Wyse Uiltjies

Wyse Uiltjies Ons is 'n Afrikaanse Christelike Baba dagsorg, Kleuterskool en Na-skool. Erben str. 2 Vanderbijlpark SW 1. Baie welkom by Wyse Uiltjies.

Ons is n Christelike Afrikaanse Kleuterskool vir Kleuters vanaf 2 tot 3 jaar en Graad RR 4-5 jaar. Hier word u kind bemoedig om op alle vlakke van kinderontwikkeling tot ‘n gelukkige volle ontwikkelde kleuter. Ons hou ons klasse klein maksimum van 6 baba’s, 5 potties en 12 kleuters per klas vir individuele aandag wat baie belangrik is vir optimale groei en ontwikkeling in die kinders. By ons is u kind se ontwikkeling fisies, emosioneel sowel as akademies, top prioriteit. Ons beskik oor 'n verskeidenheid toerusting wat ons gebruik om u kind daagliks aktief te stimuleer om hulle volle potensiaal te bereik. Ons vul ook ons onderrig aan met opsionele buitemuurse aktiwiteite wat spesifieke ontwikkelingsaspekte teiken soos:
• Groot- en fyn motoriese ontwikkeling.
• Akademiese ontwikkeling.
• Musiek-vaardighede.
• Sensoriese vaardighede.
• Tegnologiese-vaardighede. Ons beoog om u kind te beskerm, te onderrig, te versorg en lief te hê deur aktief na hulle te luister, op te let en ondersteun, hulle te leer en te laat speel. Ons streef daarna om u kind in 'n onafhanklike en selfstandige klein mensie te laat groei, deur hulle aan te moedig om vir hulself te d**k en hulle selfbeeld op te bou deur dissipline, ondersteuning en baie liefde. Groete en liefde
Uiltjies Personeel

🐾💙 Baie dankie aan Helpende Hande en Braaf die Boerboel! 💙🐾Wat ’n ongelooflike spesiale dag was dit vandag by Uiltjies! ...
20/05/2026

🐾💙 Baie dankie aan Helpende Hande en Braaf die Boerboel! 💙🐾

Wat ’n ongelooflike spesiale dag was dit vandag by Uiltjies! 🦉

Braaf die Boerboel het ons skool besoek en dit was ’n groot sukses. Die maatjies het elke oomblik saam met Braaf vreeslik geniet — van die laggies, drukkies en al die pret! 🐶✨

Baie dankie aan Helpende Hande vir julle moeite, liefde en tyd wat julle met ons kinders gedeel het.

Julle het beslis groot glimlaggies en mooi herinneringe geskep vir ons maatjies en die hele Uiltjie-span. 💛

Dankie Braaf die Boerboel vir jou groot hart en spesiale kuier by ons skool! 🐾🥰

🙌🙌🙌🙌🙌🙌🙌
14/05/2026

🙌🙌🙌🙌🙌🙌🙌

🌸 Moedersdag 2026 🌸Vandag vier ons al die wonderlike mamma’s wat elke dag met liefde, geduld en omgee hul kinders se lew...
11/05/2026

🌸 Moedersdag 2026 🌸

Vandag vier ons al die wonderlike mamma’s wat elke dag met liefde, geduld en omgee hul kinders se lewens mooier maak. 💖

Baie dankie vir alles wat julle doen – die drukkies, ondersteuning, opoffering en liefde beteken meer as wat woorde ooit kan sê. Julle is elkeen besonders en kosbaar. 🌷

Ons hoop elke mamma het ‘n baie spesiale en geseënde Moedersdag saam met julle geliefdes. 💐

Geniet hierdie mooi foto’s van ons wonderlike mamma’s! 📸💕

🎉🧦 Funky Hair & Socks Day by Wyse Uiltjies 🧦🎉Wat ‘n kleurvolle en opwindende dag was dit nie! Al die kinders het so mooi...
09/05/2026

🎉🧦 Funky Hair & Socks Day by Wyse Uiltjies 🧦🎉

Wat ‘n kleurvolle en opwindende dag was dit nie! Al die kinders het so mooi moeite gedoen met hulle funky hare en kleurvolle sokkies. Dankie aan al ons ouers vir julle kreatiwiteit en ondersteuning – die kinders het dit vreeslik geniet! 😄✨

Baie geluk aan ons twee wenners wat die dag behoorlik laat uitstaan het met hulle ongelooflike uitrustings! 🏆

🌟 Geluk Zaylen en Ansune! 🌟
Ons is baie trots op julle! ❤️

✨ Ontmoet ons wonderlike onderwysers ✨By Wyse Uiltjies glo ons dat elke klein hartjie spesiaal is – en agter elke glimla...
20/04/2026

✨ Ontmoet ons wonderlike onderwysers ✨

By Wyse Uiltjies glo ons dat elke klein hartjie spesiaal is – en agter elke glimlag en elke tree van groei staan ’n liefdevolle, toegewyde juffrou.

Ons onderwysers is nie net opvoeders nie, maar ook rolmodelle, troosters, en tweede mamma’s wat elke dag hul harte oopmaak vir ons kinders. 💛

Dankie vir julle geduld, liefde ❤️❤️

🏍️ Bikers Dag by Wyse Uiltjies! 🏍️Wat ‘n ongelooflike dag was dit nie! Ons maatjies het vandag behoorlik uitgepak en soo...
13/04/2026

🏍️ Bikers Dag by Wyse Uiltjies! 🏍️

Wat ‘n ongelooflike dag was dit nie! Ons maatjies het vandag behoorlik uitgepak en soos regte bikers aangetrek – elkeen uniek en vol persoonlikheid! 😎🔥

Met heerlike roomys en Bike was het ons die dag vreeslik geniet.

Baie dankie aan almal wat deel was van hierdie spesiale dag. Ons is so trots op ons klein bikers! ❤️🏍️

08/04/2026
Vandag se Paasfees by ons skool was gevul met soveel vreugde, laggies en mooi oomblikke 🐣🌼Terwyl ons die dag geniet het ...
02/04/2026

Vandag se Paasfees by ons skool was gevul met soveel vreugde, laggies en mooi oomblikke 🐣🌼

Terwyl ons die dag geniet het met pret en lekker aktiwiteite, is dit vir ons ook belangrik dat ons kinders die ware betekenis van Paasfees onthou ✝️

Paasfees herinner ons aan liefde, opoffering en hoop – dat Jesus sy lewe gegee het vir ons, en weer opgestaan het sodat ons kan lewe.

Mag elkeen van ons hierdie boodskap van liefde saam dra, nie net vandag nie maar elke dag 🤍

Baie dankie aan elke maatjie en ouer wat die dag so spesiaal gemaak het!

27/03/2026

Vandag se hartsmelt oomblik 💙

Ons klein Liampie het my vanoggend so trots gemaak met sy mondfluitjie 🎶 So klein, maar so vol talent en selfvertroue!

Mens kan sien hy geniet elke noot en dit maak my hart sommer warm. Ons is ongelooflik trots op jou, liefste Liampie – hou aan skyn en speel soos net jy kan 🌟

Address

Erben Straat 2
Vanderbijlpark
1911

Opening Hours

Monday 06:15 - 17:30
Tuesday 06:15 - 17:30
Wednesday 06:15 - 17:30
Thursday 06:15 - 17:30
Friday 06:15 - 17:30

Telephone

+27731567071

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wyse Uiltjies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Wyse Uiltjies:

Shortcuts

Share