30/11/2025
Ek deel graag ñ vegtertjie se eie gedig oor sy oorwinning met diabetes. Dit het hom nog nie onder gekry en sal ook nie🌟
Kaptein Kattekwaad!
In ’n huisie nie ver van die slagveld van skool,
Bly ’n seun met ’n plan, al d**k almal hy droom net groot.
Hy’s net nege amper tien, maar reeds ’n kaptein,
Met insulien in sy holster, beplan hy sy aanval haarfyn.
Sy vyand? Tipe 1, daai nare suikermonster,
Maar hy’s nie bang nie – hy staan reg elke sekonde van die dag, daai bloedsuiker sal hom nie tuister.
Hy is generaal van die speelgrond, ’n grapjas met rang,
Hy toets en hy spuit soos ’n soldaat wie se vyand hom nie sal vang.
En as sy suiker val, is dit “Bring my sjokolade!”
Pasop! Hier kom hy – kruip weg, soldate!
Dis Kaptein Kattekwaad met Lego-granate!
Poetse bak en jou siel uittrek is sy ding,
Maar om uit moelikheid te kom laat biltong hom sing..
As die oorlog hom moeg maak, vat hy sy potlood en papier,
En teken ’n wêreld sonder spuitnaalde of angs op sy eie unieke manier.
Sy potlood is kragtiger as enigiemand se swaard,
En sy kreatiewe brein is ’n nasionale skatwaard.
Dan ontsnap hy na die verhoog
en word hy n ridder, ń seerower of kabouter met n glinster in sy oog.
Hy’s snaaks en hy’s slim en hy skrik vir niks
Dis net al die groen groentes wat hom soms so wiks.
So salueer ons jou vandag met ’n hand in die lug:
“Vir jou dapper gees en dromer wees–
Jy’s ’n held van vandag, ń legende voor jou tyd- met kuns in jou hart glimlag jy deur elke dramatiese stryd.
🌟Geskryf deur mamma Phillip Elisma Du Preez en Charl du Preez