Sekondere Skool Vredendal

Sekondere Skool Vredendal Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Sekondere Skool Vredendal, High School, Hoërskoolweg, Vredendal.

03/09/2026

The countdown begins to the Matric exams! ⏳

Our teachers, tutors and officials have been hard at work preparing candidates for the final exams of their school careers.

To the Matriculants: We are behind you all the way! 😄

There is a range of academic resources available for you on the Western Cape Education Department website:

https://www.westerncape.gov.za/education/matric-support

31/08/2026

𝐁𝐄𝐋𝐀𝐍𝐆𝐑𝐈𝐊𝐄 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆
Beste Graad 12-leerder

Neem asseblief kennis dat die LO vraestel wat môre afgelê word, ’n NSS vraestel is, soos aangedui op die eksamenrooster.

Maak asseblief seker dat jy jouself deeglik voorberei vir die vraestel en dat jy môre teenwoordig is. Onthou, hierdie is jou laaste LO vraestel.

Baie sterkte met die voorbereiding!

VSS-Groete

28/08/2026

𝐁𝐄𝐋𝐀𝐍𝐆𝐑𝐈𝐊𝐄 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆
Geagte Ouers/Voogde

Neem asseblief kennis dat die aansoekuitkomste van die “Transfer”-aansoeke vir 2027 vanaf 16 September 2026 tot 30 September 2026 beskikbaar sal wees.

Maak asseblief seker dat u u kind se plek binne die aangeduide tydperk bevestig.

Nadat u u kind se plek aanlyn bevestig het, moet die vereiste dokumentasie binne 7 dae van aanvaarding by die gekose skool ingehandig word.

VSS-Groete

25/08/2026

𝐁𝐄𝐋𝐀𝐍𝐆𝐑𝐈𝐊𝐄 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆

Geagte Ouers/Voogde

Alle ouers wat aansoek gedoen het vir plek vir hul kinders by ons skool vir 2027, moet voor 27 Augustus 2026 aansoek doen vir busvervoer vir hulle kinders.

Dit is van kardinale belang.

U moet die WKOD 061-vorm kom voltooi. Aansoeke wat nou gedoen word, bepaal plek op die bus vanaf Januarie 2027. Wanneer ouers eers in Januarie 2027 aansoek gaan doen, gaan dit as ’n laat aansoek aanvaar word.

VSS-Groete

24/08/2026

𝐁𝐄𝐋𝐀𝐍𝐆𝐑𝐈𝐊𝐄 𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆
𝐆𝐑𝐀𝐀𝐃 𝟏𝟐-𝐅𝐈𝐍𝐀𝐋𝐄 𝐌𝐎𝐍𝐃𝐄𝐋𝐈𝐍𝐆𝐌𝐎𝐃𝐄𝐑𝐈𝐍𝐆

Dinsdag, 25 Augustus 2026
Afrikaans en Engels

Alle Graad 12-leerders moet op Dinsdag, 25 Augustus 2026 by die skool wees.

Die finale mondelingmoderering vorm deel van die NSS-eksamen. Dit is daarom uiters belangrik dat elke Graad 12-leerder teenwoordig is.

VSS-Groete

𝐆𝐑𝐀𝐀𝐃 𝟏𝟐 𝐕𝐎𝐎𝐑𝐁𝐄𝐑𝐄𝐈𝐃𝐄𝐍𝐃𝐄 𝐄𝐊𝐒𝐀𝐌𝐄𝐍 Ons as skool wens al ons Graad 12-leerders wat môre met hul voorbereidende eksamen begin...
23/08/2026

𝐆𝐑𝐀𝐀𝐃 𝟏𝟐 𝐕𝐎𝐎𝐑𝐁𝐄𝐑𝐄𝐈𝐃𝐄𝐍𝐃𝐄 𝐄𝐊𝐒𝐀𝐌𝐄𝐍

Ons as skool wens al ons Graad 12-leerders wat môre met hul voorbereidende eksamen begin, alle sterkte toe!

Mag julle harde werk en voorbereiding vrugte afwerp. Bly gefokus, glo in julleself en gee in elke vraestel julle beste.

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”
Filippense 4:13

VSS-Groete

𝐏𝐄𝐑𝐒𝐎𝐍𝐄𝐄𝐋 𝐕𝐄𝐑𝐉𝐀𝐀𝐑𝐒𝐃𝐀𝐄 Baie geluk met u verjaarsdag, Meneer Lekay, wat gister was!Ons hoop u het ’n heerlike dag vol vreu...
21/08/2026

𝐏𝐄𝐑𝐒𝐎𝐍𝐄𝐄𝐋 𝐕𝐄𝐑𝐉𝐀𝐀𝐑𝐒𝐃𝐀𝐄

Baie geluk met u verjaarsdag, Meneer Lekay, wat gister was!

