16/09/2026
🌸🌼 LENTEDAG BY PLAASKLONKIES! 🌼🌸
Ons Plaasklonkies het die dag behoorlik ingekleur met vrolike lentehoedjies, blommetjies en sommer hope glimlagte! 🌺🐝💛
Klein handjies het ook gehelp om groente te plant 🌱🥕 – want lente herinner ons hoe wonderlik dit is om te plant, te groei en nuwe lewe te sien begin.
En natuurlik is ’n Lentedag nie heeltemal voltooi sonder ’n lekker roomysie nie! 🍦😋
🌷 “Kyk, Ek maak alles nuut.” – Openbaring 21:5