Nukleus Onderwys

Nukleus Onderwys Nukleus Onderwys is ‘n lesmateriaal-verskaffer wat hom beywer vir die daarstelling van hoë kwaliteit tuisonderwys lesmateriaal in Afrikaans. Wie is Nukleus?

Nukleus Onderwys is ‘n lesmateriaal-verskaffer wat hom beywer vir die daarstelling van kwaliteit, volksbehoudende en waarheidsgedrewe lesmateriaal van hoë standaard aan die Afrikaner-volkskinders. Nukleus het sy bestaan te danke aan ‘n aantal onbaatsugtige lede wat ‘n saak aangepak het, nie met die oog op winsbejag nie, maar as offergawe aan ons hemelse Vader met die uitsluitlike doel om ons kinders te beskerm en op te voed binne die vaste beginsels wat Sy Woord vir ons daarstel. Dit is om hierdie rede dat Nukleus daarna streef om lesmateriaal van die hoogste gehalte vir die Afrikaner-volkskinders daar te stel. Nukleus is dus onderwys vir die Afrikaner-volk tot eer van die God van Abraham, Isak en Jakob en roem onbeskaamd op ons vaste geloof en vertroue in ons Almagtige Vader. Visie

Om die Afrikaner-kind opvoeding en ontwikkeling te bied wat geanker lê in die Woord van God en eg is aan die Afrikaner-volkseie waardes, om sodoende ‘n trotse, bekwame en heilige Godvresende geslag uit te bou tot ‘n stad op ‘n berg wat nie weggesteek kan word nie, tot eer van Sy heilige Naam. Missie

Om lesmateriaal en ander opvoedkundige stelsels, van die hoogste kwaliteit en standaard, gegrond op die Woord van God, te ontwikkel vir voorskoolse en skoolgaande Afrikaner-kinders om hulle sodoende in staat te stel om uit te styg, sowel as te presteer en tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Waardestelsel

(Die waardes hierna genoem is ook ‘n uitdrukking van die etos van Nukleus en moet as sodanig deur elke lid, direkteur en personeel eerbiedig en uitgedra word. Dit moet ook deur elke ouer en elke leerder aanvaar en onderskryf word. Diegene wat nie 100% daarmee kan assosieer nie, moet nietemin aanvaar dat die etos van Nukleus nie om hulle onthalwe aangepas of verander kan word nie.)

‘n Afrikaner en Afrikaner-kind word vir hierdie doeleindes omskryf as ‘n persoon met ‘n vaste geloof in die God van Abraham, Isak en Jakob; wat die Bybel (1933/53 vertaling) as die enigste Godgegewe Woord erken en aanvaar en daarvolgens leef; wat hom/haar vereenselwig met die Boere-Afrikaner se geskiedenis, kultuur en tradisies, soos gedemonstreer deur die Boere-Afrikaner voorgeslagte in die Groot Trek en Eerste- en Tweede Vryheidsoorloë, asook sy geloftes aan God soos met die slag van Bloedrivier wat elke jaar op 16 Desember herdenk word; wat hom/haar beywer vir die opbou van die Boere-Afrikaner as heilige volk, eenkant geplaas deur die Almagtige. Die Afrikaner-ouer het ‘n pligsbesef teenoor sy kinders om hulle op te voed en te onderrig uit die Bybel; om hulle op te voed in Afrikaans as moedertaal; om ‘n kultuur van volkseie trots by hulle te vestig; om hulle selfdissipline, selfbeheersing, lydsaamheid en ywer te leer; om hulle te versterk in die geloof en kennis van God, sodat hulle die Godsvrug en goeie deugde sal uitdra; om hul eie volk lief te hê en hul God met hulle hele hart lief te hê en te dien. Die handhawing en uitlewing van die Afrikaner-kultuur en eie identiteit is vir Nukleus ononderhandelbaar en ons verskaf lesmateriaal slegs aan persone wat hierdie oortuiging deel en die waardestelsel van Nukleus nastreef. Ons Doel

Nukleus sal altyd poog, in ons strewe na uitnemendheid, om ‘n hoër standaard daar te stel as wat deur die owerheid vereis word. Nukleus verbind hom ook daartoe om ‘n gesuiwerde kurrikulum deur te gee, deur die onwaarhede wat gepropageer word, sowel as die on-Bybelse sienings, -waardes en -teorieë wat ons kinders opgedis word, uit te filtreer. Dit is egter ‘n enorme taak wat voorlê met uitdagings wat soms onoorkombaar lyk, maar ons glo dat die Vader ons hiertoe in staat sal stel, totdat Hy vir ons as volk ‘n uitkoms bied waarin ons ons kinders sal kan onderrig in suiwer waarheid. Ons pleit dat alle ouers hulle kind(ers) se Bybelonderrig en opvoeding as ‘n opdrag van ons hemelse Vader sal besef en dienooreenkomstig hierdie plig, hul kinders sal opvoed met die Skrif as basis en nie hierdie verantwoordelikheid versuim of op ander probeer afskuif nie. Die Skrif sê immers dat ons ons kinders die Woord moet inskerp (Deut. 6:6,7). Vir te lank was die Afrikanervolk gewoond om sy opvoedingsplig op die staat oor te skuif en aan die onderwysers oor te laat. Dit het egter tyd geword dat kinders onder die hoor van die Woord sal grootword, sodat hulle die aanslae van ons tyd sal kan afweer en sal kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.

🎉 Laaste dag om in te skryf vir Spelfees! 🎉⏰ Vandag is die laaste dag om in te skryf vir Nukleus Spelfees 2026! 🎲🏆 Moeni...
29/09/2026

🎉 Laaste dag om in te skryf vir Spelfees! 🎉

⏰ Vandag is die laaste dag om in te skryf vir Nukleus Spelfees 2026! 🎲🏆 Moenie wag nie, skryf nou in by www.nukleus.co.za 👉

📌 Let wel: Spelfees is slegs vir leerders wat by Nukleus Onderwys ingeskryf is. 🎓

Op soek na 'n boek wat jou kind nie kan neersit nie? Ons boekwinkel se avontuurverhale-afdeling is 'n wenner. Kyk gerus ...
28/09/2026

Op soek na 'n boek wat jou kind nie kan neersit nie? Ons boekwinkel se avontuurverhale-afdeling is 'n wenner. Kyk gerus by www.boekwinkel.nukleus.co.za

Hierdie naweek (26 September) is dit Nasionale Pannekoekdag! Maak 'n stapel saam met die kinders heerlik met kaneelsuike...
25/09/2026

Hierdie naweek (26 September) is dit Nasionale Pannekoekdag! Maak 'n stapel saam met die kinders heerlik met kaneelsuiker of heuning.

Vandag vier ons die Afrikaner se unieke pad. Van Voortrekkers se ossewaens tot vandag se gesinne, wat steeds trots is op...
24/09/2026

Vandag vier ons die Afrikaner se unieke pad. Van Voortrekkers se ossewaens tot vandag se gesinne, wat steeds trots is op ons taal, tradisies en waardes. Natuurlik, ʼn heerlike braai vanaand! Watter stukkie familie-geskiedenis is vir jou die kosbaarste?

Julle het dit gemaak! Kwartaal 3 is amptelik afgehandel. Geniet 'n welverdiende blaaskans.
23/09/2026

Julle het dit gemaak! Kwartaal 3 is amptelik afgehandel. Geniet 'n welverdiende blaaskans.

Ons is byna aan die einde van Kwartaal 3! 💪 Julle het al so ver gekom, hou vol tot die laaste dag.
21/09/2026

Ons is byna aan die einde van Kwartaal 3! 💪 Julle het al so ver gekom, hou vol tot die laaste dag.

🏃‍♀️🏃‍♂️ Kom draf saam met ons by die Nukleus Onderwys Pretdraf!Trek jou tekkies aan en kom geniet 'n heerlike oggend va...
16/09/2026

🏃‍♀️🏃‍♂️ Kom draf saam met ons by die Nukleus Onderwys Pretdraf!

Trek jou tekkies aan en kom geniet 'n heerlike oggend van beweging, pret en gemeenskapsgees saam met ons Nukleus-familie.

📅 10 Oktober 2026
⏰ 09:00
📍 Hoërskool Bergvesting, Plot 264, Rosashof, Vanderbijlpark
💚 Inskrywing is GRATIS

Hierdie geleentheid is spesiaal vir ons Nukleus-leerders — kom vier saam met julle klasmaats en onderwysers hierdie heerlike oggend van beweging! Stuur gerus jou naam en van na [email protected] om jou plek te bevestig.

🌍 Woon jy te ver om by ons aan te sluit? Geen probleem nie! Doen jou eie Pretdraf waar jy ook al is — trek jou tekkies aan, draf 'n rondte in jou omgewing, en deel 'n foto van jou avontuur. Merk vir en gebruik sodat ons saam met jou kan vier, al is jy nie fisies by ons nie!

Ons sien uit daarna om saam met julle te draf — naby of ver! 💪

Vang die lente vas! 🌸🦋 Gaan buitentoe en neem 'n foto van iets besonders in die natuur. Deel jou foto in die kommentaar!
11/09/2026

Vang die lente vas! 🌸🦋 Gaan buitentoe en neem 'n foto van iets besonders in die natuur. Deel jou foto in die kommentaar!

Ons hou van akademie, maar ook van ...💡 Entrepreneursklub: Vir die droomers wat vandag al begin bou.♟️ Skaak: Vir die st...
01/06/2026

Ons hou van akademie, maar ook van ...

💡 Entrepreneursklub: Vir die droomers wat vandag al begin bou.
♟️ Skaak: Vir die strategiese denkers en probleemoplossers.
✍️ Kultuur: Van gedigte tot voordrag – ons vier die kuns van Afrikaans.

🌎 nukleus.co.za

Address

142 Rossini Boulevard
Vanderbijlpark
1911

Opening Hours

Monday 07:00 - 16:00
Tuesday 07:00 - 16:00
Wednesday 07:00 - 16:00
Thursday 07:00 - 16:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27169311727

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nukleus Onderwys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share