Ons hoop u het ’n heerlike dag vol vreugde, lag en kosbare oomblikke saam met u geliefdes gehad. Mag die jaar wat voorlê een van sukses, geluk en vele seëninge wees.

Ons hoop u het die dag voluit geniet!

VSS-Groete

Geagte Ouers, Voogde en LeerdersNeem asb kennis dat die Bok- Vrydag van môre gekanselleer is, daar sal wel môre nog wors...
20/08/2026

Geagte Ouers, Voogde en Leerders

Neem asb kennis dat die Bok- Vrydag van môre gekanselleer is, daar sal wel môre nog worsbroodjies verkoop word teen R20.

𝐁𝐎𝐊 𝐕𝐑𝐘𝐃𝐀𝐆
Vind alle nodige inligting op aangehegte advertensie.

𝗕𝗘𝗟𝗔𝗡𝗚𝗥𝗜𝗞𝗘 𝗞𝗘𝗡𝗡𝗜𝗦𝗚𝗘𝗪𝗜𝗡𝗚: 𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗦𝗘𝗟𝗙𝗢𝗡𝗘!Geagte Ouers/VoogdeNeem asseblief kennis dat die “Geen Selfone-reël” steeds geldig...
19/08/2026

𝗕𝗘𝗟𝗔𝗡𝗚𝗥𝗜𝗞𝗘 𝗞𝗘𝗡𝗡𝗜𝗦𝗚𝗘𝗪𝗜𝗡𝗚: 𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗦𝗘𝗟𝗙𝗢𝗡𝗘!

Geagte Ouers/Voogde

Neem asseblief kennis dat die “Geen Selfone-reël” steeds geldig is. Ons moedig u asb. aan om toe te sien dat u kind sy/haar selfoontoestel tuis hou en nie skool toe bring nie.

Ons waardeer u samewerking.

VSS-Groete

𝗕𝗘𝗟𝗔𝗡𝗚𝗥𝗜𝗞𝗘 𝗞𝗘𝗡𝗡𝗜𝗦𝗚𝗘𝗪𝗜𝗡𝗚: 𝗚𝗘𝗘𝗡 𝗦𝗘𝗟𝗙𝗢𝗡𝗘!

Geagte Ouers/Voogde

Neem asseblief kennis dat Vredendal Sekondêr met onmiddellike effek ’n selfoonvrye skool is. Dit beteken dat leerders nie toegelaat sal word om selfone tydens skoolure op die skoolterrein te gebruik nie.

Die besluit is geneem om ’n meer gefokusde en produktiewe leeromgewing vir alle leerders te bevorder. Selfone veroorsaak dikwels afleidings in die klaskamer en kan die akademiese fokus en dissipline van leerders negatief beïnvloed. Deur die gebruik van selfone tydens skoolure te beperk, poog die skool om leer en onderrig te versterk.

Ouers en voogde word vriendelik versoek om hierdie reëling met hul kinders te bespreek en die skool te ondersteun in die implementering van hierdie beleid. U samewerking is vir ons van groot waarde om te verseker dat die skool ’n veilige, gestruktureerde en leergerigte omgewing vir alle leerders bly.

Ons bedank u byvoorbaat vir u begrip en samewerking.

VSS-Groete

17/08/2026

𝐌𝐍𝐑 𝐄𝐍 𝐌𝐄𝐉 𝐕𝐒𝐒 𝟐𝟎𝟐𝟔
Wat ’n aand vir die boeke!

n Aand gevul met styl, elegansie en onvergeetlike oomblikke presies soos net VSS dit kan doen.

📸:inkosikazi_bee

Matzikama Begrafnisdienste
Kleinoi Fotografie
Vredendal Toyota
Namaqua Lodge
EDK Vredendal
Kuns en Kraft
Namaqua Wines
Michelle Naelsalon
Nashua Vredendal
Red Ox Vredendal
Superspar Vredendal
LecMarchel Media
Wild & Origdee
Noms Beauty Bar
Runway Rail Design Studio
Hair by Carlene
Up To Date Powertrade Vredendal
Cisorium
Wimpy Vredendal

Address

Hoërskoolweg
Vredendal
8160

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27272131790

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sekondere Skool Vredendal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Sekondere Skool Vredendal:

Share

Category