Hoërskool Salomon Senekal Koshuis- Viljoenskroon

Hoërskool Salomon Senekal Koshuis- Viljoenskroon 'n Plattelandse koshuis- eenvoudig, opreg en vol van hart.

26/08/2026
Die koshuisdogters is hard aan die werk om alles gereed te kry vir die koekverkoping! 🧁🍰Kom loer gerus hierdie Vrydag, 2...
26/08/2026

Die koshuisdogters is hard aan die werk om alles gereed te kry vir die koekverkoping! 🧁🍰

Kom loer gerus hierdie Vrydag, 28 Augustus, tydens eerste pouse by die skool. Onthou om ’n geldjie saam te bring – jy wil dit beslis nie misloop nie! 😋

26/08/2026
26/08/2026

Kom beleef dit self tydens die opedag
18 September. Sien jou daar! 🔥

20/08/2026

🌿🌿🌿🌿🌿🌿

Ons wens al ons koshuismatrieks baie sterkte toe met die rekordeksamen! Ons glo julle is goed voorbereid en weet dat jul...
19/08/2026

Ons wens al ons koshuismatrieks baie sterkte toe met die rekordeksamen! Ons glo julle is goed voorbereid en weet dat julle jul beste sal gee. Mnr. Stander het vanoggend ’n spesiale gebed vir die matrieks gedoen en hulle alle sterkte toegewens. Ons d**k aan julle! 🌟📚

“Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Josua 1:9

Baie geluk met jou verjaarsdag Jennifer! 🎂🎈🎉
19/08/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag Jennifer! 🎂🎈🎉

🚶‍♀️🌿 ’n Heerlike koshuisstap!Ons weeklikse stap was lekker en verfrissend – ’n kans om die vars lug te geniet, bietjie ...
18/08/2026

🚶‍♀️🌿 ’n Heerlike koshuisstap!
Ons weeklikse stap was lekker en verfrissend – ’n kans om die vars lug te geniet, bietjie te beweeg en sommer net saam tyd te spandeer. 💚

17/08/2026

Wat ’n verskil kan ’n bietjie harde werk maak! 🌿 Gedurende die afgelope skoolvakansie is daar hard gewerk om Emilyhof-koshuis se voorkant op te knap. Kyk gerus na die mooi voor-en-na-foto’s!

Baie geluk aan ons EERSTE SPAN rugby manne wat die Griffons Platteland Liga gewen het! Geskiedenis is gemaak, ons is ong...
17/08/2026

Baie geluk aan ons EERSTE SPAN rugby manne wat die Griffons Platteland Liga gewen het! Geskiedenis is gemaak, ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! 🏆🏆🏆

🏆🔥 ONS EERSTESPAN IS GRIFFONS PLATTELAND LIGAWENNERS 2026! 🔥🏆

SSH 29–13 Hoopstad

Wat. ’n FINAAL!

Vergeet van ’n Springboktoets — hierdie een het alles gehad!
Spanning. Groot tackles. Hart. Karakter. Gees. En ’n eerste span wat geweier het om terug te staan.

Van die afskop af was dit duidelik: Die Villies wil die beker huis toe bring!

Hoopstad het probeer, maar SSH het nooit gaan lê nie. Elke speler het sy lyf op die spel gesit. Elke meter is verdien. Elke tackle het iets beteken.

En toe daardie eindfluitjie blaas: 29–13. KAMPIOENE.

Manne, vandag het julle vir elke leerder, ouer, ondersteuner en oudleerder iets gegee om oor trots te wees. Julle het nie net ’n rugbywedstryd gewen nie — julle het ’n herinnering geskep wat nog lank rondom ons skool vertel gaan word.

Aan ons spelers, afrigters en almal agter die skerms: hierdie een behoort aan jull!

Wat ’n dag vir SSH-rugby! 🔥

🏆 GRIFFONS PLATTELAND EERSTESPAN LIGAWENNERS 2026 🏆

SSH. TROTS. HART. KAMPIOENE. ❤️🏉

Address

34 Viljoen Straat
Viljoenskroon
9520

Telephone

+27829737333

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Salomon Senekal Koshuis- Viljoenskroon posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Salomon Senekal Koshuis- Viljoenskroon:

Shortcuts

Share

Category