Praktica Kids Nasorg en Leer Sentrum

Praktica Kids Nasorg en Leer Sentrum Praktica Kids Nasorg en Leersentrum is geleΓ« in Risiville (Vereeniging).

πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ’š PRAKTICA KIDS SÊ: GO BOKKE!! πŸ’›πŸ‡ΏπŸ‡¦Kom ons wys ons ondersteuning vir die Bokke! πŸ‰πŸ’šπŸ’›Van die kleinste ondersteuners tot d...
11/09/2026

πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ’š PRAKTICA KIDS SÊ: GO BOKKE!! πŸ’›πŸ‡ΏπŸ‡¦

Kom ons wys ons ondersteuning vir die Bokke! πŸ‰πŸ’šπŸ’›
Van die kleinste ondersteuners tot die grootste aanhangers, ons staan saam agter Suid-Afrika! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ™Œ

πŸ’šπŸ’› Los ’n groen-en-geel hartjie in die kommentaar as jy ook vir die Bokke skree! πŸ‰πŸ”₯

GO BOKKE!! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‰

11/09/2026

DIT IS VRYDAG!! πŸŽ‰πŸ’—

Die week se werk is amper verby… nou is dit tyd vir pret, speel en lekker lag! πŸ₯³πŸŒΌ

By Praktica Kids maak ons van elke dag ’n lekker dag! πŸ’•
EERS WERK. DAN SPEEL.

🌸 Praktica Kids Nasorgsentrum
πŸ“ Risiville
πŸ’— Sedert 2020
πŸ“ž Lizanne: 074 995 2690

β˜€οΈ ’N PLEKKIE ONDER DIE SONWaar kinders kan leer, speel, eet en net kind wees.Kontak Lizanne vir jou 2027-aansoekvorms.πŸ“ž...
08/09/2026

β˜€οΈ ’N PLEKKIE ONDER DIE SON
Waar kinders kan leer, speel, eet en net kind wees.

Kontak Lizanne vir jou 2027-aansoekvorms.
πŸ“ž 074 995 2690

🎈 DIT OF DAT? – LIZANNE EDITION πŸ’•Julle ken Praktica Kids, maar hoe goed ken julle die vrou agter die skerms? πŸ˜„Kom ons sp...
03/09/2026

🎈 DIT OF DAT? – LIZANNE EDITION πŸ’•

Julle ken Praktica Kids, maar hoe goed ken julle die vrou agter die skerms? πŸ˜„

Kom ons speel ’n vinnige DIT OF DAT en leer Lizanne ’n bietjie beter ken! πŸ‘‡πŸΌ

β˜• Koffie of wyn?
🌿 Strand of plaas?
πŸ”Ž Crime of romantiek?
πŸ• Pizza of pasta?
πŸ₯© Sjokolade of biltong?
🐴 Perde of see?

En een ding is verseker… Lizanne se hart lΓͺ op die plaas. 🌱🐴
Sy verkies die rustiger lewe met perde, diere, natuur en ’n bietjie stilte.

Nou is ons nuuskierig… Hoeveel van julle se antwoorde stem met hare ooreen? πŸ˜‚πŸ‘‡πŸΌ

02/09/2026

β˜€οΈ ’n PLEKKIE ONDER DIE SON πŸŒˆπŸ’—

Elke kind verdien ’n plekkie waar hulle veilig voel, kan ontspan, speel, leer en groei. 🌱

By Praktica Kids Naskool is dit presies wat ons wil wees, ’n warm, gelukkige plekkie waar kinders nΓ‘ die skooldag net hulself kan wees. πŸ₯°

🎈 2027-REGISTRASIES IS NOU OOP!
πŸ“š Huiswerk
🎨 Kreatiwiteit & aktiwiteite
🀸 Speel & pret
πŸ’› Omgee & geborgenheid

Spasie is beperk, doen vandag aansoek vir jou kind se plekkie onder die son! β˜€οΈ

πŸ“ž Lizanne: 074 9952 690

Praktica Kids Naskoolsentrum | Risiville
Waar kinders kan skyn, ontspan en groei. πŸ’—πŸ©΅

01/09/2026

Om ’n naskool eienaar te wees… is harde werk. Dis lang dae, Ε„ groot verantwoordelikheid, en soms moet jy klippe kou en aanhou, selfs wanneer jy moeg is.

