Woelie Woeps Kleuterskool

Call Directions Contact the school

Woelie Woeps Kleuterskool Waar ons speel, lag, woeker en werk!

🎓GRADEPLEGTIGHEID🎓Ons kan nie glo dis al weer hierdie tyd van die jaar nie! Ons het ons graad R-maats se mooi ontwikkeli...
13/10/2026

🎓GRADEPLEGTIGHEID🎓

Ons kan nie glo dis al weer hierdie tyd van die jaar nie! Ons het ons graad R-maats se mooi ontwikkeling gevier tydens ons jaarlikse Gradeplegtigheid. Elke maatjie het op die verhoog gesê wat hulle eendag wil word. Tussen al die boere, juffrouens en dokters sal ons land genoeg hê om te eet, ons kinders slim wees & ons altyd gesond wees! Dit was voorwaar ‘n spog-aand!!!

🦆JUFFROU MONICA 🦆Ons 3 jarige Eendjie-klas het die mooiste kolwyntjies vir hul juffrou se afskeidspartytjie geniet! Dis ...
08/10/2026

🦆JUFFROU MONICA 🦆

Ons 3 jarige Eendjie-klas het die mooiste kolwyntjies vir hul juffrou se afskeidspartytjie geniet! Dis met ‘n traan in die oog dat ons van ‘n baie spesiale juffrou afskeid neem. Ons is so dankbaar vir die verskil wat sy in elke maatjie, ouer & kollega se harte gemaak het! Ons wens vir haar alles wat mooi is toe vir die nuwe seisoen waarin sy nou beweeg. Ons gaan juffrou BAIE verlang!

🍡GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG 🍡Entrepreneursdag was groot pret! Die Graad 7’s was baie kreatief met al hul oulike stalletjie...
17/09/2026

🍡GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG 🍡

Entrepreneursdag was groot pret! Die Graad 7’s was baie kreatief met al hul oulike stalletjies van die verskillende lande & lekkernye te verkoop. Ons kleintjies het dit vreeslik geniet om rond te kyk, ietsie te koop en lekker deel te wees van die dag!

🌸LENTEDAG🌸Ons het die lente op ’n spesiale manier verwelkom deur saam bome te plant.Met klein handjies & groot glimlagte...
07/09/2026

🌸LENTEDAG🌸

Ons het die lente op ’n spesiale manier verwelkom deur saam bome te plant.
Met klein handjies & groot glimlagte het ons iets geplant wat nog vir baie jare sal groei & mooi wees.
’n Klein boompie vandag, ’n groot verskil môre!

🧸WOLLIE VERJAAR🧸Die Voëltjie-maatjies het heerlik hulle klas-teddie, Wollie, se verjaarsdag gevier met ’n groot en vroli...
01/09/2026

🧸WOLLIE VERJAAR🧸

Die Voëltjie-maatjies het heerlik hulle klas-teddie, Wollie, se verjaarsdag gevier met ’n groot en vrolike partytjie!
Wollie is so geliefd en is elke naweek by ’n ander maatjie se huis waar hy lekker saam kuier & nuwe avonture beleef.
Gelukkige verjaarsdag, liewe Wollie!

✨OMGEEWEEK ✨24 Aug. – Sonskyndag Trek geel aan & bring blikkieskos.Ten bate van die VVA.25 Aug. – Kankerbewusmaking Trek...
31/08/2026

✨OMGEEWEEK ✨

24 Aug. – Sonskyndag
Trek geel aan & bring blikkieskos.
Ten bate van die VVA.

25 Aug. – Kankerbewusmaking
Trek pienk aan & bring kontant vir die muntlegging.
Ten bate van CANSA.

26 Aug. – Paws for a Cause
Trek soos jou gunsteling dier aan & bring kos vir die diere.
Ten bate van die DBV.

27 Aug. – Emoji-dag
Trek soos emojis aan & bring koekies vir die Ouetehuis.
Ten bate van Avondvrede.

28 Aug. – Superhero-dag
Trek soos ’n superhero aan & koop ’n koeldrank vir jou maatjie.

Met klein dade, maak ons ‘n groot verskil. Ons gee om!

🏍️INSTAPPIE: MOTORFIETSKLUB 🏍️’n Groot dankie aan ons dorp se motorfietsklub wat vandag hulle pragtige motorfietse vir o...
26/08/2026

🏍️INSTAPPIE: MOTORFIETSKLUB 🏍️

’n Groot dankie aan ons dorp se motorfietsklub wat vandag hulle pragtige motorfietse vir ons kom wys het & vir ons meer vertel het van wie hulle is, waar hulle naam vandaan kom & die wonderlike liefdadigheidsprojekte waarby hulle betrokke is.

Ons waardeer dit dat hulle ook deel was van ons Omgeeweek & vir ons honde kos gebring het. Julle harte is net so groot soos die passie waarmee julle jul motorfietse ry.

Julle is ware helde op ysterperde!

🇳🇦TEMA: VERSKILLENDE LANDE🇧🇼Die Beertjie klas kuier hierdie week in verskillende lande! Hulle besoek die pragtige lande ...
25/08/2026

🇳🇦TEMA: VERSKILLENDE LANDE🇧🇼

Die Beertjie klas kuier hierdie week in verskillende lande! Hulle besoek die pragtige lande Namibië & Botswana.

Hulle leer meer oor hierdie twee besonderse lande & geniet sommer heerlike tradisionele vleis & pap saam. Wat ’n lekker & leersame avontuur!

🧁BAKKERSDAG🧁Wat ’n pragtige en kreatiewe projek! Die maatjies het hul eie Suid-Afrikaanse vlae gemaak en gewys hoe kreat...
21/08/2026

🧁BAKKERSDAG🧁

Wat ’n pragtige en kreatiewe projek! Die maatjies het hul eie Suid-Afrikaanse vlae gemaak en gewys hoe kreatief hulle kan wees. Dit lyk sommer na ’n heerlike, kleurvolle en baie spesiale aktiwiteit! 🇿🇦

🐘OLIFANTMIS🐘Een van ons juffrouens het vir ons ‘n snaaksie geskenkie gebring: olifantmis uit die Wildtuin! Dit was ‘n bi...
14/08/2026

🐘OLIFANTMIS🐘

Een van ons juffrouens het vir ons ‘n snaaksie geskenkie gebring: olifantmis uit die Wildtuin! Dit was ‘n bietjie grillerig, maar ook leersaam. Ons is lief vir Suid-Afrika se olifante & moet hulle mooi oppas.

Address

Reynekestraat 22
Vrede
9835

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:00
Tuesday 07:15 - 13:00
Wednesday 07:15 - 13:00
Thursday 07:15 - 13:00
Friday 07:15 - 13:00

Telephone

+27589131003

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woelie Woeps Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Woelie Woeps Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category