Woelie Woeps Kleuterskool

Woelie Woeps Kleuterskool Waar ons speel, lag, woeker en werk!

🏍️INSTAPPIE: MOTORFIETSKLUB 🏍️’n Groot dankie aan ons dorp se motorfietsklub wat vandag hulle pragtige motorfietse vir o...
26/08/2026

🏍️INSTAPPIE: MOTORFIETSKLUB 🏍️

’n Groot dankie aan ons dorp se motorfietsklub wat vandag hulle pragtige motorfietse vir ons kom wys het & vir ons meer vertel het van wie hulle is, waar hulle naam vandaan kom & die wonderlike liefdadigheidsprojekte waarby hulle betrokke is.

Ons waardeer dit dat hulle ook deel was van ons Omgeeweek & vir ons honde kos gebring het. Julle harte is net so groot soos die passie waarmee julle jul motorfietse ry.

Julle is ware helde op ysterperde!

🇳🇦TEMA: VERSKILLENDE LANDE🇧🇼Die Beertjie klas kuier hierdie week in verskillende lande! Hulle besoek die pragtige lande ...
25/08/2026

🇳🇦TEMA: VERSKILLENDE LANDE🇧🇼

Die Beertjie klas kuier hierdie week in verskillende lande! Hulle besoek die pragtige lande Namibië & Botswana.

Hulle leer meer oor hierdie twee besonderse lande & geniet sommer heerlike tradisionele vleis & pap saam. Wat ’n lekker & leersame avontuur!

🧁BAKKERSDAG🧁Wat ’n pragtige en kreatiewe projek! Die maatjies het hul eie Suid-Afrikaanse vlae gemaak en gewys hoe kreat...
21/08/2026

🧁BAKKERSDAG🧁

Wat ’n pragtige en kreatiewe projek! Die maatjies het hul eie Suid-Afrikaanse vlae gemaak en gewys hoe kreatief hulle kan wees. Dit lyk sommer na ’n heerlike, kleurvolle en baie spesiale aktiwiteit! 🇿🇦

🐘OLIFANTMIS🐘Een van ons juffrouens het vir ons ‘n snaaksie geskenkie gebring: olifantmis uit die Wildtuin! Dit was ‘n bi...
14/08/2026

🐘OLIFANTMIS🐘

Een van ons juffrouens het vir ons ‘n snaaksie geskenkie gebring: olifantmis uit die Wildtuin! Dit was ‘n bietjie grillerig, maar ook leersaam. Ons is lief vir Suid-Afrika se olifante & moet hulle mooi oppas.

🐯INSTAPPIE: TAKSIDERMIE🐯Baie dankie aan tannie Sandra Linde wat vandag vir ons maatjies kom vertel het van haar taksider...
12/08/2026

🐯INSTAPPIE: TAKSIDERMIE🐯

Baie dankie aan tannie Sandra Linde wat vandag vir ons maatjies kom vertel het van haar taksidermiebesigheid.

Dit was ongelooflik leersaam & interessant om meer oor die verskillende diere te leer & hulle van naby te sien. Die maatjies het dit baie geniet om te kyk, vrae te vra & selfs aan die verskillende diere te kon voel. Hul het selfs aan ‘n regte leeu se tong, gevoel.

Ons het ook ons eie diertjies van klei gebou & baie kreatief geraak!

⛳UITSTAPPIE: GOLFKLUB⛳Ons het 'n heerlike uitstappie na die gholfbaan geniet. Ons het saam piekniek gehou, gholfballe ge...
07/08/2026

⛳UITSTAPPIE: GOLFKLUB⛳

Ons het 'n heerlike uitstappie na die gholfbaan geniet. Ons het saam piekniek gehou, gholfballe geslaan en 'n lekker entjie gaan stap. Dit was 'n wonderlike dag vol pret, vars lug en mooi herinneringe wat ons saam gemaak het!

👂🏻SINTUIE👂🏾Hierdie week leer ons Eendjies alles oor sintuie, met die fokus op ons ore en hoe ons daarmee hoor. Vandag he...
28/07/2026

👂🏻SINTUIE👂🏾

Hierdie week leer ons Eendjies alles oor sintuie, met die fokus op ons ore en hoe ons daarmee hoor. Vandag het die maats groot ore gemaak om ons te herinner hoe belangrik dit is om mooi te luister na klanke, musiek, die natuur en wanneer iemand met ons praat.

✨MANDELA-DAG ✨Vandag het ons Mandela-dag gevier deur 'n verskil te maak. Ons het saam met die kinders papiere en rommel ...
23/07/2026

✨MANDELA-DAG ✨

Vandag het ons Mandela-dag gevier deur 'n verskil te maak. Ons het saam met die kinders papiere en rommel oral op die skoolterrein opgetel om ons omgewing skoon en netjies te hou.

💤PAJAMA DAG💤Ons Pajama Dag was ’n groot sukses & vol pret en lag! Die kinders het hul mooiste & oulikste pajamas aangetr...
25/06/2026

💤PAJAMA DAG💤

Ons Pajama Dag was ’n groot sukses & vol pret en lag! Die kinders het hul mooiste & oulikste pajamas aangetrek & die dag saam geniet. Ons het ook pryse uitgedeel aan die kinders met die beste bywoning, asook vir dié wat die meeste herwinning & doppies ingesamel het. Baie geluk aan al ons wenners & dankie aan elkeen wat deelgeneem & die dag so spesiaal gemaak het!

Address

Reynekestraat 22
Vrede
9835

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:00
Tuesday 07:15 - 13:00
Wednesday 07:15 - 13:00
Thursday 07:15 - 13:00
Friday 07:15 - 13:00

Telephone

+27589131003

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woelie Woeps Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Woelie Woeps Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category