Hoërskool Driehoek

Hoërskool Driehoek Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Driehoek, High School, 62 Ramsbottom Street, Vanderbijlpark.

GELUKKIGE VERJAARSDAG, JUFFROU DANIELLE DE WINNAAR! 🟡🟣🟤Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met vreugde, seën,...
23/09/2026

GELUKKIGE VERJAARSDAG, JUFFROU DANIELLE DE WINNAAR! 🟡🟣🟤

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met vreugde, seën, goeie gesondheid en talle mooi oomblikke.

Mag elke dag iets besonders bring en mag jy vandag behoorlik bederf word!

’n Baie groot dankie aan die Benecke Groep vir die ruim koopbewys waarmee juffrou de Winnaar by enige van hul restaurante kan gaan kuier en ’n heerlike maaltyd kan geniet. 🍽️

Ons Hoekie-dansers het behoorlik geskitter by die Vaaldriehoek Fees vir Uitvoerende Kunste! Van solo’s en duette tot tri...
23/09/2026

Ons Hoekie-dansers het behoorlik geskitter by die Vaaldriehoek Fees vir Uitvoerende Kunste!

Van solo’s en duette tot trio’s en groepe – die uitslae getuig van ongelooflike talent, harde werk en toewyding. 💜💛

🏅 Adelay Basson – Graad 8
Fly – Groep (15–17 jaar) – Diploma
JAM – Groep (15–17 jaar) – Diploma
This Is How We Do It – Groep (15–17 jaar) – Diploma

🏅 Clara du Plessis – Graad 8
Tap Solo – Diploma
Tap-groep – Hoë Diploma

🥇 Chemeney Ehlers Graad 8
Teen Hip Hop-groep – Goud

🥇 Cya van Helden – Graad 8
Individuele dansitem – Goud

🥈 Inamari van Dyk – Graad 8
Individuele dansitem – Silwer

🥈 Tabitha Magosi – Graad 9
Individuele dansitem – Silwer

🥈 Amelia du Plessis – Graad 9
Individuele dansitem – Silwer

🥈 Mila Visser – Graad 9
Individuele dansitem – Silwer

Cya, Inamari, Tabitha, Amelia en Mila het ook saam as ’n groep ’n Diploma verwerf! 🏅✨

🏅 Chanzelise Wolmarans Graad 9
Latin – Goud
Freestyle – Diploma
Hip Hop – Goud
Cheerleading – Diploma (99%)

🏅Hayleigh Matthews Graad 9
Hayleigh het aan 10 danse deelgeneem en ’n diploma vir al 10 danse ontvang!

🏅 Cara van der Merwe -Graad 9
Slowdance Solo – Diploma
Freestyle Solo – Diploma
Hip Hop Solo – Diploma
Hip Hop-groep – Diploma
American Latin-groep – Diploma
Freestyle-groep – Diploma
Cheerleading – Diploma (99%)

🏅 Erica Fourie – Graad 10
Lyrical Solo – Diploma
Contemporary Solo – Goud
Cupid’s Girls Trio – Diploma
Who We Are – Diploma
Love Runs Out – Diploma
Fly – Diploma
Antidote – Diploma
Honey Honey – Diploma

🏅 Ilani Theron Graad 11
Freestyle Solo – Diploma
Hip Hop Solo – Diploma
Slowdance Solo – Diploma
Open Solo – Diploma
Slow Duet – Diploma
Hip Hop Duet – Diploma
Hip Hop Trio – Diploma
Freestyle Jazz – Diploma
Hip Hop-groep – Diploma
Latin-groep – Diploma
Cheerleading – Diploma (99%)

Wat ’n besondere versameling prestasies!

Baie geluk aan elke danser. Julle harde werk, ure se oefening, deursettingsvermoë en liefde vir dans het beslis vrugte afgewerp. Dankie ook aan die afrigters, dansonderwysers en ouers wat agter die skerms ondersteun, motiveer en saam droom. 🌸

Hoekies, ons is ongelooflik trots op julle!

Hou aan dans. Hou aan droom. Hou aan skitter! 💜💛

(Inligting soos vanaf ouers/dansers ontvang)

🟡🟣🟤 Ons Eerste Span Krieketdogters het Maandag teen Hoërskool Transvalia se Eerste Span Krieketdogters te staan gekom in...
23/09/2026

🟡🟣🟤 Ons Eerste Span Krieketdogters het Maandag teen Hoërskool Transvalia se Eerste Span Krieketdogters te staan gekom in ’n opwindende wedstryd op hulle tuisveld.

Ons dogters het uitstekend gevaar en die wedstryd met ’n indrukwekkende 10 paaltjies gewen!

’n Fantastiese vertoning van spanwerk! Ons is HOEKIE-trots op elke speler wat haar alles op die veld gegee het!

Baie geluk, meisies! Julle het ons skool se naam met trots verteenwoordig! 🏆

22/09/2026

Matriekafskeid 2026

GELUKKIGE VERJAARSDAG, JUFFROU MOUTON! 🟡🟣🟤Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met vreugde, seën, goeie gesond...
21/09/2026

GELUKKIGE VERJAARSDAG, JUFFROU MOUTON! 🟡🟣🟤

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met vreugde, seën, goeie gesondheid en talle mooi oomblikke.

Mag elke dag iets besonders bring en mag jy vandag behoorlik bederf word!

’n Baie groot dankie aan die Benecke Groep vir die ruim koopbewys waarmee juffrou Mouton by enige van hul restaurante kan gaan kuier en ’n heerlike maaltyd kan geniet. 🍽️

🟡🟣🟤 Ons is HOEKIE-trots op ons oud-leerders wat steeds uitblink en nuwe hoogtes bereik! Kelson Bridges, Oud-Hoofseun van...
21/09/2026

🟡🟣🟤 Ons is HOEKIE-trots op ons oud-leerders wat steeds uitblink en nuwe hoogtes bereik!

Kelson Bridges, Oud-Hoofseun van Hoërskool Driehoek (2022), is aangewys as Primarius vir 2026/2027 aan die NWU se Potchefstroomkampus.

Annika Maritz, Oud-Hoofdogter van Hoërskool Driehoek (2024), is aangewys as Onder-Primarius vir 2026/2027 aan die NWU se Potchefstroomkampus.

Baie geluk, Kelson en Annika!

Ons is trots om te sien hoe ons oud-Hoekies steeds leiding neem en hul merk maak.

1ste van sy soort!!! 🎣🔥Hoërskool Driehoek se hengelaars vs. Legends Pro Angling se juniors in ń standaard klubkompetisie...
21/09/2026

1ste van sy soort!!! 🎣🔥

Hoërskool Driehoek se hengelaars vs. Legends Pro Angling se juniors in ń standaard klubkompetisie.

Vir meer inligting kontak mnr. Riaan Bezuidenhout: 0829503725

✝️ GE PRAYERWALK 2026 Vrydag het leerders van HS Transvalia en HS Driehoek hand aan hand saamgestap op ons jaarlikse GE ...
20/09/2026

✝️ GE PRAYERWALK 2026

Vrydag het leerders van HS Transvalia en HS Driehoek hand aan hand saamgestap op ons jaarlikse GE Prayerwalk na River of Life Gemeente.

Twee skole, een gemeenskap en een geloof.

Die stap was meer as net ’n roete na ’n bestemming — dit was ’n herinnering dat ons saam sterker is wanneer ons ons geloof uitleef en mekaar ondersteun.

By River of Life is die dag afgesluit met ’n heerlike Praise & Worship, waar ons saam kon sing, aanbid en God loof.

Dankie aan almal wat deel was van hierdie besondere geleentheid. Mag die boodskap van geloof, hoop, eenheid en liefde saam met ons leerders teruggaan na ons skole en ons gemeenskap.

“Waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” – Matteus 18:20

🏆🟡🟣🟤 DISTRIK READING RELAY-WENNERS! Baie geluk aan ons vyf puik leerders wat Donderdag aan die Distrik se 'Reading Relay...
20/09/2026

🏆🟡🟣🟤 DISTRIK READING RELAY-WENNERS!

Baie geluk aan ons vyf puik leerders wat Donderdag aan die Distrik se 'Reading Relay Competition' deelgeneem het!

Uit 9 skole in die distrik het ons leerders as die wenners uit die stryd getree!

Baie geluk aan:
📖 Milan Loots
📖 Lienka Strydom
📖 Angelique Collet
📖 Miller Potgieter
📖 Cara van der Merwe

Ons is HOEKIE-trots op julle! Julle harde werk, leesvaardigheid en spanwerk het beslis vrugte afgewerp.

Die span gaan nou in Oktober aan die Provinsiale 'Reading Relay' deelneem, waar hulle teen skole van regoor die provinsie sal meeding.

Ons hou duimvas vir die volgende ronde!

Michael Powell, ’n graad 10-leerder, het die naweek van 11 tot 13 September aan die Gauteng-Oos-tennisproewe in Benoni d...
19/09/2026

Michael Powell, ’n graad 10-leerder, het die naweek van 11 tot 13 September aan die Gauteng-Oos-tennisproewe in Benoni deelgeneem.

Ons is HOEKIE-trots om aan te kondig dat Michael gekies is vir die GETA o/19 IPT-span vir 2027! 🏆🎾

Baie geluk, Michael! Ons wens jou alle sterkte toe met hierdie besondere geleentheid.

Address

62 Ramsbottom Street
Vanderbijlpark
1911

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Driehoek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Driehoek:

Shortcuts

Share

Category