Lewenslig Sentrum

Lewenslig Sentrum Lewenslig is 'n sentrum vir gestremde volwasse persone, daar was 'n tekort aan plekkies vir hulle so Wat moet van hulle word as die ouers nie meer daar is nie.

Ons wil graag vir ons volwasse breingestremde kinders, wat ons die lewensliggies noem, ‘n tuiste vir hul toekoms bied. Vir die ouers van die Vaaldriehoek is dit regtig ‘n kopseer. Waglyste by oorde waar hulle versorg kan word is tot vyf jaar. Sodra kinders wat in sentrums in die Vaal Driehoek die ouderdom van 18 jaar bereik moet hulle die skool verlaat. Skielik is hulle alleen en moet hulle by die huis bly want daar is nie ‘n plek waar hulle kan werk of mekaar se geselskap kan geniet nie. Ons is ‘n groepie ouers wat begin het om die lewensliggies bymekaar te bring. Hulle word besig gehou met verskillende handwerke. Die dogters doen naaldwerk, breiwerk, lapverfwerk, krale ryg, en nog wat waarin die kinders belang stel. Die seuns doen houtwerk deur artikels te verf en decoupage te doen, mosaic, verf op teëls en ook lapverf. Hulle doen nie elke dag dieselfde goed nie om dit moontlik te maak om 'n verskeidenheid vaardighede aan te leer en so gelukkige volwasse mense te wees. Die artikels word by uitstallings verkoop vir fondse wat ons gebruik om weer voorraad ens aan te koop.

𝐋𝐞𝐰𝐞𝐧𝐬𝐥𝐢𝐠 𝐠𝐞𝐬𝐢𝐧𝐬-𝐭𝐞𝐞 𝟏𝟐 𝐒𝐞𝐩𝐭𝐞𝐦𝐛𝐞𝐫 𝟐𝟎𝟐𝟔Dit was weer een wonderlike funksie, van vroeg af het die dames gewerk om hulle ta...
15/09/2026

𝐋𝐞𝐰𝐞𝐧𝐬𝐥𝐢𝐠 𝐠𝐞𝐬𝐢𝐧𝐬-𝐭𝐞𝐞 𝟏𝟐 𝐒𝐞𝐩𝐭𝐞𝐦𝐛𝐞𝐫 𝟐𝟎𝟐𝟔

Dit was weer een wonderlike funksie, van vroeg af het die dames gewerk om hulle tafels mooi te maak, en elke jaar word die tafels net mooier en beter.

Baie dankie aan elke persoon wat die oggend ondersteun het, dit word opreg waardeer

Lewenslig bedank graag die volgende persone/Instansies:

The Venue on Vaal
Elite Tents
Susan Behr vir die platters & Koekies

Ons bedank ook graag alle dames wat vir ons pryse gebog het vir die gelukkige trekking

Laastens wil ons ook vir Ruan Tennant bedank dat jy bygedra het tot die sukses en goeie atmofeer vir die oggend.

Vrydag 11 September was dit tyd vir ons jaarlikse gholfdag, Baie dankie aan Gerda by Emfuleni Country Club as ook aan el...
15/09/2026

Vrydag 11 September was dit tyd vir ons jaarlikse gholfdag,

Baie dankie aan Gerda by Emfuleni Country Club as ook aan elken wat pryse geborg het en lekker saam gespeel het.
Emerald Resort & Casino baie dankie ook vir die pryse wat julle geborg het.

Ben het verjaar en is 23 jaar oud,Baie dankie aan Ben se ouers wat ons Liggies bederf het met KFC vir sy verjaarsdagDit ...
08/09/2026

Ben het verjaar en is 23 jaar oud,

Baie dankie aan Ben se ouers wat ons Liggies bederf het met KFC vir sy verjaarsdag

Dit was een fees gewees en ons is dankbaar dat ons sy spesiale dag saam met hom kon vier

03/09/2026

As jy nog nie jou kaartjie het vir ons gesinstee vir Saterdag 12 September nie, gaan jy beslis n lekker tyd mis.

Kaartjies is nog beskikbaar vir n dag of twee, so waarvoor wag jy??
bespreek sommer nou jou plek en kom geniet hierdie spesiale oggend saam met ons

By Lewenslig Sentrum wil ons nie net ontvang nie, ons wil ook graag teruggee aan die gemeenskap waar ons die geleentheid...
31/08/2026

By Lewenslig Sentrum wil ons nie net ontvang nie, ons wil ook graag teruggee aan die gemeenskap waar ons die geleentheid kry.

Ons dames het hierdie geleentheid raagesien en hulle is hard besig om blokkies te maak

Alles ten bate vir n goeie doel

90.6 FM STEREO

31/08/2026

🏌️‍♂️⛳ 𝑳𝑬𝑾𝑬𝑵𝑺𝑳𝑰𝑮 𝑮𝑶𝑳𝑭𝑫𝑨𝑮 ⛳🏌️‍♀️

Join us for a fantastic day on the fairways at **Emfuleni Country Club** in support of **Lewenslig Sentrum**! 💚

📅 **11 September 2026**
📍 **Emfuleni Country Club**
⏰ **11:00**
🏌️ **Betterball Stableford**
💰 **R2 000 per 4-ball**

🚨 **Only 27 golf carts available!** 🚨
Don’t wait until the last minute — **book your cart now!**

📞 **Proshop Cart Bookings:**
**016 100 9230 / 016 932 3370**

Come enjoy a great day of golf, fun and fellowship while supporting a wonderful cause! 💚⛳

**𝐁𝐎𝐎𝐊 𝐘𝐎𝐔𝐑 𝟒-𝐁𝐀𝐋𝐋 𝐀𝐍𝐃 𝐂𝐀𝐑𝐓 𝐓𝐎𝐃𝐀𝐘!**

Wat n wonderlike dag was dit nie!.Die jaarlikse spesiale sportdag  het weer vandag plaasgevind by Eureka Skool in vereen...
28/08/2026

Wat n wonderlike dag was dit nie!.
Die jaarlikse spesiale sportdag het weer vandag plaasgevind by Eureka Skool in vereeniging
Dit was n baie spesiale dag gewees waar elkeen as n wenner weggestap het.

Baie dankie aan Eureka School en al die borge wat hierdie dag moontlik gemaak het

Een van die vele projekte waaraan ons werk, Hier is Hannelie besig om n pragtige mat te maak, Baje dankie dat jy bereid ...
25/08/2026

Een van die vele projekte waaraan ons werk,
Hier is Hannelie besig om n pragtige mat te maak,
Baje dankie dat jy bereid is om uit niks uit iets te maak

As jy ook by Ons wil betrokke raak, doen jouself n guns en besoek ons by Carter Straat 20 SW5

indien jy navraag het kan ons kantoor gekontak word by (064) 212 1030 of E-pos ons by [email protected]

Ons was bietjie stil, maar agter die skerms is ons baie bedrywig.Vandag het ons lekker verjaarsdag gevier saam met Detti...
25/08/2026

Ons was bietjie stil, maar agter die skerms is ons baie bedrywig.

Vandag het ons lekker verjaarsdag gevier saam met Dettie

Address

Carter Street 20
Vanderbijlpark
1911

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27169822069

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lewenslig Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category