05/10/2026
𝐊𝐎𝐋𝐖𝐘𝐍𝐓𝐉𝐈𝐄𝐒 𝐕𝐈𝐑 𝐊𝐀𝐍𝐊𝐄𝐑 – 𝐊𝐎𝐎𝐏 ’𝐍 𝐊𝐎𝐋𝐖𝐘𝐍𝐓𝐉𝐈𝐄, 𝐇𝐄𝐋𝐏 𝐈𝐄𝐌𝐀𝐍𝐃 𝐈𝐍 𝐍𝐎𝐎𝐃!
Lucas Meyer Skool is trots om saam met Dr. Hugo Paul ’n verskil te maak met ons Kolwyntjies vir Kanker-inisiatief.
Op 9 Oktober 2026 verkoop ons heerlike kolwyntjies teen slegs R10 elk, met alle fondse wat aan Neshama NPC geskenk word. Die doel is om ondersteuning te bied sodat minderbevoorregte persone ook toegang tot broodnodige mediese hulp kan kry.
🧁 R10 per kolwyntjie
📅 9 Oktober 2026
💗 Koop ’n kolwyntjie en help iemand in nood!
Leerders kan bestellings by registeronderwysers plaas. Enige ander bestellings kan by die kantoor geplaas word. Bestellings sluit 8 Oktober 2026.
Elke kolwyntjie maak ’n verskil – saam kan ons ’n groot verskil maak!