14/12/2023
Voorbereidingskool sluit hulle deure, gelukkig sê hul net vaarwel en nie totsiens.
2024 smelt Voorbereidingskool saam met Laerskool Stellaland.
Op 1 Oktober 1955 het mnr. A. Cumpsty, die eerste skoolhoof, die Voorbereidingskool se deure vir die eerste keer geopen.
Van 'n eenvoudige asbesgeboutjie het die Voorbereidingskool gegroei tot 'n pragtige, moderne instelling met sportgeriewe, swembad, rekenaarsentrum en 4 Graad R klasse. Die leerdertal staan op 505 leerders. Daar is 4 klasse in elke graad waarvan 2 Afrikaans en 2 Engelse klasse is! Dis van Graad R tot Graad 3. Die personeel is 18 onderwysers, 3 administratiewe dames, 8 onderwysstudente, 'n faktotum en 7 algemene werkers.
Die leerders en personeel het gekom en gegaan, maar die opvoeding van die leerders het bly staan. Voorbereidingskool het tred gehou met die tyd. Onderwyseresse het hulle passie uit geleef en 'n verskil in die kinders van Vryburg se lewe gemaak.
Voorbereidingskool Vryburg het net van krag tot krag gegaan onder die bekwame leiding van die skoolhoofde en personeel van die afgelope 68 jaar.
Met die hulp van die Beheerliggame en Ouerverenniging het die blikskool gegroei tot een van die beste Voorbereidingskole in Suid-Afrika! 'n Skool waarop elke leerder, ouer en personeel trots op is om deel te kon wees van die spog skool.
Ons groet die Voorbereidingskool met 'n hartseer hart, maar hou die toekoms dop met hoë verwagtinge, want ons weet waar daar 'n WIL is, is daar 'n WEG en Laerskool Stellaland kan net nog 'n beter skool word met die toevoeging van die Voorbereidingskool se personeel en leerders.
Ons dra Jeremia 29:11 in ons harte saam.
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie, Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting.
///
The Preparatory school closed their doors, luckily they are saying farewell and not goodbye
In 2024 the Preparatory School and Stellaland Primary are merging.
There is a begining and an end to everything. The begining is full of hope and excitement. The end - let one look back, remember and appriciate.
On 1955 the first principle, Mr A. Cumpsty, opend the Primary Preparatory school.
The Preparatory School grew from as small asbestos building, to a beautiful, modern school with sport fields, a swimming pool, computer centre and four Grade R classes. We now have 505 pupils in our school. There are 4 classes per grade of which 2 are English and 2 are Afrikaans. So from Grade R - Grade 3.
The staff is made up of 18 teachers, 3 adminstrative ladies, 8 teaching students, a ground manager and 7 general workers.
The learners and staff came and went but the education of the children was still top priority.
The Preparatory School has gone from strength to strength under the wonderful leadership of the principals and staff over the last 68 years.
With the Help of the SGB and Parent Assosiation the "blikskool" grew to be one of the best Preparatory Schools in South Africa. A school which every child, parent and teacher could be proud of!
We greet the Preparatory School with a very sad heart, but with a future full of expectations, we know where there is a will there is a way and Stellaland Primary can only become a better school with the addition of the Preparatory School staff and learners.
We will carry Jeremiah 29:11 in our hearts.
For I know the plans I have for you, declares the Lord, plans to prosper you and not harm you, plans to give you hope and a future.