Party dae voel dit stil en onsigbaar, waar die opofferings, die ekstra moeite en die liefde wat jy gee, nie altyd raakgesien word nie.

Maar ten spyte van alles… sal ek dit vir niks in die wΓͺreld verruil nie. ❀️

Die kinders wat hier instap, raak deel van my hart. Ek sien hul vreugdes, hul hartseer, hul groei en hul klein oorwinnings. Met tyd besef jy, hulle is nie net kinders wat jy oppas nie… hulle word soos jou eie.

Dis meer as net ’n werk. Dis liefde. Dis Ε„ roeping. Dis ’n tweede huis vir klein harte… 🩷🩡

🌸 Nuwe seisoen. Nuwe kanse. Nuwe groei.Die tuin blom, die son skyn en ons Praktica Kids is reg vir ’n nuwe seisoen vol s...
01/09/2026

🌸 Nuwe seisoen. Nuwe kanse. Nuwe groei.

Die tuin blom, die son skyn en ons Praktica Kids is reg vir ’n nuwe seisoen vol speel, leer en mooi herinneringe. πŸŒ±πŸ¦‹

Kyk net hoe lyk ons kinders vandag op Lentedag! πŸ’—πŸŒΌ

Praktica Kids Naskool

β€œPrak… wat?” 😜PRAKTICA KIDS! πŸŽˆπŸ’—πŸ©΅Die naskool in Risiville waar kinders hul skoolwerk kan klaarmaak, nuwe dinge leer, maat...
28/08/2026

β€œPrak… wat?” 😜

PRAKTICA KIDS! πŸŽˆπŸ’—πŸ©΅
Die naskool in Risiville waar kinders hul skoolwerk kan klaarmaak, nuwe dinge leer, maatjies maak β€” en natuurlik ook tyd kry om te SPEEL! πŸ₯°

Want by Praktica Kids glo ons:
πŸ“š Eers werk…
🎨 dan speel!

Wil jy hΓͺ jou kind moet nΓ‘ skool op ’n veilige, liefdevolle plek wees waar daar na hulle omgesien word?

πŸ“ž Skakel 074 9952 690 en kom gesels met ons!

Praktica Kids Nasorgsentrum | Risiville
πŸ’—πŸ©΅ Waar kinders kan leer, groei en net lekker KIND kan wees.

🌱 ONS GEE NOOIT OP NIE.By Praktica Kids leer ons kinders dat β€œek kan nie” nie altyd die einde van die sin is nie.Soms we...
27/08/2026

🌱 ONS GEE NOOIT OP NIE.

By Praktica Kids leer ons kinders dat β€œek kan nie” nie altyd die einde van die sin is nie.

Soms werk dit nie.
Soms is dit moeilik.
Soms moet jy weer probeer.

En dis okay.

MΓ΄re probeer ons weer.
Want elke poging leer jou iets. Elke fout maak jou ’n bietjie sterker.

Β«β€œDit maak nie saak hoe stadig jy gaan nie, solank jy nie ophou nie.”»

🎈 Praktica Kids Naskool | Risiville
πŸ“š Gr RR – Graad 7
❀️ Waar klein treë ook gevier word.

πŸ“ž Kontak ons: 074 9952 690
πŸ“² 2027 Belangstellingslys is oop

25/08/2026

Hi, jy! πŸ‘‹πŸ˜Š Ja, jy! πŸ˜„
Hoekom is jy so oulik? πŸ₯°
Wie het jou so goed gemaak? ❀️
Wie het jou so mooi gemaak? ✨

Twee hande, twee bene, πŸ™ŒπŸ¦΅
twee ogies wat kan sien, πŸ‘€
twee ore om te luister, πŸ‘‚
en ’n mond om te sing! πŸ‘„πŸŽΆ

’n Hartjie vol liefde, ❀️
’n kop vol slim idees, πŸ§ πŸ’‘
’n glimlag wat kan skyn, 😁✨
en voete om te dans! πŸ•ΊπŸ’ƒ

Wie het jou so goed gemaak? πŸ€—
Wie het jou so mooi gemaak? 🌸
Die Here, ja die Here, πŸ™β€οΈ
Hy het jou wonderlik gemaak! 🌟πŸ₯°

Address

Benita Street, Risiville
Vereeniging Ext 1

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00

Telephone

+27749952690

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Praktica Kids Nasorg en Leer Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share