Laerskool DF Malherbe

Laerskool DF Malherbe Laerskool DF Malherbe vier in 2025 sy 60-jarige bestaan!

28/09/2026
23/09/2026
Vandag was weereens 'n hoogtepunt op ons DF-kalender‼️🐶🐈‼️Soooo baie dankie aan ons DF-gemeenskap, wat hulle harte en be...
22/09/2026

Vandag was weereens 'n hoogtepunt op ons DF-kalender‼️🐶🐈‼️

Soooo baie dankie aan ons DF-gemeenskap, wat hulle harte en beursies oopgemaak het, vir ons derde kwartaal se uitreikprojek na SPCA Vereeniging & Vanderbijlpark ❤️🖤💛. Julle bydraes was oorweldigend en SAAM het ons vandag 'n groot verskil gemaak in hierdie vierpotige lewens 🐶🐈🐶🐈. Ons harte (en die diere s'n), loop oor van dankbaarbaarheid en ons is trots op ons DF-familie ❤️🖤💛.


Carnival City was in rep en roer tydens die DTMA-danskampioenskappe en Ilithyia du Plooy het elke oomblik daarvan geniet...
22/09/2026

Carnival City was in rep en roer tydens die DTMA-danskampioenskappe en Ilithyia du Plooy het elke oomblik daarvan geniet 💃💃. Hoe dan nou anders as jy jou SA-kleure verwerf vir Jazz groep 89% 🇿🇦 ? Wat 'n prestasie, Ilithyia.... Jy is 'n sterretjie ❤️🖤💛.

DF is ongelooflik trots op hierdie dansertjie ❤️🖤💛. Leané Botes verwerf haar Nasionale kleure tydens die onlangse DTMA-d...
22/09/2026

DF is ongelooflik trots op hierdie dansertjie ❤️🖤💛. Leané Botes verwerf haar Nasionale kleure tydens die onlangse DTMA-danskampioenskappe en kwalifiseer vir Internasionale deelname op die MSC, in Januarie 2027 🚢 ⭐️. Sooooo baie geluk... ons spog graag met jou 💃💃.

Vir Zian Nell, is 'n muurbalraket geen uitdaging nie 🎾🎾. Dit het hy onlangs ook bewys, toe hy 'n algehele 2de plek behaa...
22/09/2026

Vir Zian Nell, is 'n muurbalraket geen uitdaging nie 🎾🎾. Dit het hy onlangs ook bewys, toe hy 'n algehele 2de plek behaal het, tydens die Junior Ope Toernooi🥈. Baie, baie geluk Zian... dit is beslis 'n prestasie om op trots te wees ❤️🖤💛.

🏏 ⭐️MCKENZEY MINNAAR – ’N KAPTEIN WAT VOORLOOP 🏏⭐️.Wat ’n besondere krieketervaring vir Mckenzey Minnaar, wat die O/11 S...
22/09/2026

🏏 ⭐️MCKENZEY MINNAAR – ’N KAPTEIN WAT VOORLOOP 🏏⭐️.

Wat ’n besondere krieketervaring vir Mckenzey Minnaar, wat die O/11 Sedibeng & South-span verteenwoordig het en die groot voorreg gehad het om haar span as kaptein te lei‼️

Mckenzey het gewys dat sy nie net ’n leier is nie, maar ook ’n jong veelsydige krieketspeler, wat met kolf én bal ’n verskil kan maak.

Een van die absolute hoogtepunte was haar uitstekende beurt van 50 lopies van net 32 b***e! 🔥🏏 Sy het 8 viere en 1 ses geslaan en met ’n indrukwekkende treftempo van 156.25 geëindig. Nadat sy haar vyftigtal bereik het, het sy “Retired Not Out” van die veld gestap.

50 lopies | 32 b***e | 8 viere | 1 ses | SR 156.25 | Retired Not Out 💥.

Met die bal het sy ook belangrike paaltjies geneem. In een wedstryd het sy 1 paaltjie vir 10 lopies in 2 boulbeurte geneem en in ’n ander, het sy ’n uitstekende 1 paaltjie vir net 5 lopies in 1 boulbeurt aangeteken – met 5 kolb***e in daardie boulbeurt 🎯.

Sy het ook in ’n ander kolfbeurt, ’n vinnige 5 lopies, van net 3 b***e aangeteken, met ’n treftempo van 166.67.

Om op hierdie jong ouderdom die (c) langs jou naam te dra, beteken verantwoordelikheid. Dit beteken jou spanmaats kyk na jou vir leiding. Jy moet besluite neem, jou span aanmoedig wanneer dinge moeilik raak en steeds jou eie, beste krieket, probeer speel ⭐️⭐️.

En dit is presies wat Mckenzey gedoen het....

Van paaltjies neem, tot haar 50, van haar span lei tot elke keer weer met trots in die blou-en-geel uitrusting op die veld stap – hierdie is herinneringe wat sy nog baie lank gaan onthou 😊.

Wie weet waarheen daardie blou-en-geel kriekethelm haar nog gaan neem? 💙💛

Baie geluk, McKenzey....Ons DF-harte loop oor van trots – hierdie is maar net die begin van jou krieketstorie ❤️🖤💛.

Hou haar dop 👀. Zetske Smit en haar spannetjie, het Vrydag in die finale gespeel, tydens die Vaal Action Sports se winte...
22/09/2026

Hou haar dop 👀. Zetske Smit en haar spannetjie, het Vrydag in die finale gespeel, tydens die Vaal Action Sports se winterliga 🏐🏐. Zetske is dan ook aangewys as die beste speler in die "Junior Little League "🏆. Baie, baie geluk met hierdie pragtige toekenning ⭐️⭐️. Ons is saam met jou TROTS ❤️🖤💛.

Address

Sullivan Street
Vanderbijlpark
1911

Telephone

+27169322182

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool DF Malherbe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category