Hoërskool Overvaal

Hoërskool Overvaal Welkom by die "Valie-familie"! Sedert 1980.

• Overvaal gebruik sosiale media platforms om ons topklas skool aan die gemeenskap te bemark.

• Indien u, uself skuldig maak aan enige oortreding rakende Overvaal se onderstaande Sosiale Media-beleid, sal verdere stappe teen u geneem moet word.

• Vir enige skoolverwante navrae, komplimente of klagtes, kontak asseblief die skool direk by 016 429 1792 of via e-pos: [email protected].

• Moet asseblief nie die Overvaal sosiale media platforms gebruik om negatiewe kommentaar oor ons skool te versprei nie. Volg gerus die korrekte kanale soos bo vermeld.

• Geen kru taal of enige vorm van diskriminasie sal geduld word nie.

• Geen persoonlike besigheidsadvertensies of gemorspos, deur die publiek, word toegelaat op Overvaal se sosiale media platforms nie.

• Overvaal dank u vir die samewerking en ondersteuning.

𝐎𝐔𝐃-𝐕𝐀𝐋𝐈𝐄 𝐓𝐑𝐎𝐓𝐒!
23/09/2026

𝐎𝐔𝐃-𝐕𝐀𝐋𝐈𝐄 𝐓𝐑𝐎𝐓𝐒!

𝐎𝐍𝐒 𝐆𝐑𝐀𝐀𝐃 𝟗-𝐋𝐀𝐍𝐃𝐁𝐎𝐔𝐏𝐑𝐎𝐉𝐄𝐊 𝐁𝐋𝐎𝐌!Ons Graad 9-leerders se landbouprojek het die skoolterrein in ’n pragtige, kleurvolle tui...
23/09/2026

𝐎𝐍𝐒 𝐆𝐑𝐀𝐀𝐃 𝟗-𝐋𝐀𝐍𝐃𝐁𝐎𝐔𝐏𝐑𝐎𝐉𝐄𝐊 𝐁𝐋𝐎𝐌!

Ons Graad 9-leerders se landbouprojek het die skoolterrein in ’n pragtige, kleurvolle tuin omskep. Van netjiese plantbeddings tot tulpe en ander blomme wat nou in volle blom staan – die resultate spreek van sorg, geduld en harde werk.

Dit is besonders om te sien hoe iets wat klein begin het, met tyd en aandag tot só ’n mooi ruimte gegroei het.

Welgedaan, Graad 9’s – julle maak Overvaal nóg mooier!

Oor 'n maand hou ons wynveiling! Julle wil dit beslis nie mis nie! Maak seker jy kry jou tafel betyds!
22/09/2026

Oor 'n maand hou ons wynveiling! Julle wil dit beslis nie mis nie! Maak seker jy kry jou tafel betyds!

Daar is sekere aande waarna mense maande lank uitsien... en 𝐇𝐨𝐞̈𝐫𝐬𝐤𝐨𝐨𝐥 𝐎𝐯𝐞𝐫𝐯𝐚𝐚𝐥 𝐬𝐞 𝐣𝐚𝐚𝐫𝐥𝐢𝐤𝐬𝐞 𝐖𝐲𝐧𝐯𝐞𝐢𝐥𝐢𝐧𝐠 is beslis een daarvan.

Elke jaar stel ons die standaard 'n bietjie hoër, en 𝟮𝟬𝟮𝟲 𝗴𝗮𝗮𝗻 𝗴𝗲𝗲𝗻 𝘂𝗶𝘁𝘀𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝘄𝗲𝗲𝘀 𝗻𝗶𝗲.

Na die oorweldigende sukses van sy vorige besoek en die talle versoeke om hom terug te bring, is ons trots om weer 𝗚𝗣 𝘃𝗮𝗻 𝗥𝗲𝗲𝗱𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝗢𝘂𝗱𝘁𝘀𝗵𝗼𝗼𝗿𝗻 𝗲𝗻 𝘀𝘆 𝗯𝗮𝗻𝗱 𝗚𝗶𝗻𝗴𝗲𝗿𝘀𝗻𝗮𝗽 te verwelkom.

As seremoniemeester gaan GP die aand vul met sy kenmerkende humor, skreeusnaakse stories en aansteeklike persoonlikheid, terwyl Gingersnap sorg vir lewendige musiek en 'n atmosfeer wat niemand ongeraak laat nie.

𝗔𝘀 𝗷𝘆 𝘁𝘄𝗲𝗲 𝗷𝗮𝗮𝗿 𝗴𝗲𝗹𝗲𝗱𝗲 𝗱𝗮𝗮𝗿 𝘄𝗮𝘀, 𝘄𝗲𝗲𝘁 𝗷𝘆 𝗽𝗿𝗲𝘀𝗶𝗲𝘀 𝘄𝗮𝗮𝗿𝘃𝗮𝗻 𝗼𝗻𝘀 𝗽𝗿𝗮𝗮𝘁. 𝗔𝘀 𝗷𝘆 𝗻𝗶𝗲 𝘄𝗮𝘀 𝗻𝗶𝗲... 𝗶𝘀 𝗵𝗶𝗲𝗿𝗱𝗶𝗲 𝗷𝗼𝘂 𝗸𝗮𝗻𝘀 𝗼𝗺 𝘀𝗲𝗹𝗳 𝘁𝗲 𝗯𝗲𝗹𝗲𝗲𝗳 𝘄𝗮𝗮𝗿𝗼𝗺 𝗮𝗹𝗺𝗮𝗹 𝗻𝗼𝗴𝘀𝘁𝗲𝗲𝗱𝘀 𝗱𝗮𝗮𝗿𝗼𝗼𝗿 𝗽𝗿𝗮𝗮𝘁.

Geniet 'n aand van uitstekende wyne, opwindende veilings, heerlike kuier, ongelooflike vermaak en die unieke Valie-gasvryheid waarvoor ons bekend is.

𝗕𝗲𝘀𝗽𝗿𝗲𝗲𝗸 𝗯𝗲𝘁𝘆𝗱𝘀!

Hierdie is jaar na jaar een van ons gewildste funksies en tafels verkoop baie vinnig uit.

Pryse:
🍷 Tafel (10 persone): R1 500
🍷 Enkelkaartjie: R150 per persoon

🥂 Kontantkroeg beskikbaar.
🧀 Eie eetgoed

Bring jou vriende, familie of kollegas bymekaar en beleef 'n aand van lag, musiek, goeie wyn en onvergeetlike herinneringe.

𝗠𝗼𝗲𝗻𝗶𝗲 𝘄𝗮𝗴 𝘁𝗼𝘁𝗱𝗮𝘁 𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝘃𝗶𝗿 𝗷𝗼𝘂 𝘃𝗲𝗿𝘁𝗲𝗹 𝗵𝗼𝗲 𝗹𝗲𝗸𝗸𝗲𝗿 𝗱𝗶𝘁 𝘄𝗮𝘀 𝗻𝗶𝗲... 𝘄𝗲𝗲𝘀 𝘀𝗲𝗹𝗳 𝗱𝗲𝗲𝗹 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗿𝘃𝗮𝗿𝗶𝗻𝗴.

Bespreek jou tafel hier 👇

https://www.hsovervaal.co.za/products/wynveiling-met-gp-van-reede-van-oudtshoorn-sy-band-gingersnap

𝐙𝐄𝐒𝐊𝐄 𝐒𝐊𝐈𝐓𝐓𝐄𝐑 𝐁𝐘 𝐀𝐑𝐓𝐄 𝐕𝐄𝐑𝐀! 🎭Zeske Bouwer, ’n Graad 10-leerder, het uitstekend presteer tydens Arte Vera 2026 en is as k...
22/09/2026

𝐙𝐄𝐒𝐊𝐄 𝐒𝐊𝐈𝐓𝐓𝐄𝐑 𝐁𝐘 𝐀𝐑𝐓𝐄 𝐕𝐄𝐑𝐀! 🎭

Zeske Bouwer, ’n Graad 10-leerder, het uitstekend presteer tydens Arte Vera 2026 en is as kategoriewenner aangewys!

Haar uitslae:

🌟 Prosa – 98%
🌟 Poësie – 99%
🌟 Gedramatiseerde poësie – 100%
🌟 Country-sang – 90%
🌟 Broadway-sang – 94%

Zeske ontvang ook die gesogte Pronkveertrofee vir haar uitsonderlike vertolking in Gedramatiseerde Poësie. Sy het boonop tydens die Gala-aand ’n vokale item gelewer.

Baie geluk, Zeske! Jou veelsydigheid en talent laat ons Valie-harte behoorlik trots klop!

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙Walroux Tolmay, ’n Graad 8-leerder, het besonder goed gevaar tydens die Vereeniging Kunsfees en Arte Vera.Vere...
22/09/2026

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙

Walroux Tolmay, ’n Graad 8-leerder, het besonder goed gevaar tydens die Vereeniging Kunsfees en Arte Vera.

Vereeniging Kunsfees
3 x A+++
3 x A++

Arte Vera
4 x A+++
4 x A++

Walroux is ook genooi om aan Arte Vera se gala-aand deel te neem en is as itemwenner in vier afdelings aangewys:

🌟 Poësie
🌟 Gedramatiseerde Poësie
🌟 Prosa
🌟 Dramatised Poetry

Wat ’n besondere kultuurprestasie! Baie geluk, Walroux — jou talent, harde werk en liefde vir die verhoog maak ons trots!

𝐁𝐀𝐈𝐄 𝐒𝐓𝐄𝐑𝐊𝐓𝐄 aan al die Valies wat die vakansie aan die SA Jagters Nasionale Kampioenskappe deelneem.Ons is trots op jul...
22/09/2026

𝐁𝐀𝐈𝐄 𝐒𝐓𝐄𝐑𝐊𝐓𝐄 aan al die Valies wat die vakansie aan die SA Jagters Nasionale Kampioenskappe deelneem.

Ons is trots op julle!

’𝐍 𝐆𝐑𝐎𝐎𝐓 𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄 𝐀𝐀𝐍 𝐕𝐈𝐑𝐆𝐈𝐍 𝐀𝐂𝐓𝐈𝐕𝐄! Hoërskool Overvaal is ongelooflik dankbaar vir die ruim skenking van gimnasiumtoerust...
22/09/2026

’𝐍 𝐆𝐑𝐎𝐎𝐓 𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄 𝐀𝐀𝐍 𝐕𝐈𝐑𝐆𝐈𝐍 𝐀𝐂𝐓𝐈𝐕𝐄!

Hoërskool Overvaal is ongelooflik dankbaar vir die ruim skenking van gimnasiumtoerusting deur Virgin Active. Danksy hierdie besondere bydrae beskik Overvaal nou oor ’n volledig toegeruste gimnasium waar ons leerders en personeel aan hul krag, fiksheid en algemene welstand kan werk.

Ons opregte dank aan Virgin Active, Juan Prinsloo, Heilene Changuion asook aan elke persoon wat by die reëlings, vervoer en totstandkoming van hierdie projek betrokke was.

Ons sien uit daarna om binnekort foto’s van ons nuwe gimnasium met almal te deel!

Dankie dat julle in ons Valies en hul toekoms belê!

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙Baie geluk aan Miané Steyl (Graad 10) wat die afgelope naweek haar heel eerste 𝐃𝐞𝐚𝐝𝐥𝐲 𝐃𝐨𝐳𝐞𝐧 𝐒𝐨𝐥𝐨 voltooi het!D...
22/09/2026

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙

Baie geluk aan Miané Steyl (Graad 10) wat die afgelope naweek haar heel eerste 𝐃𝐞𝐚𝐝𝐥𝐲 𝐃𝐨𝐳𝐞𝐧 𝐒𝐨𝐥𝐨 voltooi het!

Dié uitdagende fiksheidskompetisie toets ’n atleet se krag, uithouvermoë en deursettingsvermoë tot die uiterste. Miané het die uitdaging alleen aangepak en gewys dat harde werk en deursettingsvermoë jou deur die moeilikste oomblikke kan dra.

Ons is trots op jou, Miané!

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙Baie geluk aan Zayden le Roux wat as 2026 Arte Vera Eisteddfod-𝑮𝑹𝑨𝑵𝑫 𝑾𝑰𝑵𝑵𝑬𝑹 aangewys is!Hy was kategoriewenner...
22/09/2026

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙

Baie geluk aan Zayden le Roux wat as 2026 Arte Vera Eisteddfod-𝑮𝑹𝑨𝑵𝑫 𝑾𝑰𝑵𝑵𝑬𝑹 aangewys is!

Hy was kategoriewenner in:

✨ Poësie
✨ Prosa
✨ Poetry
✨ Dramatised Poetry
✨ Comedic Monologue

Zayden het ook aan die gala deelgeneem, die Pronkveer-trofee vir uitstaande prestasie ontvang en ’n totale prysgeld van R3 500 gewen!

’n Uitsonderlike prestasie! Ons is baie trots op jou talent, harde werk en toewyding!

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙Baie geluk aan Darius Geldenhuys wat genooi is om tydens die Del Arte Eisteddfod-gala-aand op te tree! Darius ...
22/09/2026

𝐎𝐍𝐒 𝐒𝐏𝐎𝐆 💙

Baie geluk aan Darius Geldenhuys wat genooi is om tydens die Del Arte Eisteddfod-gala-aand op te tree!

Darius het ook die spesiale toekenning vir 𝘾𝙖𝙥𝙩𝙞𝙫𝙖𝙩𝙞𝙤𝙣 𝘾𝙡𝙖𝙨𝙨𝙞𝙘𝙖𝙡 𝙎𝙝𝙤𝙬𝙢𝙖𝙣 – 𝙄𝙣𝙨𝙩𝙧𝙪𝙢𝙚𝙣𝙩𝙖𝙡 ontvang. Wat ’n besondere prestasie en ’n pragtige beloning vir sy talent, harde werk en liefde vir musiek!

Ons is trots op jou!

Address

Reynoldsstraat 7, Falcon Ridge
Vereeniging

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 14:30

Telephone

+27164291792

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Overvaal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Overvaal:

Share

Category