03/09/2026
😊 Pret Aktiwiteit:
Gesig Plak
Hoe werk dit?
Die kinders kry verskillende dele van ’n gesig, soos die oë, neus, mond, ore en hare.
Hulle moet die dele op die regte plek op die gesig plak — maar hul kan nie sien nie 🙈
👋 Reëls:
Gebruik net jou hande.
Jy mag nie kyk nie.
Voel en ontdek die verskillende vorms
Probeer om elke deel op die regte plek te plaas.
🎯 Wat leer die kinders?
Fynmotoriese ontwikkeling
Oog-hand-koördinasie
Ruimtelike bewustheid
Aanraking en sensoriese ontwikkeling
Konsentrasie en probleemoplossing
Bou selfvertroue en moedig eie inisiatief aan
🤣 Die grootste doel: LEER, VOEL, LAG EN PRET ❤️