet verrig voor skool, tydens pouses of na skool in die gebou toegelaat word.
•Leerders mag nie op die skoolterrein of sportterrein met fietse ry nie.
•Geen rommel mag op die terrein gestrooi word nie.
•Die dra van die voorgeskrewe skooldrag en sportdrag is verpligtend.
•Leerders moet te alle tye netjies en skoon wees.
•Dogters mag geen juwele behalwe ‘n enkel goue of silwer ringetjie of bolletjie in elke oor dra nie.
•Geen gekleurde naellak mag gedra word nie.
•Dogters se hare moet netjies wees en lang hare moet vasgemaak word.
•Hare mag nie gekleur wees nie.
•Hare mag nie in veelvuldige vlegseltjies gedra word nie.
•Geen hooftooisel mag gedra word nie.
•Seuns mag geen juwele dra nie.
•Seuns se hare moet kort en netjies geknip wees en nie kaal geskeer nie. Sport
Deelname aan al die bekende seisoensgebonde sportsoorte word aangemoedig.
•Atletiek
•Rugby
•Netbal
•Tweekamp
•Tennis
•Skaak
Sport geskied op ‘n Dinsdag en Donderdag gedurende skooltyd. Kultuur
Leerders neem deel aan eistedfodd, koor, konserte, revues, studietoere, redenaars en entrepreneursdae. Akademie
Die skool plaas, naas persoonlikheidsontwikkeling en individuele vaardighede, grootliks klem op akademie. UGO, gebaseer op die HNKV, word in alle leerareas toegepas van Gr 1 -7. Gedurende die eerste en derde kwartale word slegs toetsreekse afgelê , terwyl daar gedurende die tweede en vierde kwartale ‘n formele eksamen geskryf word. Ons poog hierdeur om die leerlinge sonder onnodige spanning toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir die aflê van ‘n eksamen. Die Gr. 4′s word in ‘n mindere mate hieraan blootgestel. Inskrywings
Inskrywings word dwarsdeur die jaar gedoen. Aansoekvorms is by die skool of op diè webtuiste beskikbaar. Skooltye
Skoolkwartale loop naastenby parallel met die van openbare skole, maar word elke jaar aangepas. Skoolure
Graad 0 : 07h30 – 12h30
Graad R : 07h30 – 13h00
Graad 1 : 07h30– 14h00
Graad 2 – 7 : 07h30. – 14h00
Skoolgelde
•“n Eenmalige nie-terugbetaalde bedrag word by inskrywing betaal.
•Die inskrywings- sowel as maandelikse gelde word jaarliks vasgestel. Algemene Inligting
•Skool- en sportdrag beskikbaar by skoolsekretaresse
•Uitstappies en toere vorm ‘n integrale deel van die kurrikulum.
•Rekenaars word een keer per week tydens ‘n formele rekenaarperiode aangebied.