24/08/2026
🍎 **24 Augustus | Saalopening** 🍎
Baie dankie aan Juffrou Marli wat vanoggend ons saalopening gelei het. 🙏✨
Sy het ons geleer dat wanneer ons iemand met ons woorde seermaak, ons nie altyd die skade met ons oë kan sien nie. Net soos ’n appel wat val en van buite steeds mooi lyk, maar binne-in gekneus is, kan ons woorde ook iemand se hart seermaak sonder dat ons dit besef. 🍎
Daarom moet ons twee keer d**k voordat ons praat en mekaar altyd met goedhartigheid, liefde en respek behandel. ❤️
📖✝ Baie sterkte vir ons Lumies wat deelneem aan die Bybel vasvrae kompetisie Woensdag.
🏃♀️🏃♂️ Landloop-prestasies! 🏅
Baie geluk aan Kamohelo, Anro, Sibusiso, Nala & Oratile wat sertifikate ontvang het vir hul uitstekende prestasies tydens die landloop in Bloemfontein! 🇿🇦👏
🥳 Ons het ook lekker vir ons verjaarsdagmaats gesing en sommer die week op ’n vrolike noot begin!
**Mag ons hierdie week onthou: Ons woorde het krag, kies om dit te gebruik om ander op te bou. ❤️✨**