01/10/2026
WELKOM BY ’N NUWE KWARTAAL 🌸
Vereeniging Gimnasium
“Oktobermaand is die mooiste, mooiste maand…”
— Louis Leipoldt
Soos Oktober nuwe lewe, kleur en warmte bring, bring ’n nuwe kwartaal ook nuwe geleenthede, nuwe uitdagings en nuwe hoop.
Aan al ons personeel en leerders: hartlik welkom terug! Mag hierdie kwartaal gevul wees met vars energie, positiewe denke en die vasberadenheid om elke dag ons beste te gee.
Laat ons die kwartaal aanpak met trots, dissipline, karakter en ’n strewe na uitnemendheid. Mag ons mekaar ondersteun, aanmoedig en saam bou aan ’n kwartaal waarop ons met trots kan terugkyk.
🌿 Mag Oktober vir ons almal ’n maand van groei, vreugde en nuwe moontlikhede wees.
Welkom terug, Gimmies!
Mag dit ’n wonderlike kwartaal wees! 💙❤️💚
Gimmie-groete
Vereeniging Gimnasium