29/09/2026
VALIA Rugby 2026
By Transvalia Rugby glo ons dat ware spelerontwikkeling gaan oor meer as net wedstryde wen.
Dit gaan daaroor om jong spelers ’n platform te gee om te groei, hul potensiaal te ontdek en hulself teen die beste moontlike kompetisie te meet.
Gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie het Bokang die geleentheid gekry om die Valke by die Grant Khomo Week te verteenwoordig.
’n Uitstekende vertoning op dié vlak het hom daarna die geleentheid gegee om ’n verdere groot mylpaal in sy rugbyloopbaan te bereik:
🇿🇦 BOKANG HET DIE SARU EPD SQUAD GEHAAL!
Dit is ’n besonderse prestasie en een waarop ons as Transvalia Rugby geweldig trots is.
Vir ons is dit die bevestiging van wat ons elke dag probeer bou:
’n Omgewing waar jong spelers ontwikkel word, geleenthede geskep word en spelers voorberei word vir die volgende vlak.
Van Transvalia se oefen velde tot provinsiale verteenwoordiging en nou ’n plek binne die SARU EPD-struktuur, elke stap vorm deel van ’n speler se reis.
Dit is vir ons ’n besondere voorreg om te sien hoe die harde werk, toewyding en geleenthede wat op ’n speler se pad geplaas word, uiteindelik vrugte afwerp. Bokang se prestasie is ’n bewys van die waarde van goeie ontwikkeling, sterk begeleiding en ’n omgewing wat jong spelers aanmoedig om groter te droom en hul potensiaal te bereik. Ons is trots om deel van sy rugbyreis te kon wees en sien met groot opgewondenheid uit na wat die toekoms vir hom inhou. 🏉🇿🇦💙