Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg

Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg � www.littlereaders.co.za
� 061 800 2255

Dit was Springbok week by Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg, en dit was soveel pret 🏈Al het ons nie drieë, straf...
10/09/2026

Dit was Springbok week by Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg, en dit was soveel pret 🏈

Al het ons nie drieë, strafskoppe, lynstaan, of skrums nie, het ons en die Springbokke 1 ding in gemeen - ons is WENNERS 🏆

Ons rugby b***e is wel net effens meer spesiaal [🤭] wànt daar is klankies op wat ons help, ons hoef nie so ver te mik om die bal oor die pale te kry nie, niemand word van die veld af gestuur nie, èn ons kry lekkertjies om energie te kry - vir die tweede helfte 🇿🇦🏆

As ek sien hoe slim hierdie lesertjies is sal dit my nie verbaas as 1 van hulle eendag wel 'n regte egte springbok word nie 🦌😉

💛🇿🇦💚 S T E R K T E B O K K E 💚🇿🇦💛

🌐 www.littlereaders.co.za
☎️ 061 800 2255

Springboks
Little Readers
SuperSport Rugby

01/09/2026

🌸🌻🌹🏵🌷🌼

Baie baie welkom Amorey en Gideon...  🩷📚💙Mag julle dit elke week net meer en meer geniet om saam ons te klank, te speel ...
20/08/2026

Baie baie welkom Amorey en Gideon... 🩷📚💙

Mag julle dit elke week net meer en meer geniet om saam ons te klank, te speel en te lees, en mag daar vir julle 'n nuwe wêreld oopgaan en julle reis by Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg nèt geseënd wees ... ✈️📖💙

🌐www.littlereaders.co.za
061 800 2255

Little Readers
Ons maak jóú pikkewyn LIEF vir lees!!! 🩷💙

Tussen al die visse en vorms is daar só lekker gespeel èn geleer... 🐟🥹By Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg maak ...
14/08/2026

Tussen al die visse en vorms is daar só lekker gespeel èn geleer... 🐟🥹

By Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg maak ons seker elke oomblik van die proses word ingeneem, terwyl ons dit geniet 🤩

Vir meer inligting kontak ons gerus op WhatsApp, en gaan loer ook gou na ons webtuiste 😉👇🏽

🌐 www.littlereaders.co.za
☎️ 061 800 2255

Baie baie welkom aan elke liefste nuwe lesertjie ...  🩷📚💙Mag julle dit elke week net meer en meer geniet om saam ons te ...
30/07/2026

Baie baie welkom aan elke liefste nuwe lesertjie ... 🩷📚💙

Mag julle dit elke week net meer en meer geniet om saam ons te klank, te speel en te lees, en mag daar vir julle 'n nuwe wêreld oopgaan en julle reis by Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg nèt geseënd wees ... ✈️📖💙

🌐www.littlereaders.co.za
061 800 2255

Little Readers
Ons maak jóú pikkewyn LIEF vir lees!!! 🩷💙

Oor net 6️⃣ slapies is ons terug vir lekker lees, pret hê, en herinneringe bou ‼️Indien jy wil hê jou pikkewyn moet by o...
14/07/2026

Oor net 6️⃣ slapies is ons terug vir lekker lees, pret hê, en herinneringe bou ‼️

Indien jy wil hê jou pikkewyn moet by ons begin in kwartaal 3️⃣ moet jy gou-gou spring!!
Spasies is beperk want by ons is lees 'n absolute F E E S!!! 😍💚

Onthou ons bied lesse aan by die volgende kleuterskole en naskole:

🙋🏼‍♂️ Vorm En Leer - Kleuterskool & Naskool
🙋🏼‍♂️ Kabouter Kampus Opvoedkundige sentrum - Kleuterskool & Naskool
🙋🏼‍♂️ Klein Paradys Na-skool
🙋🏼‍♂️ Vaalpark Primary School / Vaalpark Primêre Skool
🙋🏼‍♂️ Asook by ons lieflike Sentrum in SW 5, Vanderbijlpark

Kontak gerus vir Chamoné Botha vir enige navrae by: 061 800 2255 of gaan loer gou op ons webtuiste www.littlereaders.co.za waaroor ons gaan, en gee vir jóú kind die voorsprong wat hy/sy verdien 💚🍎

Little Readers - Creating a lifelong ♥️ for reading

Tydens die tweede kwartaal het ons in meel gespeel, met klei gevorm, en met verf geskryf. Ons het vis gevang, herfs gevi...
27/06/2026

Tydens die tweede kwartaal het ons in meel gespeel, met klei gevorm, en met verf geskryf.
Ons het vis gevang, herfs gevier, eiers gebak, diere uitgepak en geleer dat groente en vrugte lekker is, wanneer jy dit nie hoef te eet nie 😉🥕

Maar ...

Die beste van alles is ... deur al hierdie pret het ons geleer van klank, van woordbou, van sinne maak, ons het geleer hoe maklik èn lekker lees is omdat ons in ons self glo, omdat ons pret het èn omdat ons in 'n gemaklike, rustige en liefdevolle omgewing kon vra wanneer ons onseker is 😌🤓

Ons kan nie wag om met julle te deel wat voorlê vir die derde kwartaal nie ...deur die☃️ koue winter tot die 🌷vrolike lente, van 🕷 insekte tot 🦸‍♂️ superheroes ... ons gaan selfs 'n draai maak in die 🪐 ruimte, èn ons gaan braai ... 🥩🥓🍗

👉🏼Dis pret, dis lag, dis leer, dis onthou.
👉🏼Alles, terwyl ons lief raak vir lees, want wanneer 'n kind lief raak vir lees, raak hy lief vir leer!

Inskrywings vir kwartaal 3️⃣ maak Maandag, 29 Junie oop - spring gou want spasies is baie beperk!

🌐www.littlereaders.co.za
061 800 2255

♥️📚

26/06/2026

After all the fun and learning at Little Readers this term, it’s officially time to relax.

Our recipe for the perfect holiday?
A comfy blanket, a steaming cup of hot chocolate, and a fantastic book!

Rest up, stay inspired, and we will see you soon for an amazing Term 3!

www.littlereaders.co.za

21/06/2026

'n paar van ons pappas is wel bang ... al d**k hul ons sien dit nie raak nie ... 😉😅'

n baie gelukkige Vadersdag aan elke Little Readers Pappa, Oupa en Oom, dankie vir dit wat julle in elke kindjie se lewe beteken, mag julle vandag heerlik bederf word ♥️

🥸👨🤠👨🏻‍🌾🤴🏻

Vir die tweede kwartaal was ons sosiale media dalk tjoepstil ...  🤫 Maar agter die skerms was daar hard gewerk, daar het...
19/06/2026

Vir die tweede kwartaal was ons sosiale media dalk tjoepstil ... 🤫 Maar agter die skerms was daar hard gewerk, daar het soveel kindertjies lief geraak vir lees, soveel het aangeskuif na 'n volgende fase en soveel het elke liewe alfabet klankie herken.
Die opgewondenheid en trots op elkeen se gesiggie en in elkeen se ogies is 'n warm gevoel wat geen plasing op sosiale media kan beskryf nie 🥹🎓

Soos ons totsiens sê vir die tweede kwartaal van 2026 wil ons ook net van die geleentheid gebruik maak om te sê hoe onbeskryflik trots ons op elkeen van ons lesers is!
Julle daag op en druk deur, en maak elke dag 'n fees om te lees! 🤩
Ons kan nie wàg om die derde kwartaal saam julle, èn elke nuwe gesiggie te lees, speel en leer nie.

O ja, en maak 'n knoop in jou oor... Inskrywings vir die derde kwartaal maak binnekort oop - hou die spasie dop! 😉

🌐 www.littlereaders.co.za
061 800 2255

♥️📚

Address

SW 5 Vanderbijlpark
Vanderbijlpark

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Telephone

+27618002255

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Little Readers Vanderbijlpark & Sasolburg:

Shortcuts

Share

